Verskil tussen weergawes van "Baksteen"

185 grepe bygevoeg ,  7 maande gelede
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
 
== Geskiedenis ==
{{cquote|''Argitektuur begin wanneer twee bakstene sorgvuldig aanmekaargesit word.''<br /><small>[[Ludwig Mies van der Rohe]]<ref>[https://www.stadtsatz.de/zitat-mies-van-der-rohe-moderne-architektur/ ''stadtsatz.de: Moderne Architektur | Zitat Mies van der Rohe. Besoek op 18 November 2019'']</ref></small>}}
 
Bakstene is 'n gewilde medium vir die bou van geboue, en voorbeelde van steenwerk dateer uit die antieke geskiedenis so ver terug as die Bronstydperk. Die eerste weergawes van die baksteen was ongebakte modder- of kleistene wat in die son uitgedroog is. Sulke tipe steen is al teen 7500 v.C. in [[Mesopotamië]] en in die Indusvallei gebruik. Deur die gedroogte stene in oonde te bak, word die los kleikorreltjies tot 'n soliede stuk keramiek omvorm. Hierdie tipe steen word dan 'n baksteen genoem, en is baie sterker en meer verweerbestand as die rou ongebakte stene. Die oudste baksteen uit Mesopotamië en die Indusvallei dateer vanuit ongeveer 5000 v.C., alhoewel dit eers teen omtrent 3000 v.C. was dat dit op groot skaal as boumateriaal gebruik is. Aanvanklik is die stene met die hand gemaak en redelik onreëlmatig gevorm, maar daar is mettertyd van 'n bakvorm gebruik gemaak, wat gesorg het dat die stene almal rofweg dieselfde afmetings en vorm het.