Verskil tussen weergawes van "Seks"

10 904 grepe bygevoeg ,  4 maande gelede
Klaar vertaal
(Uitgebrei, nog besig)
(Klaar vertaal)
 
In November 2006 het die [[Parlement van Suid-Afrika]] die Wetsontwerp op Burgerlike Verbintenisse 230-41 goedgekeur waardeur die regtelike instrument van 'n "vrywillige verbintenis van twee persone" geskep is wat "deur óf 'n huwelik óf 'n burgerlike verbintenis voltrek en geregistreer word". Die wet spesifiseer nie of die verbintenis of huwelik tussen heteroseksuele of homoseksuele persone aangegaan word nie.<ref>{{en}}''[https://pridelegal.com/laws-za-htm/ PrideLegal.com: Huwelik en burgerlike verbintenis]''</ref>
 
===Godsdiensaspekte===
Daar is uiteenlopende verskille tussen godsdienstige sienings oor seks binne en buite die huwelik.
 
*Die meeste denominasies in die [[Christendom]], insluitende die [[Rooms-Katolieke Kerk]], het streng sienings oor watter seksuele praktyk aanvaarbaar is of nie.<ref name="Akin">{{Cite book|author=Daniel L. Akin| title = God on Sex: The Creator's Ideas About Love, Intimacy, and Marriage| year = 2003| publisher = B&H Publishing Group |pages= 1–291 | isbn = 978-0805425963|url=https://books.google.com/books?id=dInbMZK18soC|accessdate=21 Oktober 2015}}</ref> Die meeste sienings word deur verskillende interpretasies an die [[Bybel]] beïnvloed.<ref name="Hollinger">{{cite book| author =Dennis P. Hollinger|title =The Meaning of Sex: Christian Ethics and the Moral Life|publisher = Baker Academic | year = 2009 | pages = 30–33 | accessdate = 9 Desember 2014 |isbn = 978-0801035715| url =https://books.google.com/books?id=86tzBQAAQBAJ&pg=PA30}}</ref> Sommige kerke beskou seks buite die huwelik as ’n [[sonde]]; in sulke gevalle word seks soms as iets heiligs tussen ’n man en vrou beskou.<ref name="Akin"/><ref name="Hollinger"/> Histories het Christelike leerstellinge dikwels [[selibaat]] voorgestaan,<ref name="Denton">{{cite book| author =Chad Denton|title =The War on Sex: Western Repression from the Torah to Victoria|publisher = McFarland | year = 2014 | pages = 107–117 | accessdate = 9 Desember 2014 |isbn = 978-0547204888| url =https://books.google.com/books?id=Cl6QBQAAQBAJ&pg=PA107}}</ref> hoewel net sekere lede van sommige groepe (soos sekere godsdiensleiers) vandag ’n eed van selibaat aflê en afstand doen van die huwelik en enige seksuele aktiwiteit.<ref name="Hollinger"/> Die Bybel kan vertolk word as dat dit penis-vaginale seks as die enigste aanvaarbare seksuele praktyk onderskryf,<ref name="Kamitsuka">{{cite book| author =Margaret D. Kamitsuka|title =The Embrace of Eros: Bodies, Desires, and Sexuality in Christianity|publisher = Fortress Press | year = 2010 | pages = 16–17 | accessdate = 9 Desember 2014 |isbn = 978-1451413519| url =https://books.google.com/books?id=VhIrHceA7ssC&pg=PA16}}</ref><ref name="Knauss">{{cite book| author =Stefanie Knauss|title =More Than a Provocation: Sexuality, Media and Theology|publisher = Vandenhoeck & Ruprecht | year = 2014 | page = 69 | accessdate = 9 Desember 2014 |isbn = 978-3525604502| url =https://books.google.com/books?id=mv9NAwAAQBAJ&pg=PA69}}</ref> terwyl die Bybel volgens ander vertolkings nie duidelik is oor orale of enige ander spesifieke soort seks nie; volgens laasgenoemde vertolkings is dit ’n persoonlike keuse of orale seks binne die huwelik aanvaarbaar is.<ref name="Kamitsuka"/><ref name="Barnes">{{cite book| author =Robert G. Barnes| author2 =Rosemary J. Barnes|title=Great Sexpectations: Finding Lasting Intimacy in Your Marriage |publisher = Zondervan | year = 1996 | page = 66 | accessdate = 9 Desember 2014 |isbn = 978-0310201373| url =https://books.google.com/books?id=LX8f73I7NTYC&pg=PA66}}</ref><ref name="Scheepers">{{cite book| author =Christo Scheepers|publisher = Struik Christian Media|title=Between the Covers: Sexual freedom through the bond of marriage | year = 2012 | page = 53 | accessdate = 8 Desember 2014 |isbn = 978-1415320563| url =https://books.google.com/books?id=LJzpAwAAQBAJ&pg=PT53}}</ref> Sommige kerke beskou die gebruik van geboortebeperking om voortplanting te verhinder as ’n groot sonde teen [[God]] en die huwelik, omdat hulle glo die hoofrede van die huwelik is om kinders te kry, terwyl ander kerke dit nie glo nie.