Verskil tussen weergawes van "Northridge-aardbewing"

k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
== Episentrum ==
[[Lêer:Collapsed_Apartment_After_Northridge_Earthquake.jpg|duimnael|Die eerste P-golwe van die aardbewing het teen 'n spoed van 12 000 myl per uur beweeg. Sekondes later het geweldige S-golwe woonstelgeboue soos dié ineen laat stort en bewoners onder tonne [[beton]] begrawe. Let op die bouwyse - hierdie was 'n "sagte" gebou wat op betonpilare gerus het om parkering op grondvlak te bied en dus hoegenaamd nie bestand teen aardbewings nie]]
[[Lêer:FEMA_-_2816_-_Photograph_by_FEMA_News_Photo_taken_on_01-17-1994_in_California.jpg|duimnael|Strukture, wat van [[gewapende beton]] gebou is soos dié snelpadbrug en vanweë hul rekbaarheid as bestand teen aardbewings beskou word, het groter skade gely as deur strukturele ingenieurs verwag is]]
Die aardbewing het die [[San Fernandovallei]] getref, wat sowat 32 kilometer noordwes van Los Angeles se binnestad geleë is. Aanvanklik is vermeld dat die aardbewing se episentrum een myl suid-suidwes van die voorstad [[Northridge]] geleë was waarna dit ook vernoem is. Latere berekenings het egter na [[Reseda]] as die werklike episentrum verwys. Die Nasionale Geofisikaliese Datasentrum het die episentrum se koördinate as 34°12'47" Noord, 118°32'13" Wes bepaal.
 
105 579

wysigings