Verskil tussen weergawes van "Vlag van Israel"

Skakel
k (+ Encyclopædia Britannica)
(Skakel)
{{Caanhaling|...die aanhoudende en totaal onware verklarings, wat deur sommige van die belangrikste Arabiese leiers gemaak is, dat die twee blou bane van die Israelse vlag die Nyl en die Eufraat voorstel, terwyl hulle in werklikheid van die Joodse gebedskleed (''talliet'') afgelei is.}}
 
Sakr ebu Fakr, ’n Arabiese skrywer, het hom ook teen die idee uitgespreek. Hy skryf dat die “Nyl na Eufraat”-aanspraak oor die vlag een van die sewe gewilde wanopvattings/mites oor die Jode is wat steeds in die [[Arabiese wêreld]] sirkuleer ten spyte daarvan dat daar voldoende bewyse is wat dit weerlê.<ref>{{en}} Ebu Fakr, Sakr. “Sewe Vooroordele oor die Jode”, ''Al-Hayat'', 12–14 November 1997.</ref>
 
Die Handves van Hamas sê nietemin “dat die Sioniste na Palestina, streef na uitbreiding van die Nyl tot die Eufraat”, en op 26 Januarie 2006 het Mahmoed al-Zahar, leier van Hamas, daarop aangedring dat Israel sy vlag verander en die “Nyl na Eufraat”-argument gevoer.<ref>{{en}} {{cite web | last = Shiloh | first = Scott | url = http://www.israelnationalnews.com/news.php3?id=97520 | title = Mofaz: Hamas tree onverantwoordelik op; Hamas: Israel moet sy vlag verander | publisher = Arutz Sheva | date = 30 Januarie 2006 | accessdate = 3 April 2006 }}</ref>