Verskil tussen weergawes van "Industriële Revolusie"

k
corr using AWB
k (corr using AWB)
Engeland het uitgeblink in die vervaardiging van [[wol]] en [[katoen]], en die groeter vraag daarna in die land self en in die kolonies het die Engelse tekstielbedryf bestendig laat groei. Aan die vooraand van die Industriële Revolusie was ’n stelsel in werking waarvolgens handelaars onverwerkte wol of katoen opgekoop en dit aan werkers voorsien het wat dit tuis tot draad gespin en tot materiaal geweef het.
 
Met die verval van die [[ feodalisme|feodale stelsel]] en die opbloei van die sogenaamde "huisstelsel" van vervaardiging, het kleinboerdery afgeneem. Wette het dit vir welgestelde mense moontlik gemaak om verspreide lappies grond te koop waarop dorpenaars voorheen geboer het en dit in groot plase te konsolideer. Baie dorpenaars moes hulle tot die stede wend om werk te probeer vind.
 
Teen die middel van die 18de eeu het die huisstelsel begin verdwyn as gevolg van ’n reeks belangrike uitvindings. Handtoerusting kon nie meeding met duur, nuwe masjiene nie; laasgenoemde was kragaangedrewe en moes in groot geboue/fabrieke geïnstalleer word. Spinners en wewers is aangestel om in die fabrieke te werk, pleks van tuis. Die fabriekstelsel met sy kapitalisme was aan die ontwikkel, met werkers wat deur fabrieksbase gehuur is.
1 220

wysigings