Verskil tussen weergawes van "Pous Benedictus XIV"

k
k (→‎Pontifikaat: + skakels)
 
== Pontifikaat ==
Na 'n moeisame konklaaf van meer as ses maande word Lambertini verkies as '''Pous Benedictus XIV'''.<ref>Healy, P. (1907). Pope Benedict XIV. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek Maart 16, 2011 by: http://www.newadvent.org/cathen/02432a.htm</ref> Sy pontifikaat is gekenmerk deur groot hervormingsgesindheid. Hy hervorm veral die opleiding van priesters en die pouslike instellings. Op [[22 Desember]] [[1741]] verbied hy in die bul "Immensa Pastorum pricipis" die verslawing van die [[inheemse volke]] van Amerika ([[Indiane]]). In die ritestryd tussen die Jesuïte aan die een kant en die Franciskane en Dominikane aan die ander kant kies hy die kant teen die Jesuïte. Hy verbied in die bulle "Ex quo singulari" van [[11 Julie]] [[1742]] en "Omnium sollicitudinum" die Chinese rites en die verering van voorvaders en Confusius. Baie Chinese bekeerlinge het die Roomse Kerk toe verlaat. Die verbod is later deur [[Pous Pius XII]] in [[1939]] aangepas. In sy bul "De servorum Dei Beatificatione" bevestig hy die bemiddelaar rol van Maria. Hy is die eerste pous die ensiklieke gebruik. In sy ensikliek "Allatae sunt" van [[26 Julie]] [[1755]] steun hy egter die Unitate om hulle eie Oosterse rites te behou. Op [[16 Oktober]] [[1756]] veroordeel hy in die bul "Ex Omnibus" die gebruik om die sakrament van die sterwendes te weerhou van Franse geestelikes wat hulle nie by die bul "Unigenitus" (teen die Jansenisme) neer lê nie.
 
In die pouslike staat verminder hy die belastingdruk, moedig die landbou aan en steun vryhandel. In die stryd met die wêreldlike owerhede oor wie biskoppe mag aanstel tree hy versoenend op. Hy doen baie toegewings in die konkordate van Napels (1741), Spanje (1753) en Oostenryk (1757). Hy erken ook Frederik II van Pruise as koning.
* [[25 Februarie]] [[1750]] – Ramon Lull
* [[23 Julie]] [[1750]] – Henry van Treviso
* [[1750]] – Ladislas van Gielniów
* 1750 – Marcolino Amanni
* [[21 November]] [[1751]] – Jeanne de Chantal
* [[17 Julie]] [[1754]] – Seraphina (Sueva) Sforza
* [[11 September]] [[1754]] – Giovanna van Orvieto
* [[1755]] – Oderik av Pordenone
* [[17 Maart]] [[1756]] – Fortis Gabrielli
* [[27 Julie]] [[1757]] – (H)ugo degli Atti
=== Heiligverklarings ===
* [[13 Desember]] [[1741]] – Pedro González
* [[1742]] – Gery van Monte Santo
* [[29 Junie]] [[1746]] – Camillus de Lellis
* [[29 Junie]] [[1746]] – Pedro Regalado