Verskil tussen weergawes van "Roald Amundsen"

6 121 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Inligting bygewerk
k (thumb → duimnael)
(Inligting bygewerk)
=== Herkoms ===
[[Lêer:Aan de Zuidpool - p1913-160.jpg|duimnael|250px|Roald Amundsen en sy span doen wetenskaplike waarnemings aan die Suidpool.]]
Roald Amundsen was die vyfde kind en vierde seun van die skeepseienaar Jens Amundsen en sy vrou Gustava Sahlquist. Sy vader het in die 1850's 'n fortuin met die slawehandel tussen [[China]] en [[Sentraal-Amerika]] verdien. Gustava Amundsen, die dogter van 'n administratiewe amptenaar wat sestien jaar jonger as haar man was, was eweneens in China woonagtig waar ook hul eerste seun, Jens Ole Amundsen, in 1866 gebore is. Eers daarna het die egpaar na Noorweë teruggekeer en in 'n huis in Hvidsten sowat vyftig kilometer suid van Kristiania (tans [[Oslo]]) ingetrek. In 1868 en 1870 is nog twee seuns, Gustav en Leon, gebore. Roald was hul vierde seun wat in 1872 gebore is. Sy naam is Oud-Noors en beteken letterlik "die Glorieryke".
 
Eers daarna het die egpaar na [[Noorweë]] teruggekeer en in 'n huis in Hvidsten sowat vyftig kilometer suid van Kristiania (tans [[Oslo]]) ingetrek. In 1868 en 1870 is nog twee seuns, Gustav en Leon, gebore. Roald was hul vierde seun wat in 1872 gebore is. Sy naam is Oud-Noors en beteken letterlik "die Glorieryke".
 
<br />
 
== Vaart ==
Reeds in die [[16de eeu v.C.|16de]] en [[17de eeu|17de eeue]] het ontdekkingsreisigers soos Frobisher, Davis, Hudson en Baffin tevergeefs probeer om langs die noordkus van [[Kanada]] 'n seeroete deur die Noordelike Yssee tussen die [[Atlantiese Oseaan|Atlantiese]] en die [[Stille Oseaan]] te vind. In die [[19de eeu]] is nog meer pogings aangewend, maar niemand het daarin geslaag om die Noordwestelike Deurgang te vind nie, en dit het begin lyk asof die ideaal nooit verwerklik sou word nie.
 
Met die geldelike hulp van onder andere Nansen het Amundsen 'n jag met 'n lengte van 22 meter aangeskaf, wat hy die ''Gjöa'' gedoop bet. Nadat dit vir poolreise toegerus was, het by en ses makkers op [[16 Junie]] [[1903]] op hul vaart vertrek. Die vaart deur die eilandewêreld van die [[Arktiese Oseaan|Noordelike Yssee]] het byna drie jaar geduur; die manne het twee winters in 'n baaitjie van Koning Wilhelmeiland, naby die magnetiese [[Noordpool]], deurgebring en belangrike navorsingswerk in verband met die [[magnetisme]] van die [[aarde]] gedoen.
 
In hierdie tyd het Amundsen by die Eskimo's geleer hoe 'n mens met ʼn hondeslee deur die yswoestyne kan reis - ondervinding wat hom jare later tydens sy Suidpool-ekspedisie baie goed te pas sou kom. In die somer van [[1906]] het die ''Gjöa'' deur die [[Beringstraat|Bering-seestraat]] gevaar en op 30 Augustus die hawe Nome in Alaska bereik. Dit was die eerste keer dat die Noordwestelike Deurgang gebruik is om van [[Europa]] na [[Alaska]] te vaar.
 
== Nuwe planne ==
Na sy welslae met die ontdekking van die Noordwestelike Deurgang was Amundsen die gevierde poolreisiger van sy tyd. Sy volgende oogmerk was om die geografiese Noordpool te bereik. Net soos Nansen wou by deur die [[Arktiese Oseaan|Noordelike Yssee]] na die pool dryf. Hy het egter geweet dat by gou sou moes maak, want ander ontdekkingsreisigers het dieselfde doel voor oë gehad. Sy voorbereidsels was reeds byna voltooi toe die nuus hom bereik dat die Amerikaner Peary die Noordpool bereik het.
 
Die gevolg was dat Amundsen sy belangstelling in die [[Noordpool]] verloor en besluit het om suidwaarts pleks van noordwaarts te seil en deur die yswoestyn van [[Antarktika]] die [[Suidpool]] te probeer bereik. Weer eens het die beroemde Nansen die jong man daadkragtig ondersteun. Hy het selfs die Fram, waarmee by sy eie poolekspedisie onderneem het, tot Amundsen se beskikking gestel, en Amundsen en sy geselskap van 22 man kon op [[6 Julie]] [[1910]] vertrek op die ekspedisie wat hulle soveel roem besorg het.
 
