Verskil tussen weergawes van "Dhaka"

1 736 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Bygewerk
(Bygewerk)
 
'''Dhaka''' ([[Bengaals]]: ঢাকা, [Dh a ka]; tot 1983: '''Dacca''') is die [[hoofstad]] en grootse stad van [[Bangladesj]]. Die stad het 'n bevolking van 6 970 105 in 2011 gehad en het 'n oppervlakte van 300 km². Dit is in 1608 gestig en is net noord van die [[Ganges]] se monding in die [[Golf van Bengale]] geleë.
 
== Geskiedenis ==
=== Die Boeddhistiese en Hindoe-koninkryk ===
Reeds in die 7de eeu was daar 'n nedersetting in die gebied wat nou Dhaka is. Die klein gebied is regeer deur die Boeddhistiese koninkryk Kamarupa en die Pala-ryk voordat die oorheersing in die 9de eeu oorgedra is na die Hindoe Sena-dinastie. Die naam is moontlik afgelei van die Dhakeshwari-tempel wat in die 12de eeu deur Ballal Sena gestig is. Die stad self het bestaan uit 'n paar marksentrums soos Lakshmi Bazar, Shankhari Bazar, Tanti Bazar, Patuatuli, Kumartuli, Bania Nagar en Goal Nagar. Na die val van die Sena-ryk, is Dhaka agtereenvolgens regeer deur die Sultanaat van Bengale, onderbreek deur goewerneurs van die Sultanaat van Delhi.
 
== Mogolryk ==
In 1576 het die grootste deel van Bengale onder die beheer van die [[Mogolryk]] gekom.
 
=== Latere geskiedenis ===
Van 1608 tot 1704 was dit die hoofstad van [[Bengale]]. Voordat die stad in 1765 onder die gesag van die [[Verenigde Koninkryk]] was, was Dhaka 'n handelsentrum vir die Britte, Franse en Nederlanders. Op 8 Augustus 1874 is die fondamentsteen gelê vir 'n watervoorsieningsnetwerk.
 
In 1881 het die stad 79 076 inwoners gehad; byna net soveel Hindoes as Moslems. Destyds was Dhaka die belangrike handelsentrum vir [[rys]] uit die delta, vir [[indigo]] en [[hout]] van Tippera en vir [[tee]] van [[Assam]]. Tydens die Britse administrasie was die stad die setel van baie amptelike dienste en skole. Die olifantdepot was opvallend. In 1905 word Dhaka weer die hoofstad van Bengale. In 1956 word Dhaka die hoofstad van Oos-Pakistan.
 
Dhaka het in 1971 die hoofstad van [[Bangladesh]] geword toe die land onafhanklik van Pakistan geword het. Tot 1982 is die naam in die Latynse alfabet as Dacca gespel.
 
 
== Galery ==
{{Commons-kategorie inlyn}}
 
 
{{Saadjie}}
{{Hoofstede in Asië}}
 
16 733

wysigings