Verskil tussen weergawes van "Vetplant"

2 181 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Inligting bygewerk
(Inligting bygewerk)
Die terme "vetplant" of "sukkulent" word dikwels gebruik, hoewel 'n goeie definisie eintlik ontbreek. Dit is dalk beter oor "sukkulensie" te praat as 'n ''eienskap'' wat 'n plant in seker mate kan besit. Een van die probleme is dat sukkelente in verskillende biome en habitatte kan voorkom.
 
Hulle kan in droë streke soos die [[Karoo]] aangetref word, wat min maar wel reëlmatig reënkry, maar dikwels nie in regte woestyne waar reënval baie onreëlmatig is nie. Droër plekke in vogtiger streke of plekke met hoë soutgehaltes of selfs op bome in 'n reënwoud kan nogtans ook vetplante oplewer. Hulle kan dus byvoorbeeld [[xerofiet]]e, [[halofiet]]e of [[epifiet]]e wees en is nie kenmerkend aan een bepaalde [[bioom]] nie.
 
Daar is nogtans 'n taamlik algemene misvatting dat "[[xerofiet]]" en "sukkulent" sinonieme is. Vetplante is nie soos [[Xerofiet|xerofiete]] aan droogte self aangepas nie, maar aan ''tydelike'' droogte.<ref name="vW">Life Strategies of Succulents in Deserts: With Special Reference to the Namib Desert {{Outeur|Dieter J. von Willert}} CUP Archive, 1992,ISBN 0521244684, ISBN 978-0-521-24468-8</ref>
 
Von Willert probeer om 'n definisie te gee wat pleks van die verwantskap of die bioom op die [[fisiologie]] en anatomie van die plant gerig is:
 
{{cquote|'n '''Sukkulent''' is 'n plant wat tenminste een sukkulente weefsel bevat}}
Benewens water bevat hierdie selle heelwat suiker en organiese sure. By die halofitiese sukkulente word ook heelwat soute in die selsap aangetref. Die waterhoudende weefsels kan op verskillende plekke geleë wees. By plante van die genera ''Anabasis'', ''Kleinia'' en ook talle ander word hierdie weefsel in die bas aangetref, terwyl dit by 'n groot aantal kaktusse in die murg in die middel van die stingel aangetref word.
 
Tipiese xeromorfe (aangepas by droë omstandighede) eienskappe van vetplante is klein, skubvormige blare, wat soms tot dorings of hare gewysig is, die goed ontwikkelde vervoerweefsel van die oppervlakkige wortels, die relatief klein oppervlakte van die weefsels waarin transpirasie en [[fotosintese]] plaasvind, en die dik kutikule en ingesinkte huidmondjies van die [[epidermis]].
 
Die huidmondjies van baie vetplante gaan slegs in die nag oop sodat waterverlies deur transpirasie tot 'n minimum beperk word. By 'n aantal vetplante van die familie ''Cactaceae'' (kaktusse), die ''Crassulaceae'' (plakkies) en die ''Aizoaceae'' (vygies) is die proses van fotosintese effens gewysig as aanpassing by die droë omstandighede. By hierdie plante word stysel snags omgesit in organiese sure (malonsuur en isositroensuur), en tydens die proses word 'n hoeveelheid [[koolsuurgas]] (CO<sub>2</sub>) gebruik.
Al die [[Kaktus|kaktusse]] (familie ''Cactacea''), plakkieagtiges (''Crassulaceae'') en die meeste vygieagtiges (familie ''Aizoaceae'') is vetplante. Met uitsondering van die genus ''Rhipsalis'', wat in [[Afrika]] aangetref word, kom alle kaktusse in Amerika voor. 'n Geweldige verskeidenheid vorme word aangetref en byna almal is stingelsukkulente, met ander woorde die stingel dien as bergorgaan vir water en die blare is dikwels tot hare of dorings gereduseer. Een van die bekendste genera van die kaktusse is ''Opuntia'', die litjieskaktusse waarvan enkele spesies na ander wêrelddeleversprei het en in die droë dele van Suider-Afrika 'n ernstige probleem geword het.
 
Die [[vygieagtiges]] (familie ''Aizoaceae'') is grotendeels tot die droë westelike dele van [[Suider-Afrika]] beperk, en ook die meeste plakkieagtiges (familie ''Crassulaceae'') word in Afrika aangetref. Verteenwoordigers van 'n aantal ander families soos die [[melkbosfamilie]] (''Asclepiadaceae'') en veral die [[naboomfamilie]] (familie ''Euphorbiaceae'') is ook vetplante.
 
