Verskil tussen weergawes van "Pjongjang"

2 384 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
Bygewerk
k (Taalsorg)
(Bygewerk)
 
'''Pjongjang''' ([[Koreaans]]: 평양, ''P'yŏngyang'') is die [[hoofstad]] en grootste stad van [[Noord-Korea]] weerskante die [[Taedongrivier]]. Die bevolking word op tussen 2,5 en 3,8&nbsp;miljoen geskat. Pjongjang word as die oudste stad in Korea beskou.<ref>{{en}} {{cite web|url=https://www.britannica.com/place/Pyongyang|title=P'yŏngyang|publisher=[[Encyclopædia Britannica]]|accessdate=12 Augustus 2019}}</ref> Tydens die [[Joseon-Dinastie]] het [[Seoel]] Pjongjang as hoofstad van Korea vervang.
 
== Geskiedenis ==
Die eerste nedersettings aan die Taedongrivier is ongeveer 2000 jaar gelede gestig. In 497 word die stad die hoofstad van die koninkryk Koguryo. In 668 het daardie koninkryk geval weens aanvalle van [[China]], waarna die stad lank van die kaart verdwyn het.
 
Ongeveer 250 jaar later is die stad heropgebou en het die tweede hoofstad van die Koryo-koninkryk, langs Kaesŏng, geword. Sedertdien het die stad bly groei, ondanks die feit dat dit verskeie kere aangeval en verower is, onder meer deur Japanese en Mongole.
 
In die Eerste Sino-Japannese Oorlog (1894-1895) is