Verskil tussen weergawes van "Drakensberge"

3 921 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Inligting bygewerk
Etiket: 2017-bronwysiging
(Inligting bygewerk)
[[Sneeu]]val kom gereeld voor in die winter, terwyl mis en reën die hele jaar kan voorkom.
 
Die [[Royal Natal Nasionale Park|Koninklike Natalse Nasionale Park]] is een van die mees bekende in [[Suid-Afrika]]. Naas die oorsprong van die Tugelarivier en die tweede hoogste waterval ter wêreld, die [[Tugelawaterval]] (912 meter), spog die park met meer as 170 voëlspesies, waaronder die bedreigde [[baardaasvoël|lammervanger]]. Die sentrale gedeelte van die bergreeks beskik oor 'n groot aantal voetslaanpaaie, wat ook toegang bied tot die [[rotskuns]] van die Boesmans.
 
Die [[UKhahlamba-Drakensbergpark|uKhahlamba]] of Nasionale Drakensbergpark in [[KwaZulu-Natal]] is deur [[Unesco]] in [[2000]] as [[wêrelderfenisgebied]] gelys.
 
[[Lêer:GiantsCastlePanoramaSmall.jpg|duimnael|senter|800px|'n Panoramiese uitsig oor Giant's Castle]]
[[Lêer:The Escarpment and the Drakensberg.jpg|duimnael|300 px|'n Kaart van Suid-Afrika wat die sentrale plato gekant deur die Groot Platorand, en sy verhouding met die Kaapse-Vouberge na die suide toon. Die gedeelte van die [[Groot Platorand]] in rooi staan bekend as die Drakensberge.]]
 
Van die vloer gesien, lyk die Drakensberge na 'n rysige ketting bergspitse. As 'n mens egter te voet langs een van die steil, kronkelende paadjies opstap wat soms tussen die duisend meter hoë rotswande opstyg, en jy kom uiteindelik bo op die rand van die tafel uit, sien 'n mens na die weste 'n vergesig van dor rante en kronkelende rivierklowe.
 
Dan word dit duidelik dat die Drakensberge eintlik net een kant het, en dat die massiewe wande en steil hellings aan die oostekant daarvan geen eweknie aan die westekant het nie. Skaars 90 kilometer van die Natalse kus skiet die hoogte bo seevlak tot meer as 3 300 meter, maar daarvandaan daal die landskap geleidelik oor die hoogland van [[Lesotho]] na die Vrystaatse vlaktes, sowat 300 kilometer na die noordweste.
 
Die Drakensberg-platorand maak deel uit van 'n eskarp wat van [[Zimbabwe]] af suidwaarts loop deur [[Gauteng]] en [[KwaZulu-Natal]]. Uitlopers daarvan sien 'n mens in die [[Amatholeberge|Amatolaberge]] en die [[Kompasberg|Kompas]]- en [[Tandjiesberg]] in die [[Oos-Kaap]]. Hier swaai die eskarp weswaarts tot by die [[Bokkeveldberg|Bokkeveldberge]] in die [[Wes-Kaap]], en dan noord deur [[Namakwaland]] en [[Namibië]] tot in [[Angola]].
 
Die platorand is op sy duidelikste sigbaar in [[Mpumalanga]], waar die [[Hoëveld]] skerp wegval na die Laeveld, en ook in Natal, waar die hoogteverskil tussen die hooglande van [[Lesotho]] en die Natalse laaglande so skielik en geweldig is dat selfs loodregte wande, soos die 1 500 meter hoë Amfiteater by Mont-aux-Sources, nie ongewoon is nie. 'n Mens moet in gedagte hou dat die hooglande van Lesotho nie massas is wat bo-op die Natalse en Kaaplandse vlaktes opgestapel het nie, maar wel die laaste, hardste oorblyfsels van 'n eens baie hoër landmassa.
 
Op klein skaal kan 'n mens vir jou 'n voorstelling van hierdie tipe landvorming maak deur 'n klip met 'n gelyk grondlaag te bedek en dan water van bo af daarop uit te giet. Die grond sal wegspoel en die klip sal mettertyd bokant die grondoppervlak uitstaan. In die geval van die Drakensberge was die geologiese proses natuurlik uiters stadig. 'n Formasie soos die Amfiteater, waar die [[Tugelarivier]] 'n groot hap uit die platorand verweer het, het oor 'n tydperk van miljoene jare ontstaan.
 
Die twee opvallendste rotssoorte in die Natalse Drakensberge is [[sandsteen]] en basalt. Die sogenaamde grotsandsteen, waaruit die voetheuwels (of Kleinberg) bestaan, is 'n roomkleurige, wit en selfs oranje gesteente wat soms tot skouspelagtige vorme verweer, soos die honderd meter hoë torings wat 'n mens by [[Elliot]], in Noordoos-Kaap, sien. Die rotstipe word ook nie verniet grotsandsteen genoem ·nie. Die horisontale Jae vorm dikwels bakkranse, en in rotsskuilings onder die oorhange is daar nog vol op tekens van die vroegste Drakensbergbewoners: die wande van talle bakkranse is ryklik met rotstekeninge versier.
 
In teenstelling met die growwer, korrelriger Tafelbergsandsteen, wat waarskynlik deur waterafsetting gevorm is, het die Drakensberge se sandsteen 'n fyn, digte struktuur. Dit is blykbaar deur windafsetting gevorm, wat daarop dui dat die tans so waterryke Natalse landstreek in die vroegste tye die sandstorms van woestyntoestande geken het. Bo-op die sandsteenlae rus bruin en grys basalt, 'n jonger rotstipe. Die geweldige dik basaltlaag (in Lesotho soms tot 1 300 meter dik) is die oorblyfsel van magtige strome vulkaniese uitvloeiings wat deur skeure in die [[aarde]] se oppervlak gebars het en bo-oor die sandsteenlae gevloei het.
 
Die proses het hom telkens herhaal, sodat duidelike lae of terrasse teen bv. [[Cathedralpiek|Cathedral-piek]] gesien kan word. Namate die basalt afgekoel het, het gasborrels in die rotse uitgekristalliseer tot die agaat, kalsiet en seoliet wat bergklimmers nogal dikwels in die Drakensberge optel.
<br />
== Etimologie ==
Die Afrikaanse naam Drakensberge kom van die naam wat die vroegste Nederlandse setlaars dit gegee het. Hulle het dit ''Die Drakensbergen'' genoem. Verskeie moontlike redes vir hierdie naam sluit in die puntige toppe wat soortgelyk is aan die agterkant van die mitiese Europese draak, ou plaaslike legende waarvolgens dit die tuiste van vuurspuwende drake sou wees, en moontlike bevindings van [[dinosourus]] [[Fossiel|fossiele]] (wat miskien verwar was met die oorblyfsels van drake).<ref name="visi_Drak" />
 
== Verwysings ==
 
* KENNIS, 1980, ISBN 0798108266, volume 4, bl. 786
{{Verwysings|verwysings=
<ref name="visi_Drak">{{Cite web | title = Drakensbergen in Kwazulu-Natal | trans-title = | author = | work = visitafricanow.com | date = | accessdate = 2018-04-26 | url = http://www.visitafricanow.com/zuid-afrika/Kwazulu%20Natal/kw_n_drakenb.php | language = nl | quote = }}</ref>
2 127

wysigings