Verskil tussen weergawes van "Eben Dönges"

Geen grootteverandering nie ,  10 maande gelede
Dönges het hom deurentyd beywer vir die [[Afrikaner]]saak en op politieke, kulturele en ekonomiese gebied diep spore getrap deur leiding te gee in die opheffing van sy volk wat in vele opsigte nog tweede viool moes speel teen die Engelse.
 
Hierna het hy egter ’n tyd lank op die voorpunt van kulturele en ekonomiese gebeure beweeg. Hy het ’n prominente rol in die [[Afrikaner-Broederbond]] en die [[Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge|FAK]] gespeel en in die veertigerjare gevorder tot ondervoorsitter van albei organisasies. Toe die Eerste Ekonomiese Volkskongres van 3 tot 5 Oktober 1939 in [[Bloemfontein]] vergader, het hy die referaat ''Die mobilisering van die kapitaal- en spaarkrag van die Afrikaner'' gelewer. Met die stigting van die Ekonomiese Instituut op 1 Desember 1939, wat ’n uitvloeisel van die Volkskongres was, is Dönges vanweë sy kennis opgeneem in die dagbestuur wat moes toesig hou oor die fondse van die [[Reddingsdaadbond]], waarvan hy ’n stigterslid sowel as lid van die uitvoerende raad was. Met die ontstaan van die [[Afrikaanse Handelsinstituut]] ([[AHI]]) in 1942 het hy in die uitvoerende raad van dié liggaam gedien, terwyl hy eweneens ’n stigters- en direksielid van Federalde Volksbeleggings was.
 
Benewens bogenoemde, was Dönges ook voorsitter van die Kaapstadse Skakelkomitee van Afrikaanse Kultuurverenigings en in 1948 ’n stigterslid van die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasseaangeleenthede ([[SABRA]]). Hy was verder ook lid van die Sentrale Monumentekommissie (voorloper van die [[Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede]]), lid van die sentrale komitee van die [[Afrikaanse Taalmonument]] en Taalstudiefonds, van 1963 af erelid van die [[Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns]] en van 1959 tot 1968 kanselier van die [[Universiteit van Stellenbosch]]. Hy het ook in die direksie van die [[Nasionale Pers]], [[Voortrekkerpers]] en ''New Era'' gedien.
3 100

wysigings