Verskil tussen weergawes van "Richard Wagner"

8 351 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Inligting bygewerk
(Inligting bygewerk)
}}
 
'''Wilhelm Richard Wagner''' ([[22 Mei]] [[1813]] – [[13 Februarie]] [[1883]]) was 'n Duitse komponis, dirigent en essayis wat veral roem verwerf het vir sy operas, wat later bekend sou staan as musiekdramas. WagnerIn sesy vroegste komposisies, veralhet diéhy van sydie latere periodetradisionele, wordromantiese gekenmerkstyl deurgebruik hulgemaak, kompleksemaar tekstuur,langsamerhand rykehet harmoniseringhy ensy orkestrasieeie enidioom dieten uitgebreide gebruikopsigte van leitmotifs: musikale temas was met individuele karaktersstruktuur, plekkemelodiebou, ideesharmonie ofen storie-elementeorkestrasie vereenselwig wordgevind. Anders as die meeste operakomponiste het Wagner die musiek sowel as die liriek van elkeen van sy operas geskryf.
 
Verder het hy self die libretti van sy operas geskryf, wat streng volgens die Germaanse volksaard verloop het en onafskeidbaar verbonde was aan sy musiek. Wilhelm Richard Wagner is op [[22 Mei]] [[1813]] in [[Leipzig]] gebore.
Sy aanvanklike reputasie was gegrond op werke soos ''[[Vlieënde Hollander|Die Vlieënde Hollander]]'' en ''Tannhäuser'' in die romantiese tradisie van Weber en Meyerbeer, maar later omskep hy die opvatting van opera met sy konsep van die ''Gesamtkunstwerk'' (algehele kunswerk). Sodoende verkry hy 'n versmelting van al die poëtiese, visuele, musikale en dramatiese kunste, soos deur hom verkondig in 'n reeks essays van 1849 tot 1852. Wagner het dié benadering ten beste verwesenlik in die eerste helfte van sy vier-opera-siklus ''Der Ring des Nibelungen''. Vir sy laaste werke, onder andere ''Die Meistersinger von Nürnberg'', het hy weer meer tradisionele operavorms ingebring.
 
Sy vader is enkele maande na sy geboorte oorlede en in 1814 is sy moeder met 'n toneelspeler, [[Ludwig Geyer]], getroud. Sy jeugjare het hy in Dresden deurgebring, waar die komponis Carl Maria von Weber 'n gewaardeerde huisvriend was. In [[1828]] het hy ook sy eerste treurspel, 'n versdrama in vyf bedrywe, ''Leubald und Adelaide'', geskryf. In daardie jaar het Wagner ook gereeld musiekonderrig begin ontvang; vroeër het hy homself in die musiek onderrig.
 
Sy eerste [[opera]] was ''Die Hochzeit'' ("Die huwelik"; 1832-1833; onvoltooid) en in 1834 het hy ''Die Feen'' ("Die feë") gekomponeer, waarvan hy self die libretto geskryf en dit op 'n verhaal van Carlo Gozzi gebaseer het. In 1836 het hy die premiere van sy opera ''Das Liebesverbot'' ("Die liefdesverbod"), wat op die toneelstuk ''Measure for Measure'' deur [[William Shakespeare|Shakespeare]] gebaseer is, gedirigeer. In dieselfde jaar is hy met die sangeres [[Minna Planer]] (1809-1866) getroud.
 
In [[1837]] is hy aangestel as operadirigent in [[Koningsberg|Königsberg]], maar as gevolg van sy spandabelrige lewe was hy verplig om binne 'n paar maande vir sy skuldeisers te vlug, en hy het na [[Riga]] uitgewyk. Na slegs 2 jaar, in [[1839]], moet hy weer vlug, die keer as 'n verstekeling op 'n boot tussen [[Hamburg]] en [[Londen]]. Hy het hom egter uiteindelik in Parys gevestig.
 
'n Storm wat hy tydens die bootreis beleef het, het hom geïnspireer om kort daarna die opera ''Der fliegende Holländer'' ("Die vlieënde Hollander"; 1841) te komponeer. Die opera, die eerste werklike verteenwoordiger van sy kuns, is gebaseer op die legende van die Hollande skeepskaptein wat verdoem is om vir ewig die oseane te beseil. In [[Parys]] het hy 'n bestaan gevoer deur artikels te skryf en operaverwerkings te doen. Intussen het hy sy opera ''Rienzi'' ([[1840]]) voltooi, waarmee hy reeds in Riga begin het.
 
