Verskil tussen weergawes van "Seks"

6 442 grepe bygevoeg ,  4 maande gelede
Uitgebrei, nog besig
(Uitgebrei, nog besig)
(Uitgebrei, nog besig)
 
===Tieners===
Tieners gebruik seks algemeen vir verhoudings- en ontspanningsdoeleindes, en dit kan ’n negatiewe óf positiewe uitwerking op hulle lewe hê. Hoewel tienerswangerskappe in sommige kulture verwelkom word, word dikwels daarop neergesien. Volgens navorsing plaas die vroeëre begin van puberteit by kinders groot druk op tieners om soos volwassenes op te tree voordat hulle emosioneel en kognitief daarvoor gereed is.<ref name="sex lives3">{{cite book| title=The Sex Lives of Teenagers| isbn=978-0-452-28260-5| last=Ponton| first=Lynn| authorlink=Lynn Ponton| year=2000| page=[https://archive.org/details/sexlivesofteenag00lynn/page/3 3]| publisher=Dutton Publishing| url=https://archive.org/details/sexlivesofteenag00lynn/page/3}}</ref>
 
Sommige studies toon veral meisies wat seksuele omgang het, ondervind meer stres en depressie en dat meisies meer geneig as seuns is om seksueel riskant te wees, soos om seks sonder ’n kondoom te hê.<ref name="DiClemente">{{cite book| author = Ralph J. DiClemente| author2 = John S. Santelli| author3 = Richard A. Crosby|title = Adolescent Health: Understanding and Preventing Risk Behaviors| publisher = John Wiley & Sons | year = 2009 | pages = 521–522| accessdate = 7 Desember 2014 |isbn = 978-0470452790| url =https://books.google.com/books?id=KcrwY8eCwcQC&pg=PT521}}</ref><ref name="Abaied">{{cite book| author = Jamie L Abaied| author2 = Deepika Anand| author3 = Tracey L Auster| author4 = Daniel BE|title =The Oxford Handbook of Depression and Comorbidity| publisher = Oxford University Press | year = 2014 | page = 450 | accessdate = 7 Desember 2014 |isbn = 978-0199797004| url =https://books.google.com/books?id=hzpsAwAAQBAJ&pg=PA450}}</ref> Dit kan egter wees dat verdere navorsing nodig is.<ref name="Abaied"/> In sommige lande word seksopvoeding op skool gegee; dié programme is omstrede, want baie mense reken seksopvoeding is die plig van ouers en voogde.<ref name="Ryan">{{cite book| author =Kevin Ryan| author2 =James Cooper|title =Those Who Can, Teach|publisher = Cengage Learning | year = 2008 | page = 110 | accessdate = 9 Desember 2014 |isbn = 978-0547204888| url =https://books.google.com/books?id=rqmdR6Xrgq8C&pg=PA110}}</ref>
 
Volgens die psigiater Lynn Ponton het alle tieners ’n sekslewe, of hulle seks met ander, met hulleself of skynbaar geen seks het nie. Deur tieners se seksualiteit as ’n potensieel positiewe ervaring te beskou, eerder as iets inherent gevaarliks, kan jong mense gehelp word om gesonder patrone te ontwikkel en positiewer keuses oor seksuele aktiwiteit te maak.<ref name="sex lives3" /> Volgens sommige navorsers kan langtermyn- romatiese verbindings tieners die vermoë help ontwikkel om later in hulle lewe verhoudings van goeie gehalte hê.<ref>Madsen S., Collins W. A. (2005). Differential predictions of young adult romantic relationships from transitory vs. longer romantic experiences during adolescence. Presented at ''Biennial Meeting of the Society for Research on Child Development'', Atlanta, Georgia.</ref>
 
==Etiese, godsdienstige en wetlike sienings==
[[Beeld:Erotic scenes Louvre G13 n4.jpg|thumb|260px|’n Erotiese skildery op ’n antieke Griekse [[kylix]].]]
Hoewel seksuele omgang, as koïtus, die natuurlike metode van voortplanting by die mens is, het mense ingewikkelde morele en etiese riglyne wat die beoefening daarvan reguleer. Dit verskil volgens [[godsdiens]]tige en [[Reg|landswette]]. Sommige regerings en godsdienste het ook streng aanduidings van "paslike" en "onpaslike" seksuele gedrag, wat insluit beperkings op soorte seks wat toelaatbaar is.
 
===Seksuele misdade===
Seks met iemand teen sy of haar wil, of sonder instemming, is [[verkragting]], maar kan ook "seksuele aanranding" genoem word; dit word in die meeste lande as ’n ernstige [[misdaad]] beskou.<ref name="Sex and Society">{{cite book|author=Marshall Cavendish Corporation | title = Sex and Society | publisher = Marshall Cavendish Corporation | year = 2010 | pages = 143–144 | accessdate = 25 Augustus 2013|isbn = 978-0-7614-7906-2|url =https://books.google.com/books?id=aVDZchwkIMEC&lpg=PA143}}</ref><ref name="Greenberg2">{{cite book|author=Jerrold S. Greenberg|author2=Clint E. Bruess|author3=Sarah C. Conklin| title = Exploring the Dimensions of Human Sexuality| publisher = Jones & Bartlett Learning | year = 2010 | page = 515 | accessdate = 25 Augustus 2013|isbn = 978-0-7637-7660-2|url =https://books.google.com/books?id=1NC5R0RozBYC&lpg=PA515}}</ref> Meer as 90% van verkragtingslagoffers is vroue, 99% van verkragters is mans en net 5% van verkragters is vreemdelinge vir hulle slagoffers.<ref name="Greenberg2"/>
 
