Verskil tussen weergawes van "Kortsprietsprinkaan"

geen wysigingsopsomming nie
(Versmelt met Treksprinkane)
 
Hordes voetgangers of rooibaadjies vorm 'n swerm en loop of spring op soek na nuwe voedsel nadat hulle alles in hul tuisveld opgeëet het. Die grootste skade word egter deur die volwasse treksprinkane aangerig. Hulle vlieg in digte swerms en land op plekke waar voedsel beskikbaar is. Alle eetbare plantegroei word dan verorber. Groot sprinkaanswerms wat gesaaides vernietig, is al sedert die oudheid bekend.
 
Omdat die swerms sulke groot skade kan aanrig, is dit belangrik dat die trekroete presies bepaal word. Die migrasieroete is hoofsaaklik van windrigtings afhanklik en moontlike landingsplekke kan van weervoorspellings afgelei en met insekdoder behandel word. Swerms kan ook per vliegtuig gevolg en hul landingsplekke met [[insekdoder]] bespuit word. 'n Beter metode, wat veral in die [[Karoo]] toegepas word, is om die beginpunte van swerms op te spoor en die voetgangers daar te vernietig. Vroeër het twee spesies treksprinkane groot skade aan [[Suid-Afrika]]anse landerye aangerig, naamlik die [[rooivlerksprinkaan]] (''Nomadacris septemfasciata'') en die [[bruintreksprinkaan]] (''Locustana pardalina'').
 
Die bruintreksprinkaan se enkelfase kom in die Karoo, die westelike dele van die [[Vrystaat]] en die suidelike dele van [[Namibië]] voor en die swerms wat hier ontstaan, kan oor die hele [[Suider-Afrika]] migreer. Die eiers word in droë grond gelê en broei kort ná die eerste somerreëns uit. Die eiers is baie bestand teen droogtes en kan etlike jare ondergronds bly.
2 127

wysigings