Verskil tussen weergawes van "Falklandoorlog"

5 195 grepe bygevoeg ,  9 maande gelede
Bygewerk
(verwysings)
(Bygewerk)
 
Die '''Falklandoorlog''' ([[Engels]]: ''Falklands War'', ''Falklands Conflict'' of ''Falklands Crisis''; [[Spaans]]: ''Guerra de las Malvinas'' of ''Guerra del Atlántico Sur'') het in [[1982]] tussen [[Argentinië]] en die [[Verenigde Koninkryk]] plaasgevind. Die oorlog het na aanleiding van 'n dispuut tussen dié twee lande oor die [[Falkland-eilande]] en [[Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande]] ontstaan. Die oorlog begin op [[2 April]] [[1982]] toe Argentynse magte die Falkland-eilande binnegeval en beset het en eindig met die oorgawe van die Argentynse magte op [[14 Junie]] [[1982]].
 
== Geskiedkundige agtergrond ==
Die Falkland-eilande is in 1592 deur die Engelsman John Davis ontdek. Hy het die Falklands-argipel vernoem na die destydse tesourier van die vloot. Die Fransman Louis-Antoine de Bougainville, uit [[Saint-Malo]], het daar in 1763 voet aan wal gesit en die eilandgroep die Îles Malouines genoem. In 1765 stig die Britte 'n kolonie daar. Argentinië het in 1831 die Falkland-eilande geëis, maar in 1833 het die Britte hul soewereiniteit herbevestig. Die eilande het steeds onder Britse gestaan, maar Argentinië het hulle sedertdien opgeëis.
 
== Aanloop ==
Die eilande is ekonomies aantreklik vanweë die ryk visvanggebied in die omliggende waters en die moontlikheid dat daar ander hulpbronne (insluitend olie) teenwoordig is. Wie die eilande besit, het die reg om 'n EEZ van 200 seemyl daar rondom op te eis. Die dieper rede vir die [[oorlog]] was egter polities. In 1982 het die Argentynse junta van Leopoldo Galtieri besluit om op die nasionalistiese gevoelens van sy landgenote te reageer deur die Falkland-eilande te beset. Hy het daarin geslaag om aandag af te trek van interne probleme soos die verslegtende ekonomiese situasie en ontevredenheid met die regime van die junta (insluitend die sogenaamde vuiloorlog). Die leier van die Argentynse leër het verkeerdelik aanvaar dat die Verenigde Koninkryk, wat destyds groot ekonomiese en sosiale probleme gehad het, nie op die besetting sou reageer nie. Dit was 'n wanopvatting, juis omdat premier [[Margaret Thatcher]] die aanval kon gebruik om die land te verenig en terselfdertyd haar herverkiesing te verseker.
 
== Militêre konteks ==
Argentinië het die eilande op 2 April 1982 binnegeval. Die Verenigde Koninkryk het daarna 'n spesiale taakmag na die eilande gestuur om dit van die Argentynse te herverower. In Junie het Britse troepe op die Falkland-eilande geland. Die Britte het daarin geslaag om die eilande terug te wen. Die oorlog het die lewens van 649 Argentyne en 258 Britte gekos. Twee oorlogskepe het bekend geword as gevolg van hierdie oorlog: die Argentynse ligte[[kruiser]] ARA ''General Belgrano'' en die Britse torpedobootjagter HMS ''Sheffield''.
 
=== Vulcan-bomwerper aanvalle ===
Vir Operasie Black Buck het die Britte vyf missies met [[Avro Vulcan]]-bomwerpers van die eiland [[Ascension]] oor 15 000 km gevlieg, met sewe keer in die lug brandstofvoorsiening vir die uitgaande vlug en een vir die terugvlug. Die [[Handley Page Victor]]-tenkvliegtuie moes ook in die lug brandstof bekom. Dit was die verste missie tot dusver met bomwerpers. Drie missies was op die Stanley-lughawe gerig en twee missies met AGM-45 Shrike-missiele teen radarinstallasies.
 
=== ARA ''General Belgrano'' ===
ARA ''General Belgrano'' was die voormalige Amerikaanse kruiser USS ''Phoenix'', wat die aanval op Pearl Harbor oorleef het. Die skip is op 2 Mei 1982 aangeval deur die HMS ''Conqueror'', 'n Britse kernaangedrewe-[[duikboot]], wat drie 21-duim-Mark 8 mod 4-torpedo's wat uit die [[Tweede Wêreldoorlog]] dateer, afgevuur het, hoewel die skip ook die nuwer Mark 24 Tigerfish aan boord gehad het. Die aanval op die Belgrano het 323 mense se lewens gekos. As gevolg van hierdie optrede is die hele Argentynse Vloot na sy hawens teruggeroep, wat beteken dat dit nie meer 'n gevaar vir die Britse vloot ingehou het nie. Die ''Belgrano'' is die enigste skip wat gesink is deur 'n vyandelike aksie van 'n kernaangedrewe duikboot. Daar was en is nog steeds kontroversie rondom die aanval op die Belgrano omdat dit tydens die aanval buite die sogenaamde 'oorlogsuitsluitingsone' was en die rigting van navigasie weg van die eilande af was. Daar word beweer dat die aanval 'n vergelding was vir die verliese van die [[Britse Vloot]], wat baie swaarder was as wat aanvanklik verwag is, hoofsaaklik as gevolg van die Britse onderskatting van die Argentynse Lugmag. In 1994 het die Argentynse regering erken dat die keldering van die Belgrano 'n wettige oorlogshandeling was.
 
=== HMS ''Sheffield'' ===
Twee dae na die keldering van die ''Belgrano'' is die HMS ''Sheffield'' deur 'n Exocet-missiel getref wat Argentinië van [[Frankryk]] gekoop het. Dit is gelanseer deur 'n Argentynse [[Dassault Super Étendard]]-vliegtuig van wat 32 tot 45 km weg was. Nadat die ''Sheffield'' gesink het, onttrek die grootste skepe in die Britse vloot (die vliegdekskip HMS ''Invincible'' en HMS ''Hermes'') buite die bereik van die Argentynse vliegtuie. Slegs die [[fregat]]te waarmee die Argentynse posisies op die eilande gebombadeer is en troepvervoerskepe was dus steeds die doelwit van die byna daaglikse aanvalle deur die Argentynse Lugmag. Net so is die vervoerskip RFA ''Sir Galahad'', met eenhede van die Walliese wagte aan boord, getref, wat 48 sterftes tot gevolg gehad het. Die ''Atlantic Conveyor'', met 6 helikopters aan boord, is ook getref, wat tot 12 sterftes gelei het.
 
== Gevolge ==
Hierdie oorlog wat vir Argentinië sleg verloop het, het die einde van die junta ingelei. In die Verenigde Koninkryk het die steun vir die regering van Margaret Thatcher toegeneem as gevolg van die oorlog. Die eilande word sedert die herowering deur die Verenigde Koninkryk regeer, maar word steeds deur Argentinië geëis.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
 
{{Saadjie}}
 
{{Normdata}}
15 721

wysigings