Verskil tussen weergawes van "Walter Battiss"

5 349 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Inligting bygewerk
(Inligting bygewerk)
 
Walter Whall Battiss is op [[6 Januarie]] [[1906]] op [[Somerset-Oos]] in die [[Kaapland]] gebore. In 1917 trek hy saam met sy gesin na [[Koffiefontein]] in die [[Vrystaat]], waar hy 'n belangstelling in argeologie en primitiewe kuns ontwikkel. In 1919 trek hulle na [[Fauresmith]], waar hy in 1923 matrikuleer.
 
Battiss word in 1924 as 'n klerk in [[Rustenburg]] se landdroskantoor aangestel. HyLater beginstudeer syhy kunsstudieaan indie 1929Kunsskool aanvan die WitwatersrandWitwatersrandse Tegniese Kollege (teken en skilder),onder gevolgEmily deurFern aan die Johannesburgse[[Universiteit Opleidingskollegevan (onderwysdiploma)Suid-Afrika]]. enHy neemontvang ook etsklasse.opleiding Battissas sitkunsonderwyser syin studie[[Johannesburg]]. asAs klerkonderwyser vanen dielektor landdroshet voort,hy en'n behaalbesielende invloed op 35-jarigejong ouderdomkunstenaars 'nuitgeoefen B.A.-graaden insy beeldendeinvloed kunstekan anvandag in die [[Universiteitwerk van Suid-Afrika]]talle gevestigde kunstenaars aangetoon word.
 
Hierdie prehistoriese rotskuns sou later in sy lewe 'n groot invloed op sy werk uitoefen. In die dertigerjare deurreis hy Suid-Afrika en leer die land deeglik ken. Hy doen navorsing in verband met rotstekeninge en in [[1940]] ontdek hy 'n merkwaardige versameling rotstekeninge naby [[Zastron]]. In [[1948]] onderneem hy 'n ekspedisie na die [[Namibwoestyn]], waar hy 'n ruk lank saam met die [[Boesman|Boesmans]] leef om hul kultuur beter te leer ken.
Hy ontwikkel 'n sterk persoonlike styl en tree tot die onderwys toe. Onder die werke wat hom bekendgemaak het, is sy uitgebreide ondersoek en kritiese ontleding van Boesmankuns, waaroor hy talle boeke geskryf het.
 
Battiss het sy kennis van die Suid-Afrikaanse rotskuns in verskeie publikasies opgeteken en die volgende boeke is deur hom geskryf: ''The Amazing Bushman''; ''South African Paint Pot''; ''Homecoming''; ''Art in South Africa''; ''The Artists of the Rocks''; ''Fragments of Africa''; ''Bushmen Art'' en ''Limpopo''. Battiss het die Boesmantekeninge aanvanklik vir akademiese doeleindes nageteken, maar later integreer hy die Boesmanmotiewe in sy werk '' ''en skep op die wyse nuwe vorme en fasette in die Suid-Afrikaanse skilderkuns.
In 1981 skenk hy al sy werke aan die pas geopende Walter Battiss-kunsmuseum op sy geboortedorp, Somerset-Oos.
 
Hy verbeeld die mens van Afrika se mistiek en erken daardeur die inboorling se aristokratiese verlede. Sy belangstelling in die prehistoriese kuns het nie alleen bygedra tot 'n verruiming van die plaaslike kuns nie, maar ook gelei tot nuwe insigte in sy eie kunsbeoefening. Na hy in [[1938]] met die Europese kuns in aanraking was, begin sy werk 'n breër visie vertoon en ontwikkel hy gaandeweg 'n eie styl, hoewel die invloed van die Boesmankuns, veral ten opsigte van die simboliek, nog duidelik in sy werk merkbaar was.
Hy is op [[20 Augustus]] [[1982]] op 76-jarige ouderdom in [[Port Shepstone]] aan 'n hartaanval oorlede.
 
In baie opsigte het Battiss 'n leidende rol in die Suid- Afrikaanse kunslewe gespeel, soos met die stigting van die Nuwe Groep in [[1938]]. Hy was ook die stigter en eerste president (in [[1953]]) van die Suid-Afrikaanse Raad van Kunstenaars en die eerste kunstenaar wat werke geskryf het oor die Suid-Afrikaanse rotskuns en die estetiese waarde van Swart kuns.
 
