Verskil tussen weergawes van "Christopher Isherwood"

k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
}}
'''Christopher Isherwood''' (ook bekend as '''Christopher William Bradshaw-Isherwood'''; gebore op 26 Augustus 1904, High Lane, [[Cheshire]], [[Engeland]], sterf op 4 Januarie 1986 [[Santa Monica]], [[Kalifornië]], [[VSA]] was ‘n Anglo-Amerikaanse romansier wat die bekendste om sy romans oor Berlyn in die vroeë 1930s is.
[[Lêer:Gedenktafel Nollendorfstr 17 (Schönb) Christopher Isherwood.JPG|duimnael|links|'n Gedenkplaat is teen die muur van die woonhuis in [[Schöneberg|Berlyn-Schöneberg]] se Nollendorfstraße 17 aangebring waar Christopher Isherwood tot vroeg in 1933 gewoon het]]
 
Nadat hy as ‘n private tutor gewerk het, het Isherwood ‘n mate van erkenning verkry met sy eerste twee romans, ''All the Conspirators'' (1928) en ''The Memorial'' (1932). Gedurende die 1930s het hy saam met sy vriend [[W.H. Auden]] op drie dramas gewerk, insluitende ''The Ascent of F6 ''(1936). Maar dit was in 1929 dat hy die tema ontdek het wat hom algemeen bekend sou maak. Isherwood het tussen 1929 en 1933 in die [[Berlyn]]se stadsdeel [[Schöneberg]] gewoon, destyds die sosiale middelpunt van die Duitse hoofstad se gay en lesbiese lewe, en sodoende die besondere en objektiewe oogpunt van ‘n buitestaander betreffende die verval van die [[Republiek van Weimar]] as eerste moderne Duitse demokrasie en die opkoms van die [[Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty]] van [[Hitler]] verkry.