Verskil tussen weergawes van "Konrad Henlein"

956 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
{{Infobox officeholder
|name = Konrad Henlein
|image = Konrad Henlein (1898-1945).jpg
|caption = ''[[Sudetendeutsches Freikorps|Freikorps]]'' leier Henlein, September 1938
|office = [[Reichsgau Sudetenland|''Reichsstatthalter'' van die Sudetenland]]
|chancellor =
|term_start = 1 Mei 1939
|term_end = 8 Mei 1945
|predecessor =
|successor =
|birth_date = {{birth date|1898|5|6|df=y}}
|birth_place = [[Maffersdorf]], [[Boheme|Koninkryk van Boheme]],<br />[[Oostenryk-Hongarye]]
|death_date = {{Death date and age|1945|5|10|1898|5|6|df=y}}
|death_place = [[Plzeň|Pilsen]], [[Tsjeggo-Slowakye]]
|party = [[Sudeten Duitse Party|SdP]] (1933–1938)<br />[[Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty|NSDAP]] (1939–1945)
|partner =
|residence =
|alma_mater =
|profession = [[Bankteller|Bankklerk]]
|website =
|rang = [[SS-Obergruppenführer]]
}}
'''Konrad Henlein''' (gebore op 6 Mei 1898, Maffersdorf bei Reichenberg, [[Boheme]], [[Oostenryk-Hongarye]] [nou Liberec, Tsjeggië]; beswyk op 10 Mei 1945) was ‘n politikus van [[Sudeten-Duitsland]] wat voorspraak gemaak het vir die Duitse anneksasie van die [[Tsjeggo-Slowakye|Tsjeggo-Slowaakse]] [[Sudeten|Sudetenland]] area en wat tydens die [[Tweede Wêreldoorlog]] administratiewe poste in Nazi-geokkupeerde Tsjeggo-Slowakye gehou het.
Henlein het sy opvoeding by ‘n kommersiële akademie ontvang,‘n bankklerk, en later gimnastiese instrukteur, geword. Hy was vanaf 1923 tot 1933 die hoof van die Duitse gimnastiese beweging (“Deutsche Turnbewegung”) in Tsjeggo-Slowakye, toe hy na vore getree het as leier van die Sudeten-Duitse Tuisfront (“Sudetendeutsche Heimatfront”) wat in 1935 die tweede sterkste party in die Tsjeggiese Kamer geword het. Op 24 April 1938 het Henlein outonomie vir die Sudeten-Duitse areas geëis. Hy het op 1 September besoek afgelê aan Adolf Hitler en twee weke later, toe onluste in die [[Sudetenland]] uitgebreek het en [[krygswet]] afgekondig is die Tsjeggiese regering met ‘n ultimatum voorsien om die afkondiging te herroep. Die Tsjeggiese regering het die ultimatum geïgnoreer, en gevolglik het Henlein ‘n proklamasie uitgereik wat die afskeiding van die Sudeten-Duitse gebied aan Duitsland geëis het. Die regering het egter sy party vir aktiwiteite wat met hoogverraad verband hou opgeskort, waarna Henlein na Duitsland gevlug het ten einde arrestasie te vermy en om ‘n ''Sudeten-Duitse Vrykorps'' {''"Sudetendeutsches Freikorps"'') op die been te bring, wat na onderonsies op die grens gelei het soos wat die Duits-Tsjeggiese krisis sy hoogtepunt bereik het. Op 1 Oktober 1938, na die konferensie te München en die gevolglike sluiting van die [[München-ooreenkoms]] waarvolgens die Sudeten-Duitse areas aan Duitsland afgestaan is was Henlein as Duitse rykskommissaris (''"Reichskommissar"'') vir die Sudeten-Duitse gebied aangestel, en later as partyleier vir die Sudetenland-streek (''"Gauleiter"'' en ''"Reichsstatthalter"''). Teen die einde van die oorlog het hy [[selfmoord]] gepleeg terwyl hy in die [[Geallieerdes]] se aanhouding was.<ref>"Henlein, Konrad." Encyclopædia Britannica. Encyclopædia Britannica Ultimate Reference Suite. Chicago: Encyclopædia Britannica, 2012.</ref>
==Verwysings==
11 036

wysigings