Die meeste lande het ’n toestemmingsouderdom wat bepaal hoe oud iemand moet wees om wettige seks te hê, gewoonlik 16 tot 18, maar dit wissel van 12 tot 20 jaar. In sommige gemeenskappe word die toestemmingsouderdom bepaal deur niestatutêre gebruike en tradisies.<ref name="Kinnear">{{cite book|author=Karen L. Kinnear| title = Childhood Sexual Abuse: A Reference Handbook| publisher = ABC-CLIO | year = 2007 | page = 89 | accessdate = 25 Augustus 2013|isbn = 978-1-85109-905-4|url =https://books.google.com/?id=V1rogCrcOMwC&printsec=frontcover&dq=#v=onepage&q=&f=false}}</ref> Seks met ’n persoon jonger as dié ouderdom word, ongeag of hulle toestemming gegee het, dikwels beskou as seksuele aanranding of statutêre verkragting, soms afhangend van die verskil tussen die twee partye se ouderdom.
 
[[Beeld:Slevogt Faun and a Girl.jpg .jpg|thumb|links|’n Uitbeelding van verkragting, deur Max Slevogt.]]
Sommige lande beskou enige seks met ’n persoon met onvoldoende verstandelike vermoëns om toestemming te gee, ongeag ouderdom, as verkragting.<ref>{{cite journal |last=Reed|first=E. J.|title=Criminal Law and the Capacity of Mentally Retarded Persons to Consent to Sexual Activity |journal=Virginia Law Review |year=1997|volume=83|issue=4 |pages=799–827|jstor=1073749|doi=10.2307/1073749}}</ref>
 
Robert Francoeur et al. sê "voor die 1970's het die definisies van verkragting dikwels net penis-vaginale seksuele omgang ingesluit".<ref name="Francoeur">{{cite book | title = The Continuum Complete International Encyclopedia of Sexuality | publisher = Continuum International Publishing Group | year = 2004 | page = 173 | accessdate = 30 April 2013|isbn = 978-0826414885| url =https://books.google.com/books?id=PQMTzc6y8ZAC&pg=PA173 | first1 = Robert T. | last1 = Francoeur | first2 = Raymond J. | last2 = Noonan | first3 = Beldina | last3 = Opiyo-Omolo | name-list-format = vanc }}</ref><ref name="Kalbfleisch">{{cite book|vauthors= Kalbfleisch PJ, Cody MJ| title = Gender Power and Communication in Human Relationships | publisher = Routledge | year = 2012 | page = 153 | accessdate = 30 April 2013|isbn = 978-1136480508| url = https://books.google.com/books?id=LyMo1RUJwj0C&pg=PA153}}</ref> Dit is dikwels as seksuele aanranding gedefinieer.<ref name="Plummer">{{cite book| author = Ken Plummer | title = Modern Homosexualities: Fragments of Lesbian and Gay Experiences | publisher = Routledge | year = 2002 | pages = 187–191 | accessdate = 24 Augustus 2013|isbn =978-1134922420 | url=https://books.google.com/books?id=OSO3q4XEfz4C&pg=PA189}}</ref> Mettertyd het die betekenis van verkragting in sommige dele van die wêreld breër geword om baie ander soorte dade teen iemand se wil in te sluit, soos anale ses, orale seks en penetrasie van die vagina of anus met ’n ander voorwerp as ’n penis.<ref name="Francoeur"/> Dit het ook in [[Suid-Afrika]] gebeur. Die Suid-Afrikaanse wysigingswet op seksuele misdade van 2007 het nuwe definisies vir verkragting daargestel met ’n genderneutrale basis.<ref>{{cite news |url=http://www.southafrica.info/services/rights/sexual-offences-bill3.htm |title=Sex crimes bill partly enacted |first=Gabi |last=Khumalo |date=19 Desember 2007 |agency=BuaNews |accessdate=28 Junie 2011}}</ref> Dit het die definisie van verkragting as penis-vaginale penetrasie vervang om onder meer alle seks sonder instemming in te sluit; dit het ook die toestemmingsouderdom vir hetero- en homoseksuele op 16 vasgestel.
 
Daar is gewoonlik ook wette teen [[bloedskande]], of seks met ’n nabye familielid, selfs al gee albei partye toestemming.<ref>{{citation|doi=10.1093/hrlr/ngu023|title=Roffee, J. A. (2014). No Consensus on Incest? Criminalisation and Compatibility with the European Convention on Human Rights}}.</ref> Nog algemeen verbode seksdade is [[bestialiteit]] en [[nekrofilie]].<ref name="DSM">{{cite book |title=Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders: DSM-IV | publisher = American Psychiatric Association |location=Washington, D.C. |year=2000 |pages= |isbn=978-0-89042-025-6 |oclc= |doi=}}</ref><ref name="Milner2008">{{cite book |veditors = Laws DR, O'Donohue WT |last-author-amp = yes | last = Milner | first = JS |author2=Dopke CA | title = Sexual Deviance: Theory, Assessment, and Treatment | publisher = The Guilford Press | location = New York | year = 2008 | pages = [https://books.google.com/books?id=yIXG9FuqbaIC&pg=PA385 384–418] |isbn=978-1-59385-605-2 |oclc= |doi=| chapter = Paraphilia Not Otherwise Specified: Psychopathology and theory}}</ref><ref name="Seto2000">{{cite book |editor = Hersen M |editor2 = Van Hasselt VB | title = Aggression and violence: an introductory text |publisher= Allyn & Bacon |location=Boston |year=2000 |pages= 198–213 |isbn=978-0-205-26721-7 |oclc= |doi=| last = Seto| first = MC|author2=Barbaree HE | chapter = Paraphilias}}</ref>
 
== Verwysings ==