Verskil tussen weergawes van "Novalis"

Geen grootteverandering nie ,  1 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k
Etiket: 2017-bronwysiging
 
=== Opleiding ===
[[Lêer:Novalis-haus small.jpg|duimnael|Die Novalis-huis in Weißenfels waar die skrywer in 1801 oorlede is]]
[[Lêer:Novalisplaque.jpg|duimnael|'n Gedenktafel vir die skrywer is by sy huis in Freiberg aangebring]]
[[Lêer:Weissenfels Hardenberg Novalis.jpg|duimnael|Novalis se laaste rusplek in Weißenfels, deelstaat Sakse-Anhalt. Die borsbeeld is in 1901 deur Fritz Scheper geskep]]
Aanvanklik is huisleraars vir hom aangestel, waaronder Christian Daniel Erhard Schmid (1762-1812) wat later, aan die begin van sy akademiese opleiding in [[Jena]], ook een van sy dosente was. In 1790 het Novalis by die gimnasium in Eisleben onder leiding van rektor C. D. Jani skool gegaan. Hier het hy volgens die destydse kurrikulum onder meer onderrig in retoriek en antieke literatuur ontvang. In die ouderdom van twaalf het Novalis byna een jaar op die landgoed van sy oom Friedrich Wilhelm Freiherr von Hardenberg, 'n kommandeur van die [[Duitse Orde]], in Lucklum deurgebring nadat sy ma ná die geboorte van haar sesde kind ernstig siek geword het.
 
 
=== Dood ===
[[Lêer:Novalis-haus small.jpg|duimnael|Die Novalis-huis in Weißenfels waar die skrywer in 1801 oorlede is]]
Op 25 Maart 1801 is Friedrich von Hardenberg om een uur smiddags in Weißenfels, in die aanwesigheid van sy broer Karl en sy vriend Friedrich Schlegel, weens bloeding dood wat hy as gevolg van tuberkulose opgedoen het. Vermoedelik is hy deur Friedrich Schiller aangesteek terwyl hy hom versorg het. Waarskynlik het hy al in Augustus 1800 'n ongeneesbare longsiekte opgedoen sodat hy sy beroep nie meer kon uitoefen nie. Onlangse navorsing dui daarop dat hy moontlik aan sistiese fibrose, 'n genetiese siekte, oorlede is. Hierdie hipotese word gesteun deur die feit dat Novalis reeds van kindsbene af aan longontstekings en liggaamsverswakking gely het.
 
 
== Literêre werk ==
[[Lêer:Novalisplaque.jpg|duimnael|'n Gedenktafel vir die skrywer is by sy huis in Freiberg aangebring]]
[[Lêer:Weissenfels Hardenberg Novalis.jpg|duimnael|Novalis se laaste rusplek in Weißenfels, deelstaat Sakse-Anhalt. Die borsbeeld is in 1901 deur Fritz Scheper geskep]]
Novalis was 'n onvermoeide, kreatiewe en peinsende skrywer wat as een van die beduidendste verteenwoordigers van die vroeë Duitse Romantiek beskryf word. Vir hom was net 'n kort leeftyd beskore om sy talent te ontdek en verder te ontwikkel. Friedrich von Hardenberg, wat omvattende kennis in natuurwetenskappe, die regte, filosofie, politiek en ekonomie opgedoen het, het al vroeg met sy skryfwerk begin. Werke, wat in sy jeugjare ontstaan het, toon dat hy uiters belese en welopgevoed was.