Verskil tussen weergawes van "Adolf Hitler"

Op 31 Julie 1940 het hy sy besluit om ook die [[Sowjetunie]] aan te val aan die opperkommando van die Duitse weermag bekend gemaak. Die oorlog teen die Sowjetunie, wat op 22 Junie 1941 begin het, het Hitler onder die skuilnaam ''Unternehmen Barbarossa'' as 'n vernietigingsveldtog beplan en gevoer om "lewensruimte" in die ooste te verower.
 
Tydens die Tweede Wêreldoorlog het die Duitse Nasionaal-Sosialiste en hul buitelandse ondersteuners ongekende massamisdade en volksmoorde gepleeg. Reeds in die somer van 1939 het Hitler die bevel gegee om die [[genadedood]] van volwassenes voor te berei. Tydens die sogenaamde ''Aktion T4'' is tussen September 1939 en Augustus 1941 meer as 70 000 sielsiekes en geestelik en liggaamlik gestremdes stelselmatig vermoor. Ander vorme van Nasionaal-Sosialistiese genadedood het ten minste 190 000 mense se lewens geëis.
 
In die Porajmos is na raming tot 500&nbsp;000 Sinti en [[Roma]] en in die [[Sjoa]] tussen 5,6 en 6,3 miljoen Jode vermoor. Hitler het persoonlik toestemming aan die belangrikste stappe van die Joodse volksmoord verleen en verslae oor die verloop daarvan aangevra.<ref>Ian Kershaw: ''Adolf Hitler und die Realisierung der nationalsozialistischen Rassenutopie.'' In: Wolfgang Hardtwig: ''Utopie und politische Herrschaft im Europa der Zwischenkriegszeit.'' München: Oldenbourg 2003, bl. 143</ref> Sy kriminele beleid en oorlogvoering het miljoene mense se lewens geëis, terwyl groot dele van Duitsland en Europa deur oorlog in puin gelê is.
Anonieme gebruiker