Sedert [[1927]] het Battiss 'n hele aantal suksesvolle uitstallings gehou. Hy presteer ook op internasionale vlak en het reeds vier maal op die Biënnale in Venesië en drie maal op die [[Biënnale]] in Sao Paulo uitgestal. Verder het hy in [[1948]] aan die uitstalling van Suid-Afrikaanse skilders en die Tate-galery in Londen deelgeneem, en het ook in die Victoria and Albert-museum en in die Agnews-galery, albei in [[Londen]], uitgestal.
 
Daar was van sy werk op verskeie uitstallings van Suid-Afrikaanse kuns in [[Nederland]], [[België]] en [[Duitsland]] verteenwoordig. Onder sy openbare opdragte tel ʼn muurskildery in die Pretoriase stadsaal ([[1955]]) en een in die Provinsiale Administrasiegebou (1962), ook in [[Pretoria]]. In [[1948]] verwerf hy 'n bronsmedalje en diploma vir skilder- en houtsneewerk op die International Olympiad-uitstalling in [[Londen]] en in [[1952]] word hy deur die Londense Universiteit genooi om 'n reeks lesings oor Suid-Afrikaanse kuns te gee.
 
Battiss dien ook in verskillende advieskomitees en skakel met oorsese liggame. Dis nie moontlik om Battiss se kuns streng volgens periodes in te deel nie. In die opsig noem hy homself "'n verkleurmannetjie" en daarin vind hy aansluiting by [[Pablo Picasso|Picasso]], ʼn kunstenaar wie se latere werk moeilik afgebaken kan word. In die twintigerjare het Battiss graag die landskap uitgebeeld.
 
Sy styl was aanvanklik konvensioneel en kan as impressionisties-realisties beskryf word. Hy het ook van die begin af in grafiese kuns belang gestel en hy was die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar wat die syskermdruk as medium gebruik het. Hy was ook van die eerste plaaslike kunstenaars wat die moontlikhede van abstrakte kuns ontgin en verdedig het in 'n stadium toe die meeste vakmanne en lede van die kunspubliek heeltemal of gedeeltelik afsydig daarteenoor gestaan het.
 
In die vroeë veertigerjare begin hy ekspressionisties werk. Hierna skilder hy vir 'n ruk lank suiwer abstrak, maar keer weer terug na die figuratiewe en die ekspressionisme. Teen die sewentigerjare begin sy mensfigure en diere simboliese vorme aanneem. Uit 'n suiwer realistiese styl ontwikkel hy gaandeweg 'n baie kenmerkende styl, waarin die ekspressionistiese simboliek opvallend is.
 
Battiss reis gereeld, en veral eilande hou vir hom 'n sterk bekoring in. Dit kan moontlik teruggevoer word na die mate van isolasie wat hy as Engelssprekende kind in 'n oorwegend Afrikaanssprekende gemeenskap ervaar het. In later jare het hy dikwels gesê: "Ek is 'n eiland... " Die eilandtema kom dikwels in sy werk voor en moontlik was dit ook die aanleiding tot sy fantasie-eiland, wat hy Fook (afgelei van "fake") noem.
 
Sy besoek aan die Griekse eilande in die sestigerjare het 'n nuwe fase in sy kuns ingelui en stof gebied vir sy boek ''Nesos'' (Grieks vir "eiland"). Later het hy ook die [[Seychelle-eilande]], [[Mauritius]], die [[Comore-eilande|Comoros]]- en die Suidsee-eilande besoek en in vitale werke sy indrukke van hierdie plekke en hulle mense weergegee. Battiss is wakker en intelligent, speels, dodelik ernstig en verbasend produktief.
 
Sy aanhangers en kenners van sy werk noem hom "die mees enigmatiese figuur in die Suid-Afrikaanse kuns". Die ligte verbeeldingsvlugte, eksotiese fantasieë, ryk kleurgebruik, boeiende temas wat aan die werklikheid ontleen is, en die meesleurende dinamiek in sy werk spreek van 'n skeppende gees wat onvermoeid ook ontdekkingsreisiger bly.
 
Deur die jare het hy tred gehou met nuwe neigings in die kunswêreld en telkens op verbasende wyse daarvan rekenskap gegee in sy werk. In [[1981]] skenk hy al sy werke aan die pas geopende Walter Battiss-kunsmuseum op sy geboortedorp, [[Somerset-Oos]]. Hy is op [[20 Augustus]] [[1982]] op 76-jarige ouderdom in [[Port Shepstone]] aan 'n hartaanval oorlede.
 
== Sien ook ==
 
== Bronne ==
 
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409435, volume 2, 195, 196
 
* [[Ensiklopedie van Suidelike Afrika]], [[Eric Rosenthal]], 1967
{{Verwysings}}
2 127

wysigings