Kompas: Verskil tussen weergawes

3 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
(Inligting bygewerk)
 
Die noord wat deur ʼn kompasnaald aangedui word, is die magnetiese noord en nie die geografiese noord nie. Die magnetiese [[Noordpool]] lê tans op 77˚ N en 102˚ W op die Bathurst-eiland in Melville Sound, NNW van die [[Boothia|Boothia-skiereiland]] in [[Kanada|Noord-Kanada]], maar dit verander gedurig van posisie. Dit is egter belangrik vir vlieëniers, seevaarders en wetenskaplikes om die posisie van die geografiese noord te weet. Om dit vas te stel, word ʼn giroskopiese kompas gebruik.
 
As hierdie instrument eers presies ingestel is op die geografiese noord, word dit nie, soos die magnetiese kompas, beïnvloed deur [[yster]] of elektroniese apparate wat dalk in die omgewing is nie. Daarbenewens kan die giroskopiese kompas ook rigting aandui selfs oor die pool, waar ʼn gewone kompas dit nie kan doen nie. Die giroskopiese kompas is in wese ʼn [[giroskoop]]. Hierdie instrument bestaan uit ʼn swaar skyf wat deur elektrisiteit aangedryf word en met ʼn baie hoë [[snelheid]] draai.
 
Die as van die skyf word gesteun deur ʼn stelsel van konsentriese ringe, of kompasbeuels, en wel op so ʼn manier dat hierdie beuels in die rondte kan draai of skuins kan staan sonder dat die skyf saam met hulle beweeg. Dit is bekend dat ʼn liggaam wat in die rondte draai, neig om die as van [[Draaias|rotasie]] altyd in dieselfde rigting te laat wys. Wanneer die giroskoop dus aan die draai gesit word, sal sy as ʼn konstante rigting, en as dit in kompasbeuels gemonteer is, sal dit hierdie rigting hou selfs al draai of kantel die voertuig of vaartuig waarin dit geïnstalleer is.
 
Die giroskoop word ook nie deur die draaibeweging van die aarde beïnvloed nie. As ons dus ʼn giroskoop aan die beweeg sit en ons draai dit so dat sy as noord wys, sal dit aanhou om noord te wys, ongeag die rigting en die posisie van die liggaam waarop dit gemonteer is. ʼn Giroskoop kan dus as ʼn kompas gebruik word en om hierdie rede is die naam “giroskopiese kompas” daaraan gegee. As ʼn giroskopiese kompas eers op die noorde ingestel is, sal hy altyd na die geografiese noord wys. Die ander punt van die as van die giroskopiese wys dan natuurlik na die geografiese suid, net soos die ander punt van ʼn magnetiese kompasnaald die magnetiese suid aandui.
 
== Oriëntering of liggingsbepaling ==