Amundsen het sy planne goed geheim gebou, maar toe by uiteindelik vertrek, was die ekspedisie van die beroemde Britse poolreisiger kaptein [[Robert Scott-gedenkteken|Robert Scott]] ook reeds op pad n[[Antarktika|a Antarktika]]. Amundsen bereik die Suidpool Net soos Scott het Amundsen gemeen dat die Baai van Walvisse naby Koning Eduard-eiland die geskikste plek sou wees om as basis vir die reis na die [[Suidpool]]. te dien. In die middel van Januarie 1911 het sy skip deur die dik yslae van die [[Rosssee]] gedring, en Amundsen en sy manne kon ongeveer 1 350 km van die pool af land.
 
Hy het voorrade, noodhulpmiddele en 120 sleehonde afgelaai en 'n vaste basiskamp (Framheim) ingerig, waarin nege man twee jaar lank gewag het op die terugkeer van die Fram. 'n Paar maande lank het Amundsen die ysgebiede wat voor hom uitgestrek gelê het, deeglik ondersoek. Elke keer het by 'n entjie verder gegaan en terselfdertyd agtereenvolgens op 80°, 81 ° en 82° suiderbreedte noodskuilings met voorrade en noodverpleegmiddele ingerig.
 
Op [[20 Oktober]] [[1911]], toe die lente in [[Antarktika]] aanbreek (die gemiddelde [[Temperatuur|temperatu]]<nowiki/>ur was nog altyd ongeveer 30°C benede die vriespunt) het Amundsen met 'n geselskap van vier die tang tog na die pool aangepak. Aanvanklik het hulle vinnig met die hondeslee gevorder. Scott het ponies gebruik om sy slee te trek. Amundsen het egter bewys dat Eskimobonde beter geskik is vir pooltoestande, want by het 'n groter gemiddelde [[snelheid]] gehandhaaf.
 
Nadat Amundsen en sy geselskap die groot kusgebergte met sy reusagtige gletsers na 'n uitputtende tog van negentien dae oorgesteek het, was daar geen verdere struikelblokke nie. Hulle het orals langs die pad bakens opgerig sodat bulle maklik op bul spore kon terugkeer. Op [[14 Desember]] [[1911]] het bulle met behulp van sterrekundige waarnemings vasgestel dat bulle die Suidpool bereik het.
 
Scott het net meer as 'n maand later, op [[17 Januarie]] [[1912]], by die [[Suidpool]] aangekom en moes teleurgesteld die terugreis aanpak. Amunds en hulle het dieselfde pad op die terugtog as op die heenreis gevolg en Framheim 99 dae na hul vertrek bereik. In hierdie tyd het hulle 'n afstand van 2 700 km afgelê.
 
== Verdere ondernemings ==
Gedurende die [[Eerste Wêreldoorlog]] was Noorweë neutraal, en Amundsen het 'n fortuin as skeepseienaar gemaak. Dit het hom in staat gestel om 'n nuwe skip te laat toerus, die Maud, wat 'n bietjie groter en sterker as die Fram was. Met hierdie skip wou hy deur die [[Beringstraat|Bering-straat]] na [[Groenland]] reis. As gevolg van onvoorsiene terugslae kon die vaart soos Amundsen dit in gedagte gehad het, egter eers in [[1922]] begin.
 
In [[1924]] het die Maud, onder aanvoering van kaptein Wisting, die moeilike vaart voltooi, maar Amundsen self kon die tog nie meemaak nie. Intussen het die vliegkuns ontwikkel en Amundsen het die moontlikhede van hierdie nuwe vervoermiddel ten opsigte van poolreise ingesien. Hy het sy vlieglisensie gekry en die [[Noordpool]] per vliegtuig probeer bereik. Sy eerste poging, in 1922, om van Alaska oor die Noordpool na Spitsbergen te vlieg, het weens 'n landingsongeluk misluk.
 
Verdere pogings in [[1923]] en 1924 het ook misluk. Eers in [[1926]] het hy daarin geslaag om oor die [[Arktiese Oseaan|Noordelike Yssee]] en die [[Noordpool]] te vlieg. Na hierdie geslaagde vlug het Amundsen, wat toe al 54 was, geen verdere ontdekkingsreise onderneem nie en hom in [[Bunnefjord]] gaan vestig.
 
== Nalatenskap ==
 
== Verwysings ==
 
* KENNIS, 1980, ISBN 0798108258, volume 3, bl. 518, 519
{{CommonsKategorie}}
{{Verwysings}}
2 127

wysigings