Verskil tussen weergawes van "Attie du Plessis"

Skakels
(Skakel)
(Skakels)
Attie is in [[Boksburg]] gebore. Sy ouers is Jan-Hendrik en Martie du Plessis. Sy pa het by die spoorweë gewerk en het later 'n slaghuis gehad. Sy skoolloopbaan het hy aan die Laerskool Baanbreker en [[Hoërskool Voortrekker, Boksburg|Hoërskool Voortrekker]] voltooi. Hy het verskeie grade en diplomas in die ekonomie aan die universiteite van Stellenbosch, Wits, UNISA en Harvard verwerf.
 
Hy het verskeie nie-uitvoerende poste beklee by onder andere [[ABSA]], [[KWV]], Punter Southall Group, Gencor, Sentrachem, Unisys, Nissan en [[Siemens]].
 
Hy word oorleef deur sy vrou Barbara, twee dogters, Barbara en Adrè, sy seun Jan-Hendrik en vyf kleinkinders.