Verskil tussen weergawes van "Rugbywêreldbeker 2011"

Klaar
(Bygewerk)
(Klaar)
| bywoning = 1477294
| drieë = 262
| toppuntebehaler = {{vlagikoon|Suid-Afrika}} [[Morné Steyn]] (62)<ref>{{en}} {{cite web |url=http://stats.espnscrum.com/scrum/rugby/records/player/most_points_tournament.html?id=17;type=trophy | title=Rugby Union – IRB Rugby World Cup – Most individual points in a tournament |work=ESPNscrum |accessdate=2027 Oktober 2019}}</ref>
| meeste drieë = {{vlagikoon|Engeland}} [[Chris Ashton]]<br />{{vlagikoon|Frankryk}} [[Vincent Clerc]] (6 drieë elk)<ref>{{en}} {{cite web |url=http://stats.espnscrum.com/scrum/rugby/records/player/most_tries_tournament.html?id=17;type=trophy | title=Rugby Union – IRB Rugby World Cup – Most individual tries in a tournament |work=ESPNscrum |accessdate=2027 Oktober 2019}}</ref>
| vorige = [[Rugbywêreldbeker 2007|2007]]
| volgende = [[Rugbywêreldbeker 2015|2015]]
20 nasionale [[rugby]]spanne het meegeding in 48 wedstryde versprei oor 44 dae om die [[Webb Ellis-beker]] in te palm en as die wêreldkampioen gekroon te word. [[Springbokke|Suid-Afrika]] was die verdedigende kampioen nadat hulle die [[Rugbywêreldbeker 2007]] in [[Frankryk]] gewen het. Suid-Afrika is egter in die kwarteindrondte deur [[Wallabies|Australië]] uitgeskakel en Nieu-Seeland wen die toernooi deur Frankryk met 8–7 in die eindstryd op [[Edenparkstadion|Edenpark]] in [[Auckland]] te klop. Dit is die derde keer wat die gasheer die rugbywêreldbekertoernooi kon wen, ná Nieu-Seeland in [[Rugbywêreldbeker 1987|1987]] en Suid-Afrika in [[Rugbywêreldbeker 1995|1995]]. Australië eindig in die derde en [[Walliese nasionale rugbyspan|Wallis]] in die vierde plek. Die [[Russiese nasionale rugbyspan|nasionale rugbyspan van Rusland]] het vir die eerste keer aan ’n rugbywêreldbekertoernooi deelgeneem. [[Namibiese nasionale rugbyspan|Namibië]] is ná vier nederlae reeds in die poelfase uitgeskakel.
 
Die toernooi was die grootste sportgebeurtenis wat nog in Nieu-Seeland aangebied is,<ref>{{en}} {{cite news |url= https://www.nzherald.co.nz/business/news/article.cfm?c_id=3&objectid=10712838 |title=Christchurch loses all RWC games |newspaper=The New Zealand Herald |date=16 Maart 2011 |accessdate=2027 Oktober 2019}}</ref> groter as die Rugbywêreldbeker 1987, [[Statebondspele]] 1990, [[Krieketwêreldbeker 1992]], [[America's Cup]] 2003 en die toer van die [[Britse en Ierse Leeus]] na Nieu-Seeland in 2005.<ref>{{en}} {{cite web|url=http://www.mfat.govt.nz/RWC2011/index.php|title=Rugby World Cup 2011 |date= |work=New Zealand Ministry of Foreign Affairs and Trade|accessdate=1 September 2011}}</ref> Die organiseerders het 95&nbsp;000 oorsese besoekers verwag wat na Nieu-Seeland vir die aangeleentheid sou reis.<ref>{{en}} {{cite news |url= https://www.nzherald.co.nz/business/news/article.cfm?c_id=3&objectid=10746238 |title=Here come the Cup fans |first=Owen |last=Hembry |newspaper=The New Zealand Herald |date=20 Augustus 2011 |accessdate=2027 Oktober 2019}}</ref>
 
