Verskil tussen weergawes van "Vlag van Meksiko"

13 grepe verwyder ,  4 maande gelede
k
Verwyder verouderde parameter: dead-url
k (+ Encyclopædia Britannica)
k (Verwyder verouderde parameter: dead-url)
In 1999 het die Meksikaanse president Ernesto Zedillo ’n program ter oprigting van reuse vlae dwarsdeur die land geloods. Hierdie ''banderas monumentales'' (monumentale vlae) is in verskeie stede en plekke, waarvan die meeste van groot belang vir die nasie is, deur die Sekretariaat van Nasionale Verdediging (''Secretaría de la Defensa Nacional'') opgerig. Volgens ’n dekreet wat op 1 Julie 1999 deur Zedillo uitgereik is, moes hierdie vlae in Meksikostad, [[Tijuana]], [[Ciudad Juárez]] en [[Veracruz, Veracruz|Veracruz]] opgerig word. Dié dekreet het ook bepaal dat die vlae 14,3&nbsp;meter by 25&nbsp;meter moet meet en aan vlagpale met ’n hoogte van 50&nbsp;meter gehys moet word. Nadat hierdie aanvanklike monumentale vlae opgerig is, het stede soos [[Ensenada, Baja California|Ensenada]], [[Nuevo Laredo]] en [[Cancún]] aansoek gedoen om hul eie monumentale vlae te hê. Kleiner vlae, ''banderas semi-monumentales'' genoem, is in kleiner stede en by verskeie opvoedkundige instellings opgerig.<ref>{{es}} [https://archive.is/20061126141003/http://www.leon.gob.mx/portal/modules/soapbox/article.php?articleID=675 Installment of semi-monumental flags in León, Guanajuato], 9 September 2005.</ref>
 
Soos op 22 Desember 2010 is die grootste Meksikaanse vlag wêreldwyd tans in Piedras Negras, [[Coahuila]].<ref>{{es}} {{cite web|url=http://www.milenio.com/node/606617 |archive-url=https://archive.is/20120905223742/http://www.milenio.com/node/606617 |dead-url=yes |archive-date=5 September 2012 |title=En Piedras Negras ondea la bandera de México más grande del mundo |publisher=Milenio.com |accessdate=20 Maart 2012}}</ref> Dit is aan die Gran Plaza (Great Plaza) regoor die Internasionale Brug I wat Piedras Negras met Eagle Pass, Texas, verbind, geleë. Die vlagpaal is 120 meter hoog en weeg 160 ton, wat dit die hoogste in [[Latyns-Amerika]] en een van die hoogste in die wêreld maak. Die vlag meet 60 by 34 meter en weeg 420&nbsp;kg.<ref>{{es}} {{cite web|author=Por Hilda Aguilar |url=http://www.zocalo.com.mx/seccion/articulo/en-piedras-negras-izan-bandera-mas-grande-del-mundo/ |title=En Piedras Negras, Izan Bandera más grande del mundo [ESPECIAL&#93;&nbsp;– 23/12/2010 &#124; Periódico Zócalo |publisher=Zocalo.com.mx |date=23 Desember 2010 |accessdate=20 Maart 2012}}</ref>
 
Meksiko se eerste groot monumentale vlag is in Mirador del Obispado in [[Monterrey]] (noordoos) met ’n vlagpaal van 120 ton en ’n hoogte van 100,6 meter gehys. Die vlag meet 50 by 28,6 meter en weeg 230 kilogram, vier keer groter as die meeste ander monumentale vlae destyds. Dit is op die spits van ''Cerro del Obispado'' (Biskopheuwel) met ’n hoogte van 775 meter bo [[seespieël]] (die stad se hoogte is 538&nbsp;meter).<ref>{{es}} [http://www.gobernacion.gob.mx/templetas/boletin.php?id=3684 Secretariat of Interior article] {{webarchive |url=https://web.archive.org/web/20080302024112/http://www.gobernacion.gob.mx/templetas/boletin.php?id=3684 |date=2 Maart 2008 }}</ref> In die stad [[Dolores Hidalgo]], [[Guanajuato]], is ’n ander monumentale vlag met ’n soortgelyke grootte (in vergelyking met Monterrey s’n); dié stad is die wieg van Meksikaanse onafhanklikheid.
297 108

wysigings