Verskil tussen weergawes van "Drakensberge"

1 839 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(Inligtingskas)
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
| lengtegraad_OW = <!-- Opsioneel -->
}}
[[Lêer:Drakensburgmountains.jpg|duimnael|links|Die Drakensberge in die somer.]]
[[Lêer:Maluti.jpg|duimnael|links|Sneeu op die Drakensberge.]]
 
Die '''Drakensberge''', wat oor 'n afstand van byna 1&nbsp;000 kilometer van die Kaapse [[Stormberg]]e deur die [[Vrystaat]] en [[KwaZulu-Natal]] tot by die [[Wolkberg]] in [[Limpopo]] strek, is die grootste bergreeks in Suider-Afrika, met die [[Thabana Ntlenyana]] ("Klein Berg") in [[Lesotho]] (3&nbsp;482 meter) en die Mafadi in [[Suid-Afrika]] (3&nbsp;451 meter) as sy hoogste punte. Ook 'n aantal van die ander pieke soos [[Ben Macdhui]] (in [[Oos-Kaap]]), Cathkinpiek, [[Cathedralpiek]], Cleftpiek, [[Giant's Castle]] en [[Sentinel]] verrys almal meer as 3&nbsp;000 meter.
 
[[Lêer:GiantsCastlePanoramaSmall.jpg|duimnael|senter|800px|'n Panoramiese uitsig oor Giant's Castle]]
[[Lêer:The Escarpment and the Drakensberg.jpg|duimnael|300 px|'n Kaart van Suid-Afrika wat die sentrale plato gekant deur die Groot Platorand, en sy verhouding met die Kaapse-Vouberge na die suide toon. Die gedeelte van die [[Groot Platorand]] in rooi staan bekend as die Drakensberge.]]
 
== Etimologie ==
Die Afrikaanse naam Drakensberge kom van die naam wat die vroegste Nederlandse setlaars dit gegee het. Hulle het dit ''Die Drakensbergen'' genoem. Verskeie moontlike redes vir hierdie naam sluit in die puntige toppe wat soortgelyk is aan die agterkant van die mitiese Europese draak, ou plaaslike mites van drake wat deur die berge rondloop, en moontlike bevindings van [[dinosourus]] [[Fossiel|fossiele]] (wat miskien verwar was met die oorblyfsels van drake).<ref name="visi_Drak" />
 
Gewoonlik wanneer Suid-Afrikaners en besoekers van ''die'' Drakensberge praat, verwys hulle na die Groot Platorand wat die grens vorm tussen Lesotho en KwaZulu-Natal, met die geloof dat dit 'n reeks berge is wat tot in Lesotho strek, maar wat eintlik korrek bekend staan as die [[Lesotho Hoogland]]. Hierdie hoogste gedeelte van die Groot Platorand staan bekend as ''uKhahlamba'' ("Versperring van regop spiese")<ref name=Pearse /> in [[Zoeloe]] en ''Maluti'' in [[Sotho]].
 
 
== Sien ook ==
* [[Lys van bergpieke in Suid-Afrika]]
* [[Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika]]
 
== Verwysings ==
{{Verwysings|verwysings=
<ref name="visi_Drak">{{Cite web | title = Drakensbergen in Kwazulu-Natal | trans-title = | author = | work = visitafricanow.com | date = | accessdate = 2018-04-26 | url = http://www.visitafricanow.com/zuid-afrika/Kwazulu%20Natal/kw_n_drakenb.php | language = nl | quote = }}</ref>
 
<ref name=Pearse>{{cite book|last=Pearse|first=Reg O.|title=Barrier of Spears: Drama of the Drakensberg|url=https://books.google.com/books?id=ri6KQgAACAAJ|year=1973|publisher=H. Timmins|isbn=978-0-86978-050-3|page=i}}</ref>
}}
 
== Eksterne skakels ==
27 852

wysigings