Verskil tussen weergawes van "Venus de Milo"

40 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
vertaal nota
(Bronne)
(vertaal nota)
 
 
== Die beeld ==
[[Lêer:Furtwängler-Restortation-Venus-de-Milo.jpg|links|duimnael|Foto dui op die oorspronklike vorm van die ''Venus de Milo'']]
Die standbeeld verteenwoordig die Griekse godin Afrodite (Romeinse godin Venus), die godin van liefde en skoonheid. Dit is 2,02 m lank en is van marmer gemaak. Die standbeeld is 'n werk van die skool van Rhodes en die beeldhouer het waarskynlik sy inspirasie gekry uit 'n standbeeld wat deur [[Praxiteles]], die ''Afrodite van Cnidus'', gemaak is. Die standbeeld is waarskynlik 'n voorstelling van ''Venus Victrix'' (die oorwinnende Venus) met 'n goue appel in haar hand wat sy van Paris van Troje gekry het.
 
In die ''Venus de Milo'' sien ons duidelike kenmerke van die Hellenistiese en die klassieke periode. Die bopunt van die beeld is byvoorbeeld klassiek en die onderkant is Hellenisties. 'n Ander kenmerk is die teenposisie, waarvan hierdie beeld 'n wonderlike voorbeeld is. Die beeld is geheel en al gesteun op die regterbeen, terwyl die linkerbeen ontspanne is. Die linkerbeen en die regterarm is vorentoe en skep 'n S-vorm met 'n byna onnatuurlike posisie. Die kop word gelig en straal waardigheid uit.
 
Standbeelde uit die Hellenistiese periode is van verskillende blokke marmer gemaak en daarna versigtig saamgesmee. Die ''Venus de Milo'', byvoorbeeld, is van 7 marmerstene gemaak. Een klip vir die naakte bolyf, een vir die mantel en die bene, een vir die twee arms elk, een vir die linkervoet, een vir die voetstuk en een vir die pilaar wat waarskynlik langs die standbeeld gestaan het. Hierdie metode is hoofsaaklik gebruik om materiaal te bespaar. Dit was makliker om 'n paar klein blokke te hanteer as net een groot blok.
 
Die standbeeld sou met verskillende kleure geverf gewees het en met juwele versier wees. Daar is egter vandag geen spore van die kleure nie. Die enigste tekens van die armbande, halssnoere, oorbelle en die kroon is die monteergate.
{{commons category|Venus de Milo}}
{{Coord|48.859958|2.337269|display=title}}
{{nl-vertaal|Venus de Milo}}
 
{{Normdata}}
 
20 423

wysigings