Verskil tussen weergawes van "Vinkagtiges"

3 515 grepe bygevoeg ,  7 maande gelede
Versmelt met Sysie-agtige
(→‎Genera: Skakel)
(Versmelt met Sysie-agtige)
 
{{Taksoboks
| name = Fringillidae
| image = Fringilla coelebs chaffinch male edit2.jpg
| image_width = 260px
| image_caption = 'n [[Gryskoppie]].
| familia_authority = [[Nicholas Aylward Vigors|Vigors]], 1825
| subdivision_ranks = Subfamilies en genera
| subdivision = [[Fringillinae]]<br />[[Carduelinae]]<br />[[Euphoniinae]]
<center>''Sien teks''
}}
 
'''Vinkagtiges''' of '''sysie-agtiges''' (''Fringillidae'') is 'n [[familie (biologie)|familie]] van [[sangvoël]]s waaraan die kanaries, sysies, vinke en streepkoppies behoort. Hierdie familienaam is afgelei van die woord "fringilla", Latyn vir vink (F. coelebs), die mees algemene verteenwoordiger van hierdie familie. Ongeveer 19 spesies kom in [[Suider-Afrika]] voor.
 
[[Lêer:Purple Finch DSC9624vvc.jpg|duimnael|links|''Carpodacus purpureus'']]
Al die vinkagtiges is saadvretende [[voëls]] met 'n kort, sterk snawel. Hulle het 'n harde skedel en groot kaakspiere wat hulle gebruik om sade te kraak. Die [[mannetjie]]s verskil meestal van die [[wyfie]]s in voorkoms.
 
 
Sommige [[spesie]]s word as eksotiese troeteldiere verkoop, en selfs onwettig mee handel gedryf.
 
Hulle is gewilde troeteldiere omdat hulle maklik in koue aangehou kan word. Die sysie-agtiges, wat die kanaries, streepkoppies en die sysies insluit en as sangvoëls bekend staan, behoort tot die orde ''Passeriformes'', wat tans die dominante voëlorde is. Die sangvoëls behoort tot die suborde ''Passeres'', wat 'n verskeidenheid families insluit, soos die swaels, kraaie, heuningeters, ensovoorts. Sommige taksonome deel die sysie-agtiges en verwante voëls (familie ''Fringillidae'') in twee subfamilies in, naamlik die ''Carduelinae'' en die ''Fringillinae''.
 
Die sysie-agtiges behoort tot die subfamilie ''Carduelinae'', terwyl 'n aantal vinkagtiges (waaronder Darwin se vinke) tot die ''Fringillinae'' behoort. Daar bestaan egter 'n aantal ander klassifikasiestelsels. Die Suid-Afrikaanse sysie-agtiges kan byvoorbeeld as verteenwoordigers van die familie ''Fringillidae'' beskou word en dan in die subfamilies ''Fringillinae'' en ''Emberizinae'' ingedeel word. Die stelsel word egter nie in hierdie artikel gebruik nie.
 
== ''Carduelinae'' ==
[[Kanaries]], [[streepkoppie]]s en sysies behoort tot die subfamilie ''Carduelinae'' en daar word 18 inheemse spesies aangetref. Die voëltjies is klein tot mediumgroot (lengtes wissel tussen 10&nbsp;cm en 16&nbsp;cm). hoofsaaklik saadetend met kort, stewige snawels. Die meeste spesies hou in oop terreine met klein bossies of struikgewasse, waar hulle gewoonlik in relatief klein swerms voorkom.
 
Die voëltjies is vir hul sang bekend en hulle kan ook sing terwyl hulle vlieg. In die somermaande bou hulle netjiese neste in bome, struike en gras. Die meeste Suid-Afrikaanse spesies se broeityd is tussen September en Maart. Die [[Kaapse kanarie]] (''Serinus'' ''canicollis''), die [[geeloogsysie]] (''Serinus mozambicus''), die [[bergkanarie]] (''Serinus atrogularis''), die [[geelsysie]] (''Crithagra flaviventris''), die [[vaalstreepkoppie]] (''Fringillaria'' ''impetuani'') en die [[streepkoppie]] (''Fringillaria capensis'') is van die bekendste Suid-Afrikaanse verteenwoordigers van die subfamilie ''Carduelinae''.
 
== ''Fringillinae'' ==
Die subfamilie ''Fringillinae'' sluit 'n aantal kleurryke, hoofsaaklik saadetende sangvoëls in wat vinke genoem word. Die onderskeid tussen die twee subfamilies word hoofsaaklik op grond van gedrag gemaak. Hulle voed nie hul kuikens met sade wat hulle opbring nie, maar met ruspes en ander invertebrate. Slegs een spesie van die subfamilie kom in [[Suid-Afrika]] voor, naamlik De Vink (''Fringilla coelebs''), wat aan die einde van die [[19de eeu]] deur [[Cecil John Rhodes]] uit [[Europa]] ingevoer is.
 
Hulle het nie baie versprei nie en kom slegs in die Kaapse Skiereiland en omgewing voor. Die wat in Suid-Afrika voorkom, is saadetend, hoewel die Europese vinke insekte verkies. Lede van die familie het bekendheid verwerf as Darwin se vinke omdat die aanpassings van die voëls by verskillende diëte aanleiding gegee het tot sy teorieë van natuurlike seleksie.
 
== Genera ==
== Sien ook ==
* [[Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls]]
* [[Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeergegroepeer)]]
* [[Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name]]
 
== Bronnelys ==
{{Saadjie}}
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0-908409-68-0, volume 27, bl. 64, 65
 
== Eksterne skakels ==
{{CommonsKategorie|Fringillidae|Vinkagtiges}}
{{Wikispecies-inlyn|Fringillidae}}
* {{en}} {{cite web|url=https://www.britannica.com/animal/Fringillidae|title=Fringillidae|publisher=[[Encyclopædia Britannica]]|accessdate=30 Augustus 2019}}
 
{{Normdata}}
{{Taksonbalk}}
 
[[Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies| ]]