Wedstryde het op 9 September 2011 begin en is oor sewe weke geskeduleer. Die eindstryd het op Sondag, 23 Oktober 2011 op Edenpark in Auckland plaasgevind. Die dag is gekies omdat dit op ’n lang naweek in Nieu-Seeland geval het (24 Oktober is [[werkersdag]] in Nieu-Seeland). Daar is ’n 10-ure verskil in tyd tussen Nieu-Seeland en Suid-Afrika, gevolglik is alle wedstryde vroegoggend in Suid-Afrika gebeeldsend.
== Toewysing ==
[[Lêer:NZ Rugby World Cup.jpg|duimnael|Vlae in die strate van Nieu-Seeland tydens die Rugbywêreldbeker 2011. Links die [[vlag van Skotland]], in die middel ’n swart vlag met die silwervaring (kenteken van die Nieu-Seelandse span), die [[vlag van Australië]], en regs die vlag van die Ierse nasionale rugbyspan]]
Drie nasies het aangebied om die Rugbywêreldbeker 2011 te huisves — Nieu-Seeland, Japan, en Suid-Afrika.<ref>{{en}} {{cite web|url=http://news.bbc.co.uk/sport1/hi/rugby_union/international/4535303.stm|title=Three bids for 2011 World Cup|publisher=[[BBC]]|date=13 Mei 2005|accessdate=2027 Oktober 2019}}</ref>
 
Nieu-Seeland het saam met Australië die eerste Rugbywêreldbeker in 1987 aangebied en is saam met Australië as medegasheer van die [[Rugbywêreldbeker 2003]] aangewys, maar ’n meningsverskil oor regte vir grondtekens het tot gevolg gehad dat Nieu-Seeland van sy gasheerregte ontneem en Australië as enigste gasheer aangewys is. Nieu-Seeland se bod vir 2011 het planne ingesluit om Edenpark en ander stadions uit te brei en sodoende die kommersiële lewensvatbaarheid van die bod te verhoog.
 
Japan wou die eerste Asiatiese nasie word om ’n rugbywêreldbekertoernooi aan te bied. Japan het al oor die nodige infrastruktuur beskik, nadat dié land saam met [[Suid-Korea]] as gashere van die [[FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2002]] opgetree het. Die Internasionale Rugbyraad was egter van mening dat Japan nie volle stadions sal kan waarborg nie.<ref>{{en}} {{cite web|url=http://news.bbc.co.uk/sport2/hi/rugby_union/international/4447330.stm|title=Japan frustrated by 2011 decision|publisher=[[BBC]]|date=17 November 2005|accessdate=2027 Oktober 2019}}</ref>
 
Suid-Afrika het die [[Rugbywêreldbeker 1995]] gehuisves. Die Suid-Afrikaanse bod vir 2011, gelei deur die voormalige Springbokkaptein [[Francois Pienaar]], het ’n sterk ondersteuning deur die nasionale regering geniet. Intussen is die [[FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010]] aan Suid-Afrika toegewys.<ref>{{en}} {{cite web|url=http://news.bbc.co.uk/sport2/hi/rugby_union/international/3722015.stm|title=South Africa eyes Cup bid|publisher=[[BBC]]|date=17 Mei 2004|accessdate=2027 Oktober 2019}}</ref>
 
Tydens die IRR-raadsvergadering op 17 November 2005 in [[Dublin]] is die Rugbywêreldbeker 2011 ná die IRR-inspeksies van elke gasheerland van die bode gedurende Junie en Julie 2005 aan Nieu-Seeland toegeken.<ref>{{en}} {{cite web|url=http://news.bbc.co.uk/sport2/hi/rugby_union/international/4433818.stm|title=New Zealand handed 2011 World Cup|publisher=[[BBC]]|date=17 November 2005|accessdate=2027 Oktober 2019}}</ref>
 
