Verskil tussen weergawes van "Gerald Ford"

5 128 grepe bygevoeg ,  3 maande gelede
Bygewerk
(kat)
(Bygewerk)
}}
 
'''Gerald Rudolph Ford jr.''' ([[Omaha]] ([[Nebraska]]), [[14 Julie]] [[1913]] - [[Rancho Mirage]], [[Kalifornië]], [[26 Desember]] [[2006]]) was die 38ste president van die [[Verenigde State van Amerika]]. Voor dit was hy die 40ste visepresident van die Verenigde State vanafvan 1973 tot 1974 onder president [[Richard Nixon]]. Hy was 'n politikus van die [[Republikeinse Party (Verenigde State)|Republikeinse Party]].
 
== Biografie ==
=== Jeug en vroeë loopbaan ===
Ford is gebore as '''Leslie Lynch King jr.''' en het in Grand Rapids, Michigan, grootgeword as die seun van Leslie Lynch King Sr en Dorothy Ayer Gardner Ford. Hy is hernoem na Gerald Rudolph Ford jr, nadat hy as kind deur sy ma se tweede man aangeneem is. Hy was 'n goeie [[Amerikaanse voetbal]]speler. Sy span van die Universiteit van Michigan was twee seisoene onoorwonne. In 1934 is Ford gekies as die waardevolste speler. Hy studeer daarna regte aan die Yale Universiteit.
 
Gedurende die [[Tweede Wêreldoorlog]] het hy onder meer diens gedoen op 'n [[vliegdekskip]] wat by [[Saipan]] en die [[Filippyne]] in gevegte betrokke was. In Desember 1944 het hy byna sy lewe verloor toe sy skip in 'n [[orkaan]] beland het. In 1946 verlaat hy die diens as 'n luitenant-kolonel en sluit by 'n prokureursfirma aan.
 
Ford het in 1948 'n politieke loopbaan gekies en is in 1949 tot die Huis van Verteenwoordigers verkies. Tydens sy eerste veldtog besoek hy baie boere en belowe hulle dat hy hul koeie sal kom melk as hy verkies word. Hy was 'n verteenwoordiger van [[Michigan]] se 5de distrik van 1949 tot 1973. As kongreslid was hy die aktiefste lid van die Warren-kommissie wat die sluipmoord op president [[John F. Kennedy]] ondersoek het. Van 1965 tot 1973 was hy die partyleier van die Republikeine. In daardie tydperk was hy 'n verklaarde teenstander van die Demokratiese president [[Lyndon B. Johnson]]. Volgens Ford gaan sy maatskaplike planne te ver en die militêre ontplooiing in [[Viëtnam]] nie ver genoeg nie.
 
=== Visepresident ===
Ford was Republikeinse partyleier in die Huis van Verteenwoordigers toe hy in 1973 die visepresident Spiro Agnew opvolg, wat bedank het weens [[korrupsie]]. Kort voor lank is 'n bepaling bygevoeg by die grondwet wat die Kongres bemagtig het om die visepresident pos te vul. Tot op daardie staduim was die Speaker van die Huis van Verteenwoordigers die tussentydse opvolger van die visepresident. Ford se aanstelling is vinnig goedgekeur, want daar was destyds 'n goeie kans dat Nixon vroeër of later sou moes bedank. Ford het die eed afgelê tydens 'n eenvoudige seremonie in die Huis van Verteenwoordigers. As visepresident het Ford Nixon so lank as moontlik tydens die Watergate-skandaal verdedig, maar uiteindelik moes hy ook sien dat die president se posisie onhoudbaar geword het.
 
=== President ===
Ford het op 9 Augustus 1974 president geword ná president Richard Nixon se bedanking weens die Watergate-skandaal. Kort nadat hy die amp aanvaar het, het Ford aan Nixon amnestie verleen. Hierdie besluit is deur 'n groot deel van die Amerikaanse bevolking veroordeel. Ford het die ontspanningsbeleid wat deur sy voorganger met die destydse [[Sowjetunie]] geïnisieer is, voortgesit. In 1975 laat hy die Amerikaanse weermag finaal uit Vietnam onttrek.
 
Tydens sy presidentskap is twee moordaanslae op Ford gefnuik. Op 5 September 1975 slaag 'n volgeling van Charles Manson daarin om 'n wapen op sy maag te rig. Sewentien dae later is 'n tweede aanval verydel.
 
Tydens Ford se ampstermyn as president moes die Verenigde State steeds ekonomiese probleme hanteer. Nadat hy byna verslaan is deur die latere president [[Ronald Reagan]] tydens die verkiesing van die Republikeinse presidentskandidaat, is hy in die presidensiële verkiesing van November 1976 deur sy [[Demokratiese Party (Verenigde State)|Demokratiese]] teenstander [[Jimmy Carter]] gewen. Ford het teen Carter verloor weens die dreigende ekonomiese stagnasie en die feit dat Ford amnestie aan sy voorganger Richard Nixon verleen het.
 
=== Na sy presidentskap ===
In 1980 het Ford byna Ronald Reagan se visepresident kandidaat geword, maar as visepresident wou hy nuwe magte hê, veral op die gebied van buitelandse beleid. Daarom het Reagan uiteindelik op [[George H.W. Bush]] besluit. Sedert sy presidentskap het Ford ietwat ontwikkel tot 'n woordvoerder van die linkse vleuel van die Republikeine. Hy het herhaaldelik homself uitgespreek teen die verbod op [[aborsie]]s en vir gelyke regte vir [[Homoseksualiteit|homoseksuele mense]]. Hy was een van die min Republikeine wat die staat van beskuldiging prosedure teen die Demokratiese president [[Bill Clinton]] teengestaan het.
 
Na sy presidentskap het Ford goed bevriend geword met Jimmy Carter, die man wat hom in 1976 verslaan het. Hulle het in 2000 'n poging aangewend om deur die tydelike politieke verlamming wat tydens die presidentsverkiesing ontstaan het, te breek.
 
Ford sukkel die laaste jare met sy gesondheid. In 2000 is hy twee keer deur 'n klein beroerte getref en in 2004 kon hy nie die Republikeinse Konvensie vir die eerste keer sedert sy jeug nie bywoon nie. Hy is later drie keer in die hospitaal opgeneem, onder meer weens [[longontsteking]].
 
Gerald Ford is op 26 Desember 2006 in die ouderdom van 93 oorlede. Vanaf 30 Desember 2006 was daar ses dae van nasionale rou in die Verenigde State. Ford is op 3 Januarie 2007 begrawe.
 
{{Saadjie}}
{{Presidente van die VSA}}
 
12 260

wysigings