Verskil tussen weergawes van "Tarentale"

1 747 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Inligting bygewerk
k (Kategorieë gealfabetiseer)
(Inligting bygewerk)
 
'n Tarentaal word ook soms, veral in geselstaal, '''poelpetaat''', '''poelepetaat''', '''poelepetater''', '''koelmetat''' en '''poelmetaan''' genoem. Dit is afkomstig van die [[Frans]]e woorde ''poule'' ([[hoender]]) en ''pintade'' (gespikkeld).<ref>http://maroelamedia.co.za/blog/afrikaans/taaltoffie/wat-woord-van-die-week-poelpetaat/</ref>
 
Hulle word dikwels as mak pluimvee aangehou ter wille van hulle smaaklike vleis. Hoewel tarentale baie soos [[Fisantagtiges|fisante]] (familie ''Phasianidae'') lyk, is hulle groter; sommige kenners klassifiseer hulle nietemin onder dieselfde familie. Die meeste tarentale is grys met wit of blou kolletjies en kaal nekke. Die koppe kan wit, blou of rooi wees.
 
Daar is egter spesies soos die [[swarttarentaal]] (''Agelestes niger'') wat in [[Wes-Afrika]] voorkom en volkome swart is, terwyl die ''Agelestes meleagrides'' 'n wit bors het maar origens heeltemal swart is. Die ''Acryllium'' ''vulturimum'', wat in Oos-Afrika voorkom, is die grootste en kleurvolste spesie: hy het lang, witgestreepte nekvere en plek-plek blou en pers vlekke op die verekleed. Sommige tarentale het kuiwe van vere of harige stoppels en ander het 'n beenagtige helm, wat baie ten opsigte van kleur en vorm wissel.
 
Tarentale wei gewoonlik in groot troppe, maar in die broeityd (van Oktober tot Maart in die [[Suidelike Halfrond]]) paar hulle gewoonlik af. Die wyfie lê gewoonlik 5 tot 10 eiers, wat na 'n maand uitbroei. Hulle slaap in bome, maar maak in ʼn beskutte plek op die grond nes. Hulle leef hoofsaaklik van insekte, wurms, knolle en sade en is nuttige diere vir saaiboere omdat hulle die landerye skoon hou van insekte.
 
Daar is 2 inheemse spesies in [[Suid-Afrika]], naamlik die gewone of [[horingkoptarentaal]] (''Numida meleagris'') en die [[kuifkoptarentaal]] (''Guttera edouardi''). Eersgenoemde kom oor die hele land voor, maar die kuifkop word net in digte bosse langs riviere en in immergroen woude in die sentraal-oostelike en noordoostelike dele van [[Suider-Afrika]] aangetref.
 
== Taksonomie ==
 
== Verwysings ==
 
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409680, volume 27, bl. 79, 80
{{Verwysings}}
 
2 127

wysigings