''Rienzi'' is vir die eerste keer in [[1842]] in Dresden opgevoer en baie goed ontvang, maar volgens oorlewering was 'n deel van die gehoor teen die einde van die stuk aan die slaap, want dit het 6 uur geduur. In 1843 is Wagner benoem tot hofkapelmeester in Dresden. Hier het hy blykbaar 'n rustiger lewe gelei en begin met die temas van sy latere groot werke: ''Tannhäuser'' (voltooi in [[1845]]), ''Die Meistersinger von Nürnberg'' ("Die meestersangers van Neurenberg"; voltooi in [[1867]]), ''Lohengrin'' (voltooi in [[1848]]) en ''Siegfried's Tod'' ("Die dood van Siegfried"; 1848).
 
Wagner se revolusionêre aktiwiteite het hom genoop om in [[1849]] uit [[Dresden]] na [[Switserland]] te vlug. Hy het oor Weimar gereis, waar hy [[Franz Liszt]] ontmoet het. In Switserland het hy hom hoofsaaklik op teoretiese werk toegespits. Van sy belangrikste geskrifte uit die tyd is ''Die Kunst und die Revolution'' ([[1849]]), ''Das Kunstwerk der Zukunft'' ("Die kunswerk van die toekoms"; [[1850]]), ''Das Judentum in der Musik'' (1850; waarin hy waarsku teen die verslappende invloed wat die [[Jodedom]] volgens hom op die Germaanse gees sou hê) en ''Oper und Drama'' (1851), waarin hy sy teorie van 'n allesomvattende kunsvorm, die sogenaamde ''Gesamtkunstwerk'', beskryf.
 
Ten opsigte van sy ''Gesamtkunstwerk'' ('n term wat hy later self verwerp het) het hy as voorbeeld geneem die Griekse drama, waarin daar 'n totale integrasie van alle elemente (musiek, teks en visualisering) is. Hierin, het hy gemeen, sou die ware Germaanse karakter weer na vore kom, wat duidelik verklaar waarom die Nazi's sulke groot aanhangers van Wagner was. Intussen is die teks van ''Siegfried's Tod'' uitgebrei tot die laaste deel van ''Götterdämmerung'' ("Godeskemering"), die slotopera van die magtige operasiklus ''Der Ring des Nibelungen''. In [[1853]] het hy aan die eerste deel, ''Das Rheingold'', begin werk en voortgegaan met die tweede deel, ''Die Waiküre'', en die derde deel, ''Siegfried''. Daarna het ʼn lang onderbreking (1857-1865) gevolg. In [[1854]] het Wagner die werke van Schopenhauer ontdek, wie se asketiese leefwyse hom tot die tema van ''Tristan und Isolde'' geïnspireer het. Die sensuele elemente van die onstuimige liefde van Tristan en Isolde weerspieël Wagner se eie verhouding met die digteres Mathilde Wesendonck.
 
Mathilde Wesendonck (1828-1902) was die vrou van Wagner se vriend en weldoener. Die vriendskap het op die rotse geloop toe Wesendonck agterkom dat Wagner en sy vrou 'n verhouding het, en dit het ook daartoe gelei dat Wagner en sy vrou, Minna, geskei is. Mathilde se lewe is verewig in die ''Wesendoncklieder'', 'n toonsetting van 5 van haar gedigte.
 
Na die voltooiing van ''Tristan'' het hy gewerk aan 'n hersiening van Tannhäuser, waarvoor 'n Paryse seisoen beplan was. Die opvoering was egter 'n fiasko. 'n Groep anti-Duitsgesindes het die opera die hele aand deur uitgejou. Hierna is Wagner na Wenen, waar hy ''Lohengrin'' vir die eerste keer op die verhoog gesien het. Hy het vergeefs probeer om ''Tristan'' weer opgevoer te kry, maar die opera was te revolusionêr vir die kunstenaars. Wagner het gevolglik aan 'n meer tradisionele werk begin, naamlik ''Die Meistersinger von Nürnberg''.
 
