Verskil tussen weergawes van "Seks"

5 314 grepe bygevoeg ,  1 maand gelede
Uitgebrei, nog besig
(Uitgebrei, nog besig)
(Uitgebrei, nog besig)
Vingerseks sluit in die manipulasie van die klitoris, res van die vagina of anus met die doel van seksuele prikkeling of stimulasie; dit kan die hele seksdaad uitmaak of deel wees van wedersyde masturbasie, voorspel of ander seksuele aktiwiteite.<ref name="Kinetics">{{cite book| author = Human Kinetics | title = Health and Wellness for Life| publisher = Human Kinetics | year = 2009 | page = 207 | accessdate = 11 Oktober 2013|isbn = 978-0736068505| url =https://books.google.com/books?id=2GZ7N4wOeGYC&pg=PA207}}</ref><ref name="Hite">{{cite book|last=Hite|first=Shere|title=The Hite Report: A Nationwide Study of Female Sexuality |publisher=Seven Stories Press|year=2003|location=New York, NY|pages=512 pages|isbn=978-1-58322-569-1|accessdate=2 Maart 2012|url=https://books.google.com/?id=s3OZaVn2wfkC&lpg=PP1}}</ref><ref name="Carroll2">{{cite book | title =Sexuality Now: Embracing Diversity | publisher = Cengage Learning | year = 2009 | pages = 118, 252, and 264 | accessdate =23 Junie 2012 | url = https://books.google.com/?id=5f8mQx7ULs4C&pg=PA118&lpg=PA118|isbn =978-0-495-60274-3| first = Janell L. | last = Carroll}}
</ref>
 
===Voortplanting===
[[Beeld:Female reproductive system.svg|200px|duimnael|links|Voortplantingstelsel in die vrou:
<br />1.&nbsp;Nier; 2.&nbsp;Nierbekken; 3.&nbsp;Urienleier; 4.&nbsp;Eierleier; 5.&nbsp;Eierstok; 6.&nbsp;Baarmoeder; 7.&nbsp;Blaas; 8.&nbsp;Serviks; 9.&nbsp;Vagina]]
Natuurlike menslike voortplanting behels penis-vaginale [[penetrasie]]<ref name="Evan Jones">{{cite book|title=Human Reproductive Biology|isbn =978-0120884650|publisher=Academic Press|year=2006|pages=604 pages|accessdate=8 November 2012|url=https://books.google.com/?id=pfiZfui2XLIC|author1=Richard Evan Jones |author2=Kristin H. López }}</ref> waartydens semen, wat manlike [[Gameet|gamete]] bekend as [[sperm]]a bevat, deur [[ejakulasie]] van die penis in die vagina gestort word. Die sperma beweeg deur die vaginale kanaal en die [[serviks]] na die [[baarmoeder]] en dan die [[eierleier]]s.
 
Miljoene sperma kom in elke ejakulasie voor om die kans van bevrugting te vergroot, maar net een hoef ’n [[eiersel]] te bereik vir bevrugting om plaas te vind. Wanneer ’n vrugbare eiersel in die eierleier teenwoordig is, versmelt die manlike gameet met die eiersel vir bevrugting en die vorming van ’n nuwe [[embrio]]. Wanneer ’n bevrugte eiersel die baarmoeder bereik, heg dit vas aan die slymvlies aan die wand daarvan en [[swangerskap]] begin.<ref name="Evan Jones"/><ref name="Starr3">{{cite book| author = Cecie Starr|author2= Beverly McMillan|title = Human Biology| publisher = Cengage Learning | year = 2015 | page = 339| accessdate = 27 Desember 2017 |isbn = 978-1305445949| url =https://books.google.com/books?id=lS5-BAAAQBAJ&pg=PT339}}</ref>
 
