Verskil tussen weergawes van "Grieks"

Geen grootteverandering nie ,  2 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (Wysigings deur 223.24.61.85 teruggerol na laaste weergawe deur Dmitri Lytov)
Etiket: Terugrol
No edit summary
Die '''Griekse taal''' (ελληνικά, ''elliniká'', [eliniˈka], letterlik: "Helleens" of ελληνική γλώσσα, ''ellinikí glóssa'', [eliniˈci ˈɣlosa], {{Audio|Elliniki Glossa.ogg|luister}}, letterlik: "Helleense taal") is 'n [[Indo-Europese tale|Indo-Europese taal]] wat bestaan vanaf ongeveer die 14de eeu v.C. in die Kretiese inskrywings genaamd ''Linear B''. Miceense Grieks van hierdie periode word onderskei van latere Klassieke of Antieke Grieks vanaf die 8ste eeu v.C. en later, toe tekste in die [[Griekse alfabet]] begin skryf is.
 
Moderne Grieks is 'n lewende [[taal]] en een van die rykste oorblewendeoorblywende tale vandag, met meer as 600 000 woorde. Sekere vakkundiges plaas baie klem op die ooreenkomste met [[Millennium|millennia]]-oue Griekse tale. Die onderlinge verstaanbaarheid met antieke Grieks is 'n saak van debat: Daar word aangevoer dat 'n "redelik goedgeleerde" spreker van die moderne taal die antieke dialekte sal kan lees, maar dit is nie duidelik gemaak hoeveel van hierdie opvoeding bestaan uit blootstelling tot [[woordeskat]] en [[grammatika]] wat verouderd in normale kommunikasie is nie. Grieks vanuit die [[Hellenistiese Griekeland|Hellenistiese]] en [[Bisantynse Ryk|Bisantynse]] tye is merkbaar nader aan Moderne Grieks. Vanaf 1834 tot 1976 is daar 'n poging aangewend om Καθαρεύουσα (''Katharevousa'', [kaTa'revus], "gereinigde taal", 'n poging om eeue-oue natuurlike linguistieke verandering aan 'n taal te korrigeer) as die enigste aanvaarbare vorm van Grieks in [[Griekeland]] te maak. Ná 1976 is Δημοτική (''Dhimotiki'', [Dimoti'ci], "taal van die mense") uiteindelik deur die Griekse [[regering]] aanvaar as beide die ''[[de facto]]'' en ''[[de jure]]'' vorme van die taal. 'n Groot hoeveelheid woorde en uitdrukkings bly onveranderd deur die eeue behoue, en word gevind in 'n aantal ander tale, insluitend [[Latyn]], [[Nederlands]], [[Italiaans]], [[Duits]], [[Frans]], [[Engels]] en [[Afrikaans]]. Tipiese voorbeelde hiervan sluit meeste terminologiename in, soos ''[[Sterrekunde|astronomie]]'', ''[[demokrasie]]'', ''[[filosofie]]'', ''[[antropologie]]'' ens.
 
== Geskiedenis ==
11 036

wysigings