Verskil tussen weergawes van "Eswatini"

4 175 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Inligting bygewerk
k (+ Volkslied)
(Inligting bygewerk)
Die eerste inwoners van die hedendaagse eSwatini was sedert 25&nbsp;000 v.C. die [[Boesmans]] wat vir hul rotstekeninge orals in Suider-Afrika bekend staan en veral jagter-versamelaars was. Die [[Bantoevolke]] het sowat 1000 jaar gelede Suider-Afrika binne beweeg en hulle hier as landbouers en veewagters gevestig. Die land se bevolking bestaan veral uit [[Swazi's]] en hul taal is siSwati, ook bekend as Swazi. Onder leierskap van Ngwane III het hulle in die middel van die 18de eeu hul koninkryk gestig.<ref>{{en}} {{cite book |last=Bonner |first=Philip |title=Kings, Commoners and Concessionaires |year=1982 |publisher=Cambridge University Press |location=Great Britain |isbn=0521242703 |pages=9–27}}</ref> Beide die land en die volk is na [[Mswati II]], die 19de-eeuse koning wat die koninkryk verenig en uitgebrei het, genoem; die hedendaagse grense is tydens die [[Wedloop om Afrika]] in 1881 bepaal.<ref>{{en}} {{cite book |last=Kuper |first=Hilda |title=The Swazi: A South African Kingdom |year=1986 |publisher=Holt, Rinehart and Winston |pages=9–10}}</ref> Na die [[Tweede Vryheidsoorlog]] het die koninkryk in 1903 'n Britse protektoraat geword. Op 6 September 1968 het die land onder sy destydse naam Swaziland van die [[Verenigde Koninkryk]] onafhanklik geword.<ref>{{en}} {{cite book |last=Gillis |first=Hugh |title=The Kingdom of Swaziland: Studies in Political History |year=1999 |publisher=Greenwood Publishing Group |isbn=0313306702}}</ref> eSwatini is 'n unitêre parlementêre absolute [[monargie]] binne die [[Britse Statebond]] met 'n eie [[monarg]] (''Ngwenyama'') as [[staatshoof]]. eSwatini is een van slegs vyf lande binne die Britse Statebond met 'n inheemse monarg op die troon (die ander vier is [[Broenei]], [[Lesotho]], [[Maleisië]] en [[Tonga]]).
 
Op [[19 April]] [[2018]], met die dubbele viering van die land se goue herdenkingsjaar en die huidige koning se 50ste verjaardag, het [[Mswati III]] aangekondig dat sy land se naam verander van Swaziland na eSwatini, die naam wat algemeen in Swazi gebruik word.<ref>{{en}} {{cite web |title=UN Member States |url=http://www.un.org/en/member-states/index.html#gotoE |publisher=[[Verenigde Nasies]] |date=30 Mei 2018 |accessdate=6 Maart 2019}}</ref><ref>{{en}} {{cite web|title=Kingdom of Eswatini Change Now Official|url=http://www.times.co.sz/news/118373-kingdom-of-eswatini-change-now-official.html|website=Times Of Swaziland|date=18 Mei 2018|accessdate=6 Maart 2019}}</ref>
 
== Geskiedenis ==
Volgens oorlewering het die voorvaders van die huidige Swazi-volk gedurende die [[10de eeu|10e eeu]] suidwaarts in Afrika afgetrek en hulle gevestig in wat vandag Mosambiek is. Na skermutselings met die plaaslike bevolking van die gebied waar die huidige [[Maputo]] is, het die Swazi's hulle in [[1750]] in die noorde van [[Zululand-distriksmunisipaliteit|Zoeloeland]] gevestig.
 
Daar het hulle egter weer met die veel magtiger Zoeloebevolking gebots, waarop hulle noord beweeg en hulle in die begin van die [[19de eeu|19e eeu]] in die gebied gevestig het wat vandag as Swaziland bekend staan. Tydens die regering van [[Mswati III|Mswati]], een van die belangrikste leiers sedert hulle vestiging, het die Swazi's vir die eerste keer met die Britte in aanraking gekom. Die Swazi's het die Britse verteenwoordigers gevra om hulle teen die aanvalle van die [[Zoeloes]] te beskerm.
 
Na die dood van Mswati het die Swazi's 'n stryd gehad om hulle onafhanklikheid te behou. Die nuwe regeerder, Mbandzeni, het Blankes toegelaat om in Swaziland te boer, te myn en besighede te begin. Dit het ernstige bestuursprobleme meegebring en in [[1894]] het [[Brittanje]] en die [[Zuid-Afrikaansche Republiek]] 'n konvensie gesluit waarvolgens die ZAR die land sou administreer en beskerm. Na die [[Anglo-Boereoorlog]] (in [[1903]]) het Brittanje die administrasie van Swaziland oorgeneem.
 
Een van die eerste take van die Britse administrateurs was om die groot aantal verwarrende konsessies wat [[Mbandzeni]] aan vreemdelinge toegestaan het, te ontrafel. Ondanks die feit dat die Swazi's se stamwette bepaal dat die grond nooit aan iemand anders mag behoort nie, het die Britse regering besluit om dit tussen die konsessiehouers en die [[Swazi's]] te verdeel en 2 derdes daarvan is aan die konsessiehouers toegewys.
 