== Voorkoms ==
[[Lêer:Issoleie.jpg|duimnael|''Ranunculus glacialis'']]
Daar is ses soorte gebiede waar vetplante groei.
# Gebiede met droë tydperke wat nie te lank is nie en wat min vriesende temperature in die groeiseisoen het.
#: Vetplante ontbreek byvoorbeeld in Sentraal Asië, Oos-Siberië en Patagonië vanweë die aanhoudende koue
# Brakgronde
#: Dit kan aan die kus of die binneland wees. Halofiet-vetplante soos [[vygies]] het anderse aanpassings as ander vetplante
# Die hoë en sonnige krone van die [[tropiese reënwoud]]
#: Hierdie habitat kan wissel van droë na natte seisoene
# In gematigde streke: plekke waar yskoude water na die oppervlak kom
#: In die Alpe groei byvoorbeeld ''Saxifraga spp.'' op sulke plekke
# In gematigde streke: gronde wat maklik uitdroog, soos growwe sandgronde
#: Hier word byvoorbeel ''Spergula'', ''Sedum'' of ''Sempervivum'' aangetref
# Naby die sneeugrens in hoë gebergtes
#: In die Alpe word byvoorbeeld ''Ranunculus glacialis'' aangetref.
 
# Gebiede met droë tydperke wat nie te lank is nie en wat min vriesende temperature in die groeiseisoen het.
Die temperatuur speel hierin ook 'n belangrike rol omdat dit in die koue moeiliker is vir 'n plant om water op te neem. Dit verklaar ook waarom talle bladwisselende bome hul blare in die winter verloor.
 
#: Vetplante ontbreek byvoorbeeld in [[Sentraal-Asië|Sentraal Asië]], Oos-[[Siberië]] en [[Patagonië]] vanweë die aanhoudende koue
 
# Brakgronde
 
#: Dit kan aan die kus of die binneland wees. Halofiet-vetplante soos [[vygies]] het anderse aanpassings as ander vetplante
 
# Die hoë en sonnige krone van die [[tropiese reënwoud]]
 
#: Hierdie habitat kan wissel van droë na natte seisoene
 
# In gematigde streke: plekke waar yskoude water na die oppervlak kom
 
#: In die [[Alpe]] groei byvoorbeeld ''Saxifraga spp.'' op sulke plekke
 
# In gematigde streke: gronde wat maklik uitdroog, soos growwe sandgronde
 
#: Hier word byvoorbeel ''Spergula'', ''Sedum'' of ''Sempervivum'' aangetref
 
# Naby die sneeugrens in hoë gebergtes
 
#: In die Alpe word byvoorbeeld ''Ranunculus glacialis'' aangetref.
 
Die [[temperatuur]] speel hierin ook 'n belangrike rol omdat dit in die koue moeiliker is vir 'n plant om water op te neem. Dit verklaar ook waarom talle bladwisselende bome hul blare in die winter verloor.
 
== Hoe word water opgegaar? ==
‘n Groot deel van die [[weefsel]] van vetplante bestaan uit spesiale “waterselle", wat so baie water absorbeer dat hulle heeltemal opgeswel raak. Die water kan in die [[Blaar|blare]] opgegaar word, bv. by ons inheemse aalwyne en garingbome en ook by die meer bekende ''crassulas'' e''n lithops'' of [[Beeskloutjie|beeskloutjies]]. Normaalweg is dit egter die stam van die plant wat as 'n opgaarplek gebruik word. Die kaktusse, turksvye en nabome in [[Suid-Afrika]] is voorbeelde van stamsukkulente.
 
Hulle het byna geen blare nie (hoewel hulle tog aanwesig kan wees by die jong plante), en as daar wel blare is, is dit in die vorm van dorings. Aangesien die plante moet fotosinteer om te leef, is die stamme aangepas om hierdie funksie uit te voer, en die groen kleur van die buitenste weefsel is die gevolg van die aanwesigheid van [[chlorofil]]. Aangesien dit ook vir hierdie plante nodig is om die verlies aan water deur transpirasie te voorkom, het die stamme 'n baie dik [[Opperhuid|epidermis]] (opperhuid) waarin die stomata (huidmondjies) op groot afstande van mekaar lê.
 
'n Ander faktor wat help om die verlies aan water te voorkom, is dat die totale [[oppervlakte]] van die stam wat aan die [[Aarde se atmosfeer|lug]] blootgestel is, baie kleiner is as die van die blare van 'n normale plant van vergelykbare grootte. Baie vetplante het ook 'n dik haargroei op die blare en stamme. Hierdie hare is in werklikheid droë, dooie weefsel; hul funksie is om 'n laag onbeweeglike lug in kontak met die plant te hou om sodoende te voorkom dat die plant water verloor, en ook as beskerming teen die [[Hitte-uitputting|hitte]] van die woestynson.
 
Die vetplante van die [[woestyn]] moet hulle ook beskerm teen diere, wat maar te graag hul dors sou wou les deur van hierdie sappige, groen plante te eet. Die meeste van hierdie plante het egter ʼn gedugte doringbeskerming wat baie doeltreffend is om hulle teen bokke en ander diere te beskerm. Die [[naboom]] van [[Afrika]] het ook nog 'n irriterende melk of sap wat dit oneetbaar maak.
 
== Bronne ==
 
* KENNIS, 1980, ISBN 0798108258, volume 3, bl. 494, 495
 
* Wêreldspektrum, 1982, ISBN 0908409699, volume 28, bl. 144, 145
 
2 127

wysigings