Verskil tussen weergawes van "Rayleigh-verstrooiing"

geen wysigingsopsomming nie
Die sterk golflengte-afhanklikheid sorg ook daarvoor dat [[blou]] lig meer verstrooid word as [[rooi]] lig: blou lig se golflengte is ongeveer twee keer so kort as dié van rooilig en dus word blou lig sestien maal beter verstrooid as rooi lig. Dit het tot gevolg dat mens in die [[atmosfeer]] 'n klein deel blou lig van alle kante kan sien, terwyl die res van die sonlig hoofsaaklik uit die rigting van die [[son]] kom blyk te kom.
 
'n Belangrike uitsondering kan waargeneem word tydens [[]sonsopgang]] en [[sonsondergang]], wanneer die sonlig 'n groter afstand moet aflê deur die atmosfeer voordat dit die grond bereik. Die ekstra afstand deur die atmosfeer veroorsaak nog meer verstrooiing van blou lig en steeds minder verstrooiing van rooi lig. Die gevolg is 'n duidelike rooi skynsel in die hemel in die rigting van die son. In 'n verswakte vorm van die effek veroorsaak die verswakking van blou lig vir 'n geelkleurige son.
 
Wanneer die deeltjies groters is as die golflengte van lig, is die mate van verstrooiing nie meer afhanklik van die golflengte nie. Sulke verskynsels kan die lig dus nie in verskillende kleure skei nie. Dit kan gesien word in 'n wolk (die waterdruppels is groter as die golflengte van lig) wat in die dag wit voorkom. Ander voorbeelde sluit in [[suiker]], [[sout]] en [[melk]].
603

wysigings