Verskil tussen weergawes van "Mayan Revival"

k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
'''Mayan Revival''' is 'n moderne argitektoniese styl wat hoofsaaklik gedurende die 1920's en 1930's in die Amerikas gewild geraak het.<ref>Marjorie Ingle: ''Mayan Revival Style: Art Deco Mayan Fantasy''. Salt Lake City, UT: Peregrine Smith Books 1984, bl. v</ref> Die styl is geïnspireer deur die boukuns en ikonografie van Voor-Kolumbiaanse Suid-Mexikaanse en [[Sentraal-Amerika]]anse beskawings en het kort voor die begin van die [[Art Deco|Art Deco-stylperiode]] gefloreer.
 
Sommige bekende argitekte het geboue in die Mayan Revival-styl ontwerp, onder wie [[Frank Lloyd Wright]] en sy seun loydLloyd Wright. Frank Lloyd Wright het die inspirasie vir sy ''Hollyhock House'', wat op die heuwelpiek ''Olive Hill'' in [[Los Angeles]] ontstaan het, in die tempels van Palenque gevind, terwyl die ''Imperial Hotel'' in [[Tokio]] soos 'n Sentraal-Amerikaanse [[piramide]] lyk. Die geometriese patrone, waarmee die fasades van geboue in Uxmal versier is, het as voorbeeld vir die argitek se tekstiele [[beton]]blokkies gedien wat 'n unieke karakter aan die fasades van ''Ennis House'', ''Millard House'', ''Storer House'' en ''Freeman House'' in Los Angeles gegee het.
 
Wright se seun, die argitek en landskapsargitek Lloyd Wright, was die konstruksiebestuurder vir drie van sy vader se vier tekstielblok-wonings. Onafhanklik daarvan het hy in 1926 die ikoniese ''[[John Sowden House]]'' in die Los Feliz-buurt van Sentraal-Hollywood, Los Angeles ontwerp.