Verskil tussen weergawes van "Sirië"

8 grepe bygevoeg ,  5 maande gelede
(Skakel)
== Politiek ==
=== Politieke stelsel ===
[[Lêer:Bashar al-Assad.jpg|duimnael|200px|[[Basjar al-Assad]], die huidige president van die Arabiese Republiek van Sirië]]
Sirië is volgens die grondwet van 2012 'n eenheidstaat met 'n semipresidensiële regeringstelsel. De facto bestaan daar tans 'n eenpartystelsel aangesien een enkele politieke groepering, die Baath-party, 'n oorheersende rol in die politieke lewe speel. Formeel word die land deur 'n koalisieregering ("Nasionale Front vir Voortuitgang") geregeer wat deur die Baath-party en kleiner politieke groeperings gevorm is. Volgens westerse maatstawe het Sirië se regering 'n sterk outoritêre karakter.
 
Volgens artikel 3 van die grondwet dien die Islamitiese Sjaria as hoofbron vir die Siriese wetgewing. Watter regsreëls van die huweliks- en familiereg toegepas word, hang in Sirië van die geloofsgroep af. So mag Sjaria-wette uitsluitlik op Moslems toegepas word, vir Christene geld die ''codex iuris canonici''.
 
Die wetgewende bevoegdhede en uitvoerende gesag van die president, wat ook as staatshoof en opperbevelhebber fungeer, strek wyd. Die president word volgens die grondwet deur die parlement benoem en vir 'n ampstermyn van sewe jaar regstreeks verkies. Hy stel die basiese riglyne vir die regeringsbeleid op, stel die lede van die regering aan en mag hulle uit hul ampte ontslaan, mag wetsontwerpe indien en 'n vetoreg uitoefen, mag die parlement ontbind en lede van die konstitusionele hof benoem. Die amp van president mag uitsluitlik deur Moslems beklee word. Die minimum-ouderdom vir die presidentsamp is ná die afsterwe van die langjarige president [[Hafez al-Assad]] verlaag van oorspronklik 40 tot 34 jaar sodat sy seun Basjar hom as staatshoof kon opvolg. In die nuwe grondwet van 2012 is die minimum-ouderdom weer tot 40 jaar verhoog.
 
Verdere vereistes is in 2012 met die oog op opposisielede in die buiteland gestel. Kandidate vir die presidentsamp moet volgens die nuwe grondwet in Sirië gebore wees, met 'n Siriese gade getroud wees en vir 'n minimum van tien jare in Sirië woon. Tans is daar min Siriese politici in die buiteland wat aan hierdie vereistes voldoen. Vanaf 2014 mag 'n president slegs twee ampstermyne van sewe jaar elk dien.