Selfs hierdie "normale" opera se première het eers in [[1868]] plaasgevind – aan die een kant weens die moeilike orkespartituur, en aan die ander kant omdat die toonaangewende musiekkritikus, [[Eduard Hanslick]], dit afgemaak het. In [[1864]] moes Wagner weer voor sy skuldeisers vlug, en die keer het hy na [[Stuttgart]] uitgewyk. In die stadium het die jong Beierse koning, [[Lodewyk II van Italië|Lodewyk II]] (regeer 1864- 86), tot Wagner se redding gekom. Lodewyk 11 het Wagner se ''Lohengrin'' gehoor en hom na [[München]] ontbied, waar Tristan in 1865 opgevoer is. Op aandrang van die koning het hy voortgegaan met sy werk aan die ''Ring'', terwyl hy terselfdertyd aan ''Parsifal'' gewerk het.
 
Die eerste sketse van die opera dateer uit [[1857]]. Politieke aktiwiteite het weer meegebring dat hy moes vlug, en in [[1866]] het hy hom met Lodewyk II se hulp in [[Triebschen]] by [[Luzern]] gevestig. Hier het Cosima Liszt, dogter van Franz Liszt en vrou van die dirigent [[Hans van Bülow]], haar by hom aangesluit. Orie kinders, Isolde, Eva en Siegfried, is uit die verhouding gebore voordat Cosima 'n egskeiding van haar man gekry het. In
 
1870 is hulle getroud en Wagner het sy werk aan die ''Ring'' onderbreek om eers die ''Siegfried Idyll'' (1870) te komponeer. Kort daarna het hy na Bayreuth vertrek om daar 'n groot operahuis op te rig vir die opvoering van die ''Ring''. Hy het terselfdertyd sy villa, Wahnfried, in [[Bayreuth]] laat bou. Hier het hy die ''Ring'' in [[1874]] voltooi en in [[1876]] is die eerste Bayreuthfees aangebied met die volledige Ring.
 
In die volgende jaar het hy weer aan ''Parsifal'' begin werk, wat hy in [[1882]] voltooi en in dieselfde jaar in Bayreuth opgevoer word. Die regte van die opera het tot in 1913 uitsluitlik aan [[Bayreuth]] behoort. Wagner het ''Parsifal'' as die kroon op al sy operawerk beskou en wou daarna nog 'n aantal simfonieë komponeer. Weens swak gesondheid het daar nie veel van gekom nie, en op 13 Februarie 1883 is hy in [[Venesië]] aan 'n hartaanval oorlede.
 
== Werke ==
Hoewel Wagner ook orkeswerke, klavierstukke en liedere geskryf het, is hy hoofsaaklik vir sy operas bekend. In sy eerste drie operas het hy die komponiste wat hy in sy jong dae bewonder het, nagevolg. ''Die Feen'' is 'n sprokiesopera in die tradisie van Weber en Marschner. ''Die Liebesverbot'' is ʼn komies-romantiese opera in die Bellini-styl, en ''Rienzi'' is grand' opéra in die styl van Meyerbeer en Spontini. Deur alles blyk die grenslose bewondering wat Wagner vir [[Ludwig van Beethoven|Beethoven]] se simfonieë gehad het.
 
Hoewel die volgende drie operas, ''Der fliegende Holländer'', ''Tannhäuser en Lohengrin'', ook nog as tradisioneel romantiese operas beskou kan word, het Wagner hier reeds sy eie idioom gevind. Die grootste verskil tussen sy werk en die van sy tydgenote is sy melodiese opbou teenoor die musikale onderdele (nommer-operas) van die ander. In sy latere werke is die musikale samehang gebaseer op 'n aaneenryging van toonaarde, en die spanning word bereik deur uiterstes in chromatiek en harmonie. In ''Tristan'' gaan die chromatiek so ver dat dit nouliks meertonaal genoem kan word. In die voorspel is daar byvoorbeeld geen tonika-drieklanke nie.
 
In ''Die Meistersinger von Nürnberg'' kombineer Wagner die aanvaarde operavorme (die aria, ensovoorts) met sy eie konsep van die [[musiekdrama]]. Nog 'n struktuurelement is die aanwending van die Leitmotiv (leimotief), waarin temas in die instrumentale partituur gebeure of karakters suggereer of aankondig of herroep. Veral in die ''Ring'' vorm die Leitmotiv die basis van 'n omvattende stelsel van temas. Verder onderskei Wagner hom ook in sy orkesgebruik. Sy operas vereis 'n groot orkesbesetting en dikwels onbekende en selfs 'n nuwe instrument, soos die Wagnertuba.
 
== Sien ook ==
{{Commons-kategorie inlyn}}
 
== Bronnelys ==
 
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409702, volume 29, bl. 44, 45
{{Nuwe Duitse skool}}
{{Normdata}}
2 127

wysigings