Verskil tussen weergawes van "Gebruikerbespreking:SpesBona"

 
:Goeienaand Deon! Eintlik lekker, en aan die Suid-Afrikaanse kant? Ek is net 'n bietjie bang vir 8 Mei. Maar dis darem 'n lekker sportjaar. Baie geluk met jou 100 000ste wysiging. Ek het gister regstreeks getel. Groete. -- [[Lêer:Flag of South Africa.svg|20px]] [[Gebruiker:SpesBona|SpesBona]] 18:15, 29 April 2019 (UTC)
 
== Meervoude van Indiese etniese groepe ==
 
Hallo SpesBona
 
Ek het net baie vinnig gekyk, maar dit lyk my jy het 'n groot klomp werk gedoen aan die tale en etniese groepe van Indië. Dankie! Ek wou net vinnig noem dat waar 'n woord op 'n ie-klank eindig, maar met die letter 'i' geskryf word (Gujarati, Sindhi, ook tsotsi en sulke leenwoorde), die meervoud met 'n koppelteken+s gespel word (bv. Gujarati's, Sindhi's, ens.) Ek kon nie nou sien waar dit oral reggemaak moet word nie, maar ek dog ek skryf gou 'n boodskap terwyl ek 'n kans het. Weereens dankie! Groete, [[Gebruiker:Alias|Alias]] ([[Gebruikerbespreking:Alias|kontak]]) 19:17, 14 Augustus 2019 (UTC)
12 721

wysigings