Gras: Verskil tussen weergawes

7 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
Etiket: 2017-bronwysiging
 
Benewens as veevoer word gras ook vir baie ander doeleindes gebruik. Kikoejoe (''Pennisetum clandestinu''m) is 'n geharde rankgras wat vir grasperke en sportvelde aangeplant word. Ander spesies wat vir grasperke gebruik word, is kweek ([[Cynodon dactylon]]), kentucky-blougras (''[[Poa pratensis]]''), wat teen ryp bestand is, en bruintopgras (Agrostis tenuis). Kweek word ook op mynhope aangeplant om erosie teen te werk. Die spesies Hyparrhenia miscanthidium word vir dekgras gebruik, terwyl die Danthonia-spesie vir matte, besems en mandjies gebruik word. Hoog groeiende grasse word dikwels rondom beddings aangeplant om as windbrekers te dien, terwyl ander spesies dikwels vir versiering in tuine aangeplant word. Een van die grasse is pampasgras (Ginerium argentium), wat digte wit pluime dra as dit in die blom is. Ander spesies is ''Eulalia japonica'' en vywergras (''Pennisetum ruppelii)''.
 
== VerwysingsBronne ==
 
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409494 band
 
 
{{en-vertaal|Poaceae}}
{{Normdata}}
 
[[Kategorie:Grasse| ]]
[[Kategorie:Soorte plante]]
32 330

wysigings