Verskil tussen weergawes van "Kanadese nasionale rugbyspan"

Geen grootteverandering nie ,  7 maande gelede
k
Jammer!
(Taalfoute my eie)
k (Jammer!)
}}
 
Die '''Kanadese nasionale rugbyspan''' verteenwoordig [[Kanada]] in internasionale [[rugby]]. Die span word bestuur deur Rugby CanadaKanada, en die span speel gewoonlik in rooi en swart. Die Kanadese rugbyspan is tans (16 Desember 2019) 22ste op [[Wêreldrugby]] se wêreldranglys gelys.<ref>{{en}} {{cite web |url=https://www.world.rugby/rankings/mru |title=World Rugby Rankings |publisher=[[Wêreldrugby]] |accessdate=16 Desember 2019}}</ref> Die span neem jaarliks deel aan [[Wêreldrugby]] se Stille Oseaan Nasiesbeker teen [[Fidjiaanse nasionale rugbyspan|Fidji]], [[Japanse nasionale rugbyspan|Japan]], [[Samoaanse nasionale rugbyspan|Samoa]], [[Tongaanse nasionale rugbyspan|Tonga]] en die [[Verenigde State se nasionale rugbyspan|Verenigde State]]. Kanada neem ook gereeld aan die Amerikaanse Kampioenskap deel en speel in dié toernooi teen Argentinië XV, [[Brasiliaanse nasionale rugbyspan|Brasilië]], [[Chileense nasionale rugbyspan|Chili]], [[Uruguaanse nasionale rugbyspan|Uruguay]] en die Verenigde State. Kanada vorm tradisioneel een van die sterkste rugbyspanne in die [[Amerikas]] en het tot dusver aan elke [[rugbywêreldbeker]]toernooi deelgeneem sedert dié toernooi vir die eerste keer in [[Rugbywêreldbeker 1987|1987]] gehou is; Kanada se beste uitslag in die Wêreldbeker tot dusver was om die kwarteindstryd te bereik in [[Rugbywêreldbeker 1991|1991]].
 
Kanada speel reeds sedert die 1930’s internasionale rugby en die land het sy debuut in 1932 teen Japan gemaak. Die reuse grootte van Kanada beteken dat rugbytalent oor die land verstrooi is wat afrigters en keurders se taak bemoeilik. Die Kanadese klimaat is ook vir groot dele van die jaar in baie dele van die land nie geskik vir die speel van rugby nie. Kanada was een die sterkste [[Noord-Amerika]]anse krag in internasionale rugby en die tweede op die Amerikaanse vasteland, en is tans die vierde sterkste na Argentinië, die Verenigde State en Uruguay. Die span het al oorwinnings oor tradisioneel sterk spanne van die [[Sesnasies-toernooi]] soos [[Franse nasionale rugbyspan|Frankryk]], [[Walliese nasionale rugbyspan|Wallis]], [[Italiaanse nasionale rugbyspan|Italië]] en [[Skotse nasionale rugbyspan|Skotland]] in onlangse jare aangeteken.