Verskil tussen weergawes van "Stadhouer"

45 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Etiket: 2017-bronwysiging
[[Lêer:Antonio Moro - Willem I van Nassau.jpg|duimnael|[[Willem van Oranje]] was 'n stadhouer gedurende die [[Nederlandse Opstand]] teen die [[Spaanse Ryk]] gewees.]]
In die [[Lae Lande]] was 'n '''stadhouer''' ([[Nederlands]]: ''stadhouder''; [[Nederlands]]e fonetiese uitspraak: ˈstɑtˌɦʌudər) 'n amp van rentmeesterskap. Die houer van die amp was aanvanklik as 'n aangewese middeleeuse amptenaar bekend, en daarna as 'n nasionale leier. Die stadhouer was die plaasvervanger van die plaaslike hertog of graaf van 'n provinsie gedurende die Boergondiese en Habsburgse tydperke (1384 - 1581/1795).<ref>[https://www.britannica.com/topic/stadtholder Stadtholder]</ref> Die titel is gebruik vir die beampte wat daarmee getaak is om vrede en orde in die vroeë [[Nederlandse Republiek]] te handhaaf, wie soms die ''de facto'' [[staatshoof]] van die Nederlandse Republiek gedurende die 16de tot 18de eeu geword het, en wat effektiewelik 'n oorerflike rol was. Vir die laaste halwe eeu van sy bestaan het dit 'n amptelike oorerflike rol geword, en dus as 'n monargie (hoewel nie 'n monargiese titel nie) onder Prins [[Willem IV, prins van Oranje|Willem IV]] gefunksioneer. Sy seun, prins [[Willem V, prins van Oranje|Willem V]] was die laaste ''stadhouer'' van die republiek, wie se eie seun, koning [[Willem I van Nederland|Willem I]] die eerste koning van Nederland sou word.<ref>A W Ward ed., ''The Cambridge History of British Foreign Policy I'' (Cambridge 1922) p. 482</ref> Die [[Nederlandse monargie]] is slegs verlangs verwant aan die eerste ''stadhouer'' van die jong Republiek, [[Willem van Oranje]] - wat die leier van die suksesvolle [[Nederlandse Opstand]] teen die [[Spaanse Ryk]] was. Sy afstammingsleer het egter met [[Willem III van Engeland]] uitgesterf. Die titel ''stadhouer'' is ongeveer vergelykbaar met Engeland se historiese titel, ''Lord Lieutenant''.
 
== Etimologie ==
''Stadhouer'' beteken ''rentmeester'' of in losser betekenis, ''opsigter''. Die deelkomponente daarvan kan letterlik as ''plekhouer'' vertaal word (in moderne [[Nederlands]] dra ''stad'' dieselfde betekenis as die [[Afrikaans]]e woord ''stad'', maar die ouer betekenis van ''stad'' - ook ''stede'' - was ''plek'', en dit is aanduidend van die Engelse woord ''"stead"'', soos bedoel in die betekenis van "in plaas van"). Dit was 'n term wat in gebruik was vir 'n ''opsigter''. <ref>[http://www.etymologiebank.nl/trefwoord/stadhouder Entry ''Stadhouder''] in M. Philippa ''et al.'' (2003–2009) ''Etymologisch Woordenboek van het Nederlands''. Etymologiebank.nl.</ref>
 
==Bronne ==
 
*''Van Dale Etymologisch Woordenboek'' (Nederlandse etimologie, in Nederlands)
 
== Eksterne skakels ==
 
==Eksterne skakels==
*[http://www.worldstatesmen.org/Netherlands.htm WorldStatesmen – the Netherlands]
*[https://www.amazon.co.uk/dp/0006861563 Simon Schama – Patriots and Liberators: : Revolution in the Netherlands, 1780–1813]
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
{{Normdata}}
28 741

wysigings