Die kwessie van die konsessies het sedertdien die politiek van Swaziland beïnvloed: toe koning [[Sobhuza II|Sobhuza]] in [[1921]] as [[Ngwenyamenirivier|Ngwenyama]] - die leeu en opperhoof van die Swazi's - gekroon is, het hy onmiddellik met 'n politieke en regstryd begin om weer beheer oor die konsessies te kry.
 
Die Britse regering het aanvanklik gehoop dat Swaziland by [[Suid-Afrika]] ingelyf sou word. Die Swazi's het egter deurentyd daarteen beswaar gemaak en na die [[Tweede Wêreldoorlog]] het [[Brittanje]] ingestem om die land op onafhanklikheid voor te berei.
 
Die onderwys, mediese dienste en landbouprojekte is grotendeels verbeter in 'n poging om die land te ontwikkel. Verskeie politieke partye is na die voorbeeld van Westerse lande gestig, almal met die strewe om onafhanklikheid te verkry en die land ekonomies te ontwikkel. Die aktiwiteite van die politieke partye was egter tot hoofsaaklik die stede beperk en het weinig steun geniet.
 
Op die platteland, waar 80 % van die Swazi's toe gewoon het. Die tradisionele Swazileiers, insluitende die koning en die Nasionale Swazi-raad, het toe 'n ander politieke groep, die Nasionale Imbokodvo-beweging, gestig. Die beweging het 'n noue verband met die tradisionele leefwyse van die Swazi's gehad. In reaksie op die ontwakende politieke bewustheid en druk het die Britse regering in [[1964]] besluit om ʼn verkiesing uit te roep sodat 'n wetgewende raad ingestel kon word.
 
Die Imbokodvo het in die verkiesing 24 setels verower, maar het na sy oorwinning radikaler beginsels van ander partye aangeneem en net so sterk druk vir onafhanklikheid begin toepas. In [[1966]] het die Britse regering toegestem om samesprekings oor 'n nuwe grondwet te hou.
 
Die Blanke inwoners van die land wou hê dat daar 'n afsonderlike verkiesing vir gereserveerde Blanke  setels in die parlement gehou moes word, maar die Grondwetkomitee, wat bestaan het uit verteenwoordigers van die koning, die Nasionale Swazi-raad, die ander politieke partye en die Britse regering, het die voorstel verwerp.
 
'n Konstitusionele monargie is as staatsvorm vir Swaziland aanvaar en in [[1967]] is 'n verkiesing uitgeroep om die verteenwoordigers vir die parlement te kies. Swaziland het op 6 September 1968 onafhanklik geword.
 
== Geografie ==
Die Koninkryk eSwatini is met sy oppervlakte van 17&nbsp;363 vierkante kilometer die tweede kleinste staat op die vasteland van [[Afrika]] ná [[Gambië]]. eSwatini is landgebonde en word deur [[Mosambiek]] in die ooste en die [[Suid-Afrika]]anse provinsies [[Mpumalanga]] in die noorde en ooste en [[KwaZulu-Natal]] in die suide begrens. Die landsgrense het 'n totale lengte van 535 kilometer, waarvan 105&nbsp;km met Mosambiek en 430&nbsp;km met [[Suid-Afrika]] gedeel word.
 
eSwatini kan in vier geografiese streke verdeel word. In die ooste strek die [[Lebomboberge]] op 'n maksimumhoogte van 600 meter en 'n droë subtropiese klimaat in 'n noord-suidrigting. Die [[laeveld]] wes daarvan lê sowat 200&nbsp;m bo [[seevlak]] en word deur 'n droë bosveld-landskap oorheers. Die [[klimaat]] hier is al byna tropies warm – gedurende die [[somer]]maande styg die kwik soms bo 32&nbsp;°C. Die streek is onder meer geskik vir die verbouing van [[suikerriet]].
eSwatini het 'n totale bevolking van 1,1 miljoen (2015-skatting), hoofsaaklik [[Swazi's]] (wat deel uitmaak van die [[Nguni-taalfamilie|Nguni-groep]] binne die [[Bantoevolke]] en nouverwant aan die [[Zoeloes]] is) met klein minderhede van Zoeloes, [[Tsongas]] en [[Sjangaans]].
 
Naas die [[Amptelike taal|amptelike tale]] ampstaal SiSwati (verwant aan [[Zoeloe]]) en [[Engels]] word die tale van etniese minderhede gebesig.
 
Sowat 60 persent van die bevolking is aanhangers van onafhanklike kerke soos die Zionistekerk. Ander belangrike denominasies is [[Protestantisme|Protestants]] (15 persent), [[Rooms-Katolieke Kerk|Rooms-Katoliek]] (5 persent) en [[Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika|Anglikaans]] (1 persent). Aanhangers van inheemse [[godsdiens]]te verteenwoordig sowat 'n vyfde van die totale bevolking.
 
== Verwysings ==
 
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409680, volume 27, bl. 47, 48
{{Verwysings|2}}
 
2 127

wysigings