Verskil tussen weergawes van "Archimedes"

20 grepe bygevoeg ,  11 maande gelede
Inligting bygewerk
(in)
(Inligting bygewerk)
Nog 'n legende is dat hy die spiraalwaterpomp ontwerp het, maar dis bekend dat die Egiptenare al vroeër sulke pompe vir besproeiingsdoeleindes gebruik het. Dit is moontlik dat Archimedes een van hierdie pompe in [[Egipte]] gesien het en later in Sirakuse een gebou het om daarmee te eksperimenteer. Dit is 'n spiraal wat baie presies in 'n silinder pas; as die spiraal gedraai word, kan dit water pomp. Dit word ook in stoomlokomotiewe gebruik om steenkool vanaf die kolewa na die vuurkas in die lokomotief te stoot.
 
Waarvoor Archimedes die meeste roem verwerf het, is sy wet dat ʼn voorwerp wat in 'n vloeistof gedompel word, 'n skynbare verlies aan massa ondergaan. Daar word gepraat van 'n "skynbare" massaverlies, want in so 'n geval is 'n werklike massaverlies natuurlik nie moontlik nie. Wat gebeur, is dat die vloeistof 'n opwaartse krag op die voorwerp uitoefen, sodat dit ligter word. Hierdie skynbare verlies aan massa is gelyk aan die [[massa]] van die vloeistof wat verplaas word.
 
Hierdie wet het hy geformuleer nadat koning Hieron hom opdrag gegee het om die suiwerheid van die goud in ʼn kroon te bepaal sender om die kroon te beskadig. Daar word vertel dat Archimedes baie hard oor die probleem nagedink het. Toe hy op 'n dag in die bad klim, merk hy op dat die watervlak in die bad styg, en dis waar hy die idee gekry het. Hy het glo nakend in die straat afgehardloop en geskreeu:
 
== Wiskundige en ander wetenskaplike bydraes ==
Archimedes het omwenteIingsliggame bestudeer. Wanneer ons byvoorbeeld 'n ronde kartonskyf vinnig om sy middellyn laat draai, sal dit soos 'n bal lyk. Ons se dan die omwentelingsliggaam van 'n [[sirkel]] is 'n [[sfeer]]. Die spiraal van Archimedes is ʼn meetkundige figuur met interessante eienskappe. Hy het ook gevind dat as 'n bal in 'n silinder pas en die hoogte van die [[silinder]] dieselfde is as die deursnee van die bal, dan is die [[volume]] van die bal twee derdes die van die [[silinder]].
 
Archimedes het baie waarde aan hierdie ontdekking geheg en dit was sy laaste wens dat 'n silinder met 'n bal daarin, tesame met die verhouding van die volumes, op sy grafsteen uitgekap moet word. Hy het ʼn metode gevind om die oppervlakte van ʼn sirkel te bereken. Daarmee het hy ook die waarde van die getal ([[pi]]) bepaal as ʼn getal wat tussen 3<sup>1</sup>/<sub>7</sub> en 3<sup>10</sup>/<sub>71</sub> lê. Die getal (pi) is die omtrek van enige sirkel gedeel deur sy middellyn. Archimedes het ook belangrike bydraes op die gebied van die [[hidrostatika]], [[sterrekunde]] en [[meganika]] gelewer.
2 127

wysigings