== Deelnemende spanneDeelnemers ==
[[Lêer:Selecciones de Rugby 2011.png|duimnael|400px|Kaart van lande wat vir die Rugbywêreldbeker 2011 gekwalifiseer het]]
Twintig spanne het aan die Rugbywêreldbeker in 2011 deelgeneem. Die volgende twaalf lande het outomaties gekwalifiseer omdat hulle in die top drie van hulle onderskeie poele tydens die Rugbywêreldbeker 2007 geëindig het:<ref name="BBC6644163">{{en}} {{cite news |url= http://news.bbc.co.uk/sport2/hi/rugby_union/6644163.stm|title=Qualifying changes for 2011 RWC |publisher =[[BBC]] |date=10 Mei 2007 |accessdate=2027 Oktober 2019}}</ref><ref>{{en}} {{cite web |title=RWC 2007 – Standings |url=http://www.rwc2007.irb.com/home/standings/index.html |publisher=irb.com |accessdate=24 Augustus 2008 }}</ref> Argentinië, Australië, Engeland, Fidji, Frankryk, Ierland, Italië, Nieu-Seeland, Skotland, Suid-Afrika, Tonga en Wallis. Die oorblywende agt spanne is ingesluit nadat hulle hul streekgebonde kwalifiserende kompetisies gewen het. Rusland, wat [[Portugese nasionale rugbyspan|Portugal]] vervang het, is die enigste verandering in die 20-span-lys van die Rugbywêreldbeker 2007.
 
{| class="wikitable sortable"
== Stadions ==
[[Lêer:Lancaster Park aerial July 2011.jpg|duimnael|’n Lugfoto van Lancasterpark in Christchurch ná die 2011-aardbewing]]
Die 13 stadions vir die Rugbywêreldbeker 2011 is op 12 Maart 2009 bevestig.<ref>{{en}} {{cite news |title=RWC 2011 fixtures and pool venues announced |url=http://www.rugbyworldcup.com/mediazone/news/newsid=2029942.html |work=rugbyworldcup.com |publisher=Internasionale Rugbyraad |date=12 Maart 2009 |accessdate=12 Maart 2009 |archiveurl=https://web.archive.org/web/20090316155411/http://www.rugbyworldcup.com/mediazone/news/newsid%3D2029942.html |archivedate=16 Maart 2009}}</ref> Van die stadions is met die oog op dié toernooi ten einde van meer kapasiteit opgeknap. Die regering het dit oorweeg om ’n wet goed te keur om die toestemmingsproses te omseil om toe te laat dat van die stadions se herontwikkeling betyds voltooi sou word.<ref>{{en}} {{cite news |url= https://www.nzherald.co.nz/nz/news/article.cfm?c_id=1&objectid=10547881&pnum=0 |title=Deadline fears for stadium |newspaper=The New Zealand Herald |first=Patrick |last=Gower |date=13 Desember 2008 |accessdate=2027 Oktober 2019}}</ref>
 
As gevolg van skade aan die [[Rugby League Park|Christchurchstadion]] en die ander fasiliteite in [[Christchurch]] ná die aardbewings in Februarie 2011 is op 16 Maart aangekondig dat die wedstryde wat daar gespeel sou word, geskuif is. Die twee kwarteindrondtes is na Auckland verskuif, terwyl die vyf poelwedstryde na ander stede verskuif is.<ref>{{en}} {{cite web |url=http://tvnz.co.nz/rugby-world-cup/rwc-press-release-christchurch-matches-4066086 |title=Rugby World Cup press release on Christchurch matches |publisher=Television New Zealand |date=16 Maart 2011 |accessdate=16 Maart 2011}}</ref>
Op 10 November 2006 het die Nieu-Seelandse regering planne vir die "Stadion Nieu-Seeland" in Auckland bekend gemaak. Volgens dié voorstel sou die nuwe stadion met 70&nbsp;000 sitplekke aan die waterfront gebou word. Ná protes deur die bevolking en ’n gebrek aan ondersteuning deur die Aucklandse Streekraad is die voorstel ten gunste van [[Edenpark]] se opknapping geskrap. Die herontwikkeling van Edenpark se suidelike en suidwestelike pawiljoens was gedurende 2010 klaar.
 
Dunedin se nuwe stadion, [[Forsyth Barr-stadion]] (tydens die toernooi bekend as Otagostadion), is in Augustus 2011 voltooi en pleks van Carisbrook ingespan.<ref>{{en}} {{cite news |url= https://www.odt.co.nz/news/dunedin/carisbrook-track-cup-games |title=Carisbrook 'on track' for cup games |work=Otago Daily Times |publisher=Allied Press |date=4 Maart 2009 |accessdate=2027 Oktober 2019}}</ref>
 
<center>
Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit agt wedstryde bestaan het: vier kwarteindrondtewedstryde, twee halfeirondtewedstryde, ’n derde-plek-wedstryd en die eindstryd.
 