<ref name="Oliphant">{{cite book| author =Jill Oliphant|title =OCR Religious Ethics for AS and A2|publisher = Routledge | year = 2010 | page = 213 | accessdate = 1 September 2015 |isbn = 978-1136992919| url=https://books.google.com/books?id=VmJd87byr1AC&pg=PT213}}</ref>
** As ’n huwelikseremonie in die Rooms-Katolieke Kerk plaasvind, maar dit word nie volvoer nie, om watter rede ook al, word die huwelik beskou as ''ratum sed non consummatum''. So ’n huwelik kan deur die [[pous]] nietig verklaar word.<ref name="d'Avray">{{cite book| author =D. L. d'Avray|title =Rationalities in History: A Weberian Essay in Comparison|publisher = Cambridge University Press | year = 2010 | pages = 177–178 | accessdate = 1 September 2015 |isbn = 978-1139490504| url =https://books.google.com/books?id=AwcYPAqSp2gC&pg=PA177}}</ref>
** In die [[Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae]] word seks binne die huwelik as heilig beskou. Seks is volgens hulle deur God ingestel vir die skepping van kinders en die uitdrukking van liefde tussen ’n man en vrou. Lede word ontmoedig om seks voor die huwelik te hê en om ontrou aan ’n huweliksmaat te wees.<ref name="Swatos">{{cite book| author =William H. Swatos| author2 =Peter Kivisto|title=Encyclopedia of Religion and Society|publisher =Rowman Altamira| year = 1998 | page = 464 | accessdate = 9 Desember 2014 |isbn = 978-0761989561| url =https://books.google.com/books?id=6TMFoMFe-D8C&pg=PA464}}</ref>
** [[Shakers]] glo seksuele omgang is die wortel van alle kwaad en dat alle mense dus selibaat moet wees, insluitende getroude pare. Die oorspronklike Shaker-gemeenskap wat in 1840 ’n hoogtepunt met 6&nbsp;000 volle lede bereik het, het teen 2009 net drie lede gehad.<ref>{{cite news|title=The Last Ones Standing|author=Chase, Stacey|date=23 Julie 2006|newspaper=The Boston Globe|url=http://www.boston.com/news/globe/magazine/articles/2006/07/23/the_last_ones_standing/?page=full}}</ref>
* In [[Judaïsme]] word van ’n getroude man verwag om sy vrou te voorsien van seksuele plesier, wat ''onah'' (letterlik "haar tyd") genoem word. Dit is een van die voorwaardes wat hy aanvaar as deel van die Joodse huwelikskontrak wat hy tydens die huwelikseremonie aan haar gee. In Joodse sienings van die huwelik is seksuele begeerte nie boos nie, maar dit moet op die regte tyd, plek en manier bevredig word.<ref name="Zilney">{{cite book| author =Laura J. Zilney| author2 =Lisa Anne Zilney|title=Perverts and Predators: The Making of Sexual Offending Laws|publisher =Rowman & Littlefield| year = 2009 | pages = 7–8| accessdate = 9 Desember 2014 |isbn = 978-0742566248| url =https://books.google.com/books?id=Zo-h9D1gqOsC&pg=PA8}}</ref>
* [[Islam]] beskou seks binne die huwelik as genotvol, ’n spirituele aktiwiteit en ’n plig.<ref name=columbia/><ref name=islam>Abdul Rahman bin Abdul Karim al-Sheha. Islamic Perspective of Sex (2003) Saudi Arabia. {{ISBN|9960-43-140-1}}</ref><ref name=islam2>Fatima M. D'Oyen. The Miracle of Life. (2007) Islamic Foundation (UK). {{ISBN|0-86037-355-X}}</ref> Moslemmans, beide [[Sjia|Sjiiete]] en [[Soenni]]ete, word toegelaat om met tot vier vroue permanent te trou. In Sjia-Islam kan mans ’n onbeperkte hoeveelheid tydelike huwelike aangaan, wat van ’n paar minute tot verskeie jare kan duur en waarin seks toelaatbaar is. Soennivroue kan net een permanente huwelik op ’n keer aangaan en Sjiavroue beide permenent en tydelik. Seks buite die huwelik en die hou van byvroue, asook owerspel, anale seks en homoseksualiteit is verbode.