Verskil tussen weergawes van "Turbo-aanjaer"

Geen grootteverandering nie ,  1 jaar gelede
 
=== Afvoersluis ===
Die vinnigvinnigdraaiende draaiende kompressor turbinekompressorturbine trek 'n groot hoeveelheid lug in en forseer dit deur die enjin. As die turbo-aanjaer se uitsetvloei die enjin se volumetriese vermoë oorskry sal die inlaatverdeelpyp se druk te hoog word. Die rotasiesnelheid van die turbine kan ook te hoog word en daarom moet die uitlaatgas wat dit aandryf beheer word. Vir diedié doeleinde is die gebruik van 'n afvoersluis die mees algemene meganiese manier om die spoed te beheer. Die stelsel word dikwels deur 'n bykomstigebykomende elektroniese beheerstelsel bygestaan. Die hoofdoel van die afvoersluis is dus om van die uitlaatgas rondom die turbine te lei wanneer die verlangde inlaatdruk verkry is. Die meeste passasiersvoertuie se afvoersluise word by die turbo-aanjaer ingebou.
 
=== Stuwingsvermydings-, Stortstort- of Afblaaskleppeafblaaskleppe ===
Turbo-aangedrewe enjins wat met 'n vol-oop smoorklep en teen hoë omwentelinge werk vereis dat 'n groot hoeveelheid lug tussen die turbo en die inlaat van die enjin vloei. As die smoorklep toegemaak word sal die saamgeperste lug na die smoorklep beweeg sonder 'n plek om heen te gaan. Dit kan 'n stuwing tot gevolg hê wat die druk van die lug tot so 'n mate verhoog dat die enjin beskadig kan word. Die skielike drukverhoging kan ook 'n terugvloei na die turbo se kompressor veroorsaak wat die kompressor se wiel skielik sal rem. As die smoorklep weer oopgemaak word sal die terugdruk ook veroorsaak dat die kompressor stadig versnel en dus die reaksiesnelheid van die enjin beïnvloed. Om hierdie verskynsel te verhoed word 'n klep tussen die turbo en die inlaat geïnstalleer om die oortollige lug af te blaas. Die kleppe word gewoonlike geaktiveergewoonlik deur die enjinvakuum of deurmet elektroniese beheermetodes geaktiveer.
 
Die hoofdoel van die klep is om skade aan die enjin vanweë 'n drukstuwing te vermy en om te verseker dat die turbo altyd teen 'n hoë spoed bly draai. Die kleppe kan ook gebruik word om die drukverhoging te beheer op 'n soortgelyke wyse as die afvoersluis maar word om praktiese redes selde gebruik. Die lug word gewoonlik na die atmosfeer afgeblaas of kan alternatiewelik na die turbo se inlaat gehersirkuleer word. Die hersirkulasie verminder die blaasklank wat die turbo voortbring.
 
=== Brandstofdoeltreffendheid ===
98 874

wysigings