Verskil tussen weergawes van "Raymond Williams"

4 grepe bygevoeg ,  10 maande gelede
=== Akademiese loopbaan ===
[[Lêer:Raymond Williams in 1972.jpg|duimnael|Raymond Williams in 1972]]
Williams was op grond van sy werk genooi om in 1961 na Cambridge terug te keer, waar hy 'n lid van Jesus College geword het,<ref>Ward, J. P. Raymond Williams. Page 8</ref> uiteindelik die eerste Leser (1967–1974) geword het, en toe professor van drama (1974–1983) was. Hy was 'n besoekende professor in [[politieke wetenskap]] aan die Stanford Universiteit in 1973, 'n ervaring wat in sy steeds nuttige boek ''Television: Technology and Cultural Form'' (1974) gebruik is. As 'n toegewyde sosialis was hy besonders geïnteresseerd in die verhoudings tussen taal, letterkunde en samelewing, en het baie boeke, essays en artikels oor hierdie en ander kwessies gepubliseer. Onder die belangrikste is ''The Country and the City'' (1973), waarin hoofstukke oor literatuur afgewissel word met hoofstukke oor sosiale geskiedenis. Sy bondig-geskrewe ''Marxism and Literature'' (1977) is hoofsaaklik vir spesialiste in die vakgebied bedoel, maar sit ook sy eie benadering tot kultuurstudie, wat hy kulturele materialisme genoem het, uit. Hierdie boek was gedeeltelik 'n reaksie op [[strukturalisme]] in literatuurstudie sowel as druk op Williams om 'n meer teoretiese standpunt te handhaaf, nl. dat humanistiese Marxisme gebaseer is op on-ondersoekte aannames oor lewenservaring. Hy maak baie gebruik van [[Antonio Gramsci]], alhoewel die boek uniek aan Williams is en geskryf is in sy eie kenmerkende stem. Vir 'n meer toeganklike weergawe, kan ''Culture'' (1981/1982) geraadpleeg word, waarin belangrike argumente oor kulturele sosiologie ontwikkel word, en wat hy gehoop "'n nuwe hoof-dissipline sal word".<ref>{{harvp|Williams|1981|p=233}}</ref> In die Amerikaanse uitgawe identifiseer Bruce Robbins hierdie boek as "'n implisiete self -kritiek" van Williams se vroeëre idees, en 'n basis waarop " die opposisie van die kritiek in 'n permanent gefragmenteerde samelewing gekonseptualiseer kan word."<ref>Bruce Robbins, "Foreword", ''The Sociology of Culture'' (Chicago: University of Chicago Press, 1995), p.xi.</ref>
 
=== Konsepte en teorie ===
9 421

wysigings