Verskil tussen weergawes van "Aansteeklike siektes"

k
corr using AWB
k (corr using AWB)
Van die grootste rampe wat die wêreld nog getref het, was epi­ demies van aansteeklike siektes en infeksiesiektes . Die Swart Dood - 'n pesepidemie van 1347-1351 - het altesame 75 miljoen lewens geëis en tydens die Spaanse Griep van 1918 is 21,5 miljoen mense dood. Die op­knapping van higiëniese toestande, die ontwikkeling van antibiotika en [[inenting]] teen siektes, het daartoe gelei dat die meeste aansteeklike siektes nou behandel kan word.
 
lnfeksies ontstaan wanneer siekte­draende mikro-organismes die lig­gaam binnedring. Dit geskied ge­woonlik deur die slymvlies in die lugweë en minder dikwels deur die vel.
Wanneer komplikasies intree ná 'n besering, kan dit klem-in-die-kaak (tetanus) veroorsaak. Hoewel daar op groot skaal teen hierdie siekte ingeënt word, kom dit tog dikwels voor omdat die immuniteit slegs van korte duur is. Klem-in-die-kaak word veroorsaak deur die bakterie ''Clostridium tetani'' wat sonder suurstof kan groei (veral onder perde) en beland dan met uit­skeiding in die grond. Die baterieë vorm spore en kan in ongunstige toestande lank in die grond of in vullis aan die lewe bly. Die ''tetanus'' bakterie vervaardig 'n gifstof wat die sentrale senustelsel aantas en verhoogde spierspanning veroorsaak, wat in die begin veral die kaakspiere aantas. As die slukderm en asemhalingspiere aangetas word, kan dit noodlottige gevolge hê.
 
Klem-in-die-kaak word met me­disyne wat spierkrampe teëwerk, behandel.Sodra'nmens'nbesering opdoen, moet hy teen hierdie siekte ingeënt word om die liggaam se immuniteit weer op die regie vlak te bring.Ontstekings in die maag- en dermkanaal is gewoonlik te wyte aaninfeksiesiektes.'nHelepaarvan hierdie siektes kan ernstige gevolge hê. Buiktifus (typhus abdominalis febris typhoidea) se ontkiemingstyd is een tot twee weke. Die bakterieë Salmonella typhi kom deur middel van besmette voedsel in die lig­ gaam. Die eerste simptome is 'n ef­ fensekoersendan'nbaiehoëkoers vir etlike weke, wat met 'n stadige polsslag en tamheid gepàard gaan. Die bakterie vestig hom gewoonlik in die wande van die dunderm wat dan ernstig ontsteek word . Dit veroorsaak bloederige diarreë (maagwerkings). Buiktifus kan noodlottig wees as dermbloeding intree of in gevalle waar 'n swerende dermwand in die buikholte bars. Die siekte kan egter suksesvol met anti­biotika behandel word. Verspreiding van buiktifus geskied deur uit­skeiding. Hierdie bakterieë word vir maande, en selfs jare ná genesing, nog deur die liggaam uitgeskei. Per­soonlike higiëne is van die aller­grootste belang om die siekte deeglik te bekamp. Paratifus is 'n minder ernstige, maar soortgelyke infeksie as buik­ tifus. Dié siekte gaan met diarreë en braking gepaard.
 
== Disenterie ==
Disenterie word deur die Shigella­ bakterie veroorsaak. Hierdie bak­terie kom algemeen onder kinders voor. Ná 'n kort ontkiemingstyd van twee tot sewe dae ontwikkel die persoon maagkrampe, koors en ernstige diarreë. Die ontlasting be­vat etter en bloed en die liggaam kan weens die groot vogverlies gou dehidreer (ontwater) . Die siekte word hoofsaaklik deur die inname van besmette voedsel oorgedra. Om te herstel, moet die liggaam baie vloeistof inneem en sulfamiddels moet toegedien word.
 
== Cholera ==
1 220

wysigings