Die kans op swangerskap is die grootste tussen sowat vyf dae voor en een tot drie dae ná [[ovulasie]].<ref>Pages.242,374 in: {{cite book|title=Taking Charge of Your Fertility|url=https://archive.org/details/takingchargeofyo00toni|url-access=registration|last=Weschler|first=Toni|publisher=HarperCollins|year=2002|isbn=978-0-06-093764-5|edition=Revised|location=New York|pages=[https://archive.org/details/takingchargeofyo00toni/page/359 359–361]}}</ref> Om die moontlikheid van swangerskap te verhoog word seksuele omgang elke een tot twee dae aanbeveel,<ref>{{cite web|url=https://www.mayoclinic.org/healthy-lifestyle/getting-pregnant/in-depth/how-to-get-pregnant/art-20047611|title=How to get pregnant|website=Mayo Clinic|date=2016-11-02|accessdate=2018-02-16}}</ref> of elke twee of drie dae.<ref>{{cite web|url=https://www.nice.org.uk/guidance/cg156/ifp/chapter/trying-for-a-baby|title=Fertility problems: assessment and treatment, Clinical guideline [CG156]|website=National Institute for Health and Care Excellence|accessdate=2018-02-16}} Gepubliseer: Februarie 2013.</ref> Navorsing het getoon die seksposisie maak nie ’n aansienlike verskil in die moontlikheid van bevrugting nie, solank semen in die vagina gestort word.<ref name=americanpregnancy>{{cite web|url=http://americanpregnancy.org/getting-pregnant-ebook/p7M7O0q1c71703C/gettingpregnant.pdf|title=The Essential Guide to Getting Pregnant|website=American Pregnancy Association|author=Dr. Philip B. Imler & David Wilbanks}}</ref>
 
Wanneer ’n [[spermskenker]] seks met ’n vrou het wat nie sy maat is nie met die blote doel om haar swanger te maak staan dit bekend as natuurlike inseminasie, in teenstelling met [[kunsmatige inseminasie]]. Laasgenoemde is ’n metode om swangerskap te bewerkstellig op kunsmatige of halfkunsmatige maniere.<ref name="Bobick and Balaban">{{cite book|author1=James Bobick |author2=Naomi Balaban |title=The Handy Anatomy Answer Book|isbn=978-1578593286|publisher=Visible Ink Press|year=2008|pages=306–307|accessdate=21 Augustus 2013|url=https://books.google.com/books?id=LBI2Sg2yYMoC&pg=PA305}}</ref> Vir kunsmatige bevrugting kan spermskenkers hulle sperma skenk deur ’n [[spermbank]], en die inseminasie word gedoen met die uitsluitlike doel om die vrou te bevrug; in dié mate is dit die mediese ekwivalent van seksuele omgang.<ref name="Sharma">{{cite book|author=R.K. Sharma|title=Concise Textbook Of Forensic Medicine & Toxicology|isbn=978-8131211458|publisher=Elsevier India|year=2007|pages=113–116|accessdate=13 Oktober 2013|url=https://books.google.com/books?id=_zAwlKX_zNwC&pg=PA113}}</ref><ref name="O'Toole">{{cite book|author=Mosby, Marie T. O'Toole|title=Mosby's Medical Dictionary|isbn=978-0323112581|publisher=Elsevier Health Sciences|year=2013|page=138|accessdate=13 Oktober 2013|url=https://books.google.com/books?id=aW0zkZl0JgQC&pg=PA138}}</ref>
 
Ook gay en lesbiese pare kan van kunsmatige bevrugting gebruik maak. Soms verkies gay mans om ’n [[surrogaatma]] te gebruik; lesbiërs kan kies tussen skenkerinseminasie of ’n surrogaatma.<ref name="Berkowitz">{{cite journal |vauthors=Berkowitz D, Marsiglio W | year = 2007 | title = Gay Men: Negotiating Procreative, Father, and Family Identities | url = | journal = Journal of Marriage and Family | volume = 69 | issue = 2| pages = 366–381 | doi = 10.1111/j.1741-3737.2007.00371.x }}</ref><ref name="Burda">{{Cite book| author = Joan M. Burda| title = Gay, lesbian, and transgender clients: a lawyer's guide | publisher = American Bar Association| year = 2008 |pages =69–74| isbn = 978-1-59031-944-4|accessdate=28 Julie 2011|url=https://books.google.com/?id=QdzB1f8Y8Q8C&pg=PA69}}</ref>
 
== Verwysings ==