Verskil tussen weergawes van "Johannes Brahms"

geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
}}
 
'''Johannes Brahms''' ([[7 Mei]] [[1833]] – [[3 April]] [[1897]]) was 'n [[Duitsland|Duitse]] komponis en pianis en een van die voorste musikante van die Romantiese periode. Hy is in [[Hamburg]] gebore, maar het 'n groot deel van sy professionele lewe in [[Wene]] in [[Oostenryk]] deurgebring, waar hy die leidende figuur van die Oostenrykse musiektoneel was. Brahms word vandag as een van die vooraanstaandstevooraanstaande Europese komponiste van die tweede helfte van die 19de eeu beskou.<ref name="HAT Taal-en-feitegids">HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8</ref>
 
Brahms was reeds in sy eie leeftyd 'n gewilde en invloedryke musikant en komponis. Hy het komposisies vir klavier, kamerorkeste, simfonie-orkeste, kore en solo-sangers geskep. Hy was 'n bedrewe pianis en het dikwels die eerste opvoering van sy eie werke gegee. Hy het ook saam met die vooraanstaande opvoerders van sy tyd gewerk, soos die pianis [[Clara Schumann]] en vioolspeler Josef Joachim. Baie van sy werke vorm vandag steeds die hoofbestanddeel van konsertrepertoriums. Talle werke is egter vandag verlore: Brahms was 'n perfeksionis wat baie van sy komposisies vernietig het en geweier het om ander te publiseer.
 
{| class="wikitable" border="1" style="width: 20em; font-size: 90%; float: left; margin-left: 0em; margin-right: 1em;"
|}
 
Dit is kenmerkend van Brams se komposisies dat hulle tradisioneel dog innoverend is. Sy musiek is geworteldgewortel in die strukture en komposisietegnieke van die Barokbarok- en Klassiekeklassieke meesters. Verder was Brahms self 'n meester van [[kontrapunt]], 'n komplekse metode van komposisie wat die verhouding tussen twee of meer stemme uit 'n ander oogpunt as [[harmonie]] benader. Hy het gepoog om die "reinheid" van die tradisionele komposisiestrukture te eer deur hulle tot 'n Romantiese vorm te ontwikkel en het in die proses nuwe benaderings tot harmonie en melodie geskep. Alhoewel baie van sy tydgenote sy musiek as té akademies beskou het, is sy bydraes en vakmanskap sedertdien deur verskeie komponiste bewonder, soos die progressiewe komponis [[Arnold Schoenberg]] (1874–1951) en die konserwatiewe komponis [[Edward Elgar]] (1857–1934).
 
Hy het gepoog om die "reinheid" van die tradisionele komposisiestrukture te eer deur hulle tot 'n romantiese vorm te ontwikkel en het in die proses nuwe benaderings tot harmonie en melodie geskep. Alhoewel baie van sy tydgenote sy musiek as té akademies beskou het, is sy bydraes en vakmanskap sedertdien deur verskeie komponiste bewonder, soos die progressiewe komponis Arnold Schoenberg (1874–1951) en die konserwatiewe komponis [[Edward Elgar]] (1857–1934).
 
Benewens sy talle liedjies (waarvan sy ''Wiegelied'' moontlik die bekendste is) het Brahms vier simfonieë, vier concerto's, 'n requiem, klavier- en kamermusiek gekomponeer.
107 385

wysigings