Verskil tussen weergawes van "Albertus van Rhyn"

== Politieke loopbaan ==
[[Lêer:Drr DF Malan, EG Jansen en AJR van Rhyn by geleentheid van laasgenoemde se beëdiging as kabinetslid.jpg|duimnael|links|Drr. [[D.F. Malan]], [[E.G. Jansen]] en Van Rhyn by geleentheid van laasgenoemde se beëdiging as minister in 1953.]]
[[Lêer:Suid-Afrikaanse kabinet 1958.jpg|duimnael|Die Suid-Afrikaanse kabinet in 1958. Voor: dr. [[Eben Dönges]], [[Paul Sauer]], dr. [[Hendrik Verwoerd]], dr. [[E.G. Jansen]], adv. [[C.R. Swart]], adv. [[Eric Louw]]. Agter: J.J. Serfontein, M.D.C. de Wet, dr. Van Rhyn, sen. [[Jan de Klerk]], [[Ben Schoeman]], [[PKP.K. le Roux]], adv. F.C. Erasmus en [[Tom Naudé]].]]
Reeds in [[Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1929|1929]] het Van Rhyn laat blyk dat hy belangstel in 'n politieke loopbaan toe hy tevergeefs probeer het om vir die [[Edenburg (kiesafdeling)|Edenburg]]-setel te staan. Daarna het hy in 1933 as NP-koalisiekandidaat [[Namakwaland (kiesafdeling)|Namakwaland]] sonder welslae betwis teen die legendariese dr. [[Willem Petrus Steenkamp|Willem Steenkamp]] toe hy 2 151 stemme kry vergeleke met die uitgetrede predikant, wat as onafhanklike gestaan het, se 2 477, vir ’n meerderheid van 326. In dr. Van Rhyn se hartland, [[Calvinia (kiesafdeling)|Calvinia]], het dr. Steenkamp se vrou teen dr. [[D.F. Malan]] te staan gekom en met 2 031 stemme teenoor die Kaaplandse NP-leier se 2 634 verloor. In die [[Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1938|1938-verkiesing]] het dr. Steenkamp oorgeskuif Calvinia toe en die setel met ’n skrale meerderheid van 112 vir die VP verower, terwyl die NP-leierskorps dr. Malan in [[Piketberg (kiesafdeling)|Piketberg]], ’n uiters veilige NP-setel, laat staan het sodat sy hande los sou wees om landwyd steun vir die party te werf. Die NP het Namakwaland sowel as Calvinia in die [[Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1943|1943-verkiesing]] gewen, maar eers in 1948 het dr. Van Rhyn sy hand weer aan ’n volkraadsverkiesing gewen toe hy in [[Bethlehem (kiesafdeling)|Bethlehem]] gemaklik teen die onafhanklike kandidaat, F.T. Edeling, wen. Ná die oorwinning moes hy die redakteurskap van ''Die Volksblad'' neerlê.
 
115 692

wysigings