Die wenner en naaswenner van elk van die poele het na die uitklopfase deurgedring. Poelwenners het teen naaswenners in ander poele in die kwarteindstrydwedstryde gespeel, byvoorbeeld: die wenner van Poel A speel teen die naaswenner van Poel B en die wenner van Poel B speel teen die naaswenner van Poel A. Spanne van dieselfde poel sou dus eers weer in óf die klein finale óf die eindstryd kon ontmoet het.
 
Elke wedstryd in die uitklopstadium moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar na tagtig minute van gewone spel ’n gelykopuitslag is, word daar verder gespeel om te bepaal wie die wenner is. Aanvanklik word daar twee periodes van ekstra tyd gespeel, 10 minute in elke rigting: as daar dan steeds geen wenner is nie word daar vir tien minute gespeel in ’n uitklop-formaat, waar die eerste span wat daarin slaag om punte te behaal, wen. As daar steeds nie ’n wenner is na 110 minute nie word die wenner bepaal deur ’n stelskopkompetisie.<ref name="rules" />
 
=== 2011-effek op 2015-kwalifisering ===
Soos tydens die Rugbywêreldbeker 2007 het die top drie spanne in elke poel outomaties vir die volgende Rugbywêreldbeker 2015 in Engeland kwalifiseer. Hulle is: Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Nieu-Seeland, Samoa, Skotland, Suid-Afrika, Tonga en Wallis.
 
== Wedstrydbeamptes ==
| skeidsregter = Alain Rolland ([[Ierse Rugbyvoetbalunie|IRL]])
| speler van die wedstryd = [[Israel Dagg]] (NZL)
| notas = Nieu-Seeland se kaptein, [[Richie McCaw]] speel sy 100ste toetswedstryd teen Frankryk. Hy is die eerste [[All Blacks|All Black]] wat die eer te beurt val.
}}
 
| skeidsregter = [[Nigel Owens]] ([[Walliese Rugbyunie|WAL]])
| speler van die wedstryd = [[Piri Weepu]] (NZL)
| notas = [[Mils Muliaina]] speel in sy 100ste toetswedstryd, die tweede Nieu-Seelander wat dié mylpaal bereik.<ref>{{en}} {{cite news |last=Harper |first=Paul |url=https://www.nzherald.co.nz/rugby-world-cup-2011/news/article.cfm?c_id=522&objectid=10758019 |title=All Blacks: Muliaina's celebration cut out |newspaper=New Zealand Herald |date=10 Oktober 2011 |accessdate=2027 Oktober 2019 }}</ref>
}}
 
| skeidsregter = [[Wayne Barnes]] ([[Rugbyvoetbalunie|ENG]])
| speler van die wedstryd = [[Berrick Barnes]] (AUS)
| notas = [[Nathan Sharpe]] speel in sy 100ste toetswedstryd, die vyfde Australiër wat dié mylpaal bereik.<ref>{{en}} {{cite news |last=Smith |first=Wayne |url=https://www.theaustralian.com.au/sport/rugby-union/lock-nathan-sharpe-to-play-100th-test-for-wallabies-in-world-cup-play-off/news-story/3025aff26f4068bc616973e349887a32 |title=Lock Nathan Sharpe to play 100th Test for Wallabies, in World Cup play-off |newspaper=The Australian |date=19 Oktober 2011 |accessdate=2027 Oktober 2019 }}</ref>
}}
 
 
== Finale puntestand ==
Hierdie tabel toon die finale puntestand van al die 20 deelnemende nasionale rugbyspanne in die Rugbywêreldbeker 2011.<ref>{{en}} {{cite web |url=http://stats.espnscrum.com/statsguru/rugby/stats/index.html?class=1;orderby=won;spanmax1=31+Dec+2011;spanmin1=01+Jan+2011;spanval1=span;template=results;trophy=17;type=team | title=Rugby Union – Statsguru – Test matches – Team records |work=ESPNscrum |accessdate=2027 Oktober 2019}}</ref>
 
{| class="wikitable" style="text-align:center"