Verskil tussen weergawes van "Kritiese teorie"

(Uitleg van bronteks)
• Die kritiese teorie gaan daarvan uit dat [[kultuur]] 'n belangrike rol speel in die gemeenskap. Binne die kultuur sou die geloof in die [[Verligting]], rede en vooruitgang dominant wees, gekoppel aan die verwagting dat die menslike [[vryheid]] hierdeur toe sal neem.
 
• Hierdie kultuur word egter ook gekenmerk deur 'n instrumentele rede, wat nie riggerig word op die waarheid nie, en ook nie op die uiteindelike bereiking van gemeenskapsdoelwitte (waardes) nie, maar bloot gerig word op middele en praktiese doelwitte.
 
• Ook mense en die natuur word beskou in die denke as middelmiddele of instrumentinstrumente om ander doelwitte te bereik.
 
• Eén van die oorgewaardeerde middele is ekonomiese effektiwiteit. Hierdie effektiwiteit word van besonderse belang geag, en is die motivering vir byna alle veranderinge. Menslike belange raak dus ondergeskik aan [[ekonomie]]se oorwegings.
 
• Die verbruikersgemeenskap sus die mense aan die slaap en weet hoe om onegte behoeftes aan te moedig.
• Die populêre kultuur en die [[massamedia]] produseer uit ekonomiese oorwegings veral oppervlakkige vermaak sonder 'n kritiese ondertoon. Dit dra by aan 'n onkritiese massa.
 
• Waar daar tog nog kritiese strominge is, word hulle deur middel van "onderdrukkende verdraagsaanheidverdraagsaamheid" verlam.
 
• Weens alles lei die [[Verligting]] volgens die kritiese teorie nie tot [[Vryheid]] nie, maar tot nuwe vorme van oorheersing, en 'n samelewing gebaseer op dwang en bedrog.
9 922

wysigings