<ref>{{cite book |last1=Joseph |first1=Suad |last2=Naǧmābādī |first2=Afsāna |title=Encyclopedia of Women and Islamic Cultures: Family, Law and Politics |date=2003|publisher=BRILL|page=454 |isbn=9789004128187|url=https://books.google.com.bd/books?id=4Uyypm6T7ZsC&pg=PA454|language=en}}</ref><ref>{{cite book |last1=al-Qaradawi |first1=Yusuf |title=The Lawful and the Prohibited in Islam: الحلال والحرام في الإسلام |date=2013|page=20|publisher=The Other Press |isbn=9789670526003 |url=https://books.google.com.bd/books?id=iXCNAQAAQBAJ&pg=PA20|language=en}}</ref><ref>{{cite book |last1=Simon |first1=Rita James |last2=Brooks |first2=Alison |title=Gay and Lesbian Communities the World Over |date=2009|page=17|publisher=Rowman & Littlefield |isbn=9780739143643 |url=https://books.google.com.bd/books?id=AGlGTAXlAcsC&pg=PA17|language=en}}</ref>
* In [[Hindoeïsme]] is daar wisselende sienings van seksualiteit, maar in die algemeen word seks buite die huwelik as immoreel en skandelik beskou.<ref name=columbia>Don S. Browning, Martha Christian Green, John Witte. Sex, marriage, and family in world religions. (2006) Columbia University Press. {{ISBN|0-231-13116-X}} [https://books.google.com/books?id=qkNE8pRQoboC&pg=PA227]</ref>
* [[Boeddhisme|Boeddhistiese]] etiek, in sy algemeenste formulering, reken ’n mens behoort nie sensuele plesier na te streef nie, want dit hou jou gebonde aan die siklus van geboorte en die dood, [[samsara]], en keer dat jy [[nirwana]] bereik. Aangesien Boeddhistiese [[monnik]]e heeltemal oorgehaal is om hierdie doel te bereik, bly hulle selibaat. Ander monastiese opleidingsreëls verbied masturbasie, wellustige aanraking en gesprekke met mense van die teenoorgestelde geslag, en ander vorme van seksuele aktiwiteit. Boeddhistiese niegeestelikes onderneem die [[Vyf Voorskrifte]], waarvan die derde een is om seksuele wangedrag te vermy, en dus nie ander leed aan te doen met jou seksuele gedrag nie. Owerspel is die duidelikste oortreding van die voorskrif. Ander is om seks met ’n verloofde vrou te hê of iemand wat nog deur ’n familielid beskerm word, asook verkragting en bloedskande.<ref>Harvey, Peter. ''An Introduction to Buddhist Ethics: Foundations, Values and Issues''. Cambridge, 2000: 71-72.</ref> Boeddhistiese geskrifte bevat geen ander reëls of aanbevelings vir niegeestelikes wat betref masturbasie, homoseksualiteit en voorbehoedmiddels nie. Latere Boeddhistiese skrywers soos Nagarjuna gee verskeie verklarings en aanbevelings.<ref>Harvey, Peter. ''An Introduction to Buddhist Ethics: Foundations, Values and Issues''. Cambridge, 2000: 71-74.</ref>
* In die [[Baha’i]]geloof word seks net tussen ’n man en vrou toegelaat.<ref>Kenneth E. Bowers. God Speaks Again: An Introduction to the Baha'i Faith. (2004) Baha'i Publishing. {{ISBN|1-931847-12-6}}</ref>
* Aanhangers van [[Wicca]] leer "om die Godin se aanbidding in die hart te laat wees wat hom verheug "omdat alle dade van liefde en plesier die Godin se rituele is." Dit laat aanhangers skynbaar toe om sensualiteit en plesier te verken. Hulle word aangemoedig om verantwoordelik met seks te wees, op watter manier dit ook al plaasvind.<ref>Hans Holzer. The Truth about Witchcraft (1971) Doubleday. bl. 128. {{ISBN|0-09-004860-1}}</ref>
 
In sommige gevalle word seks tussen twee mense beskou as teen godsdienswette en leerstellings. In baie godsdiensgemeenskappe, soos die Rooms-Katolieke Kerk en [[Mahayana]]-Boeddhisme, word van godsdiensleiers verwag om hulle van seks te onthou sodat hulle hulle volle aandag, energie en lojaliteit aan hulle godsdienspligte kan wy.<ref>William Skudlarek. Demythologizing Celibacy: Practical Wisdom from Christian and Buddhist Monasticism. (2008) Liturgical Press. {{ISBN|0-8146-2947-4}}</ref>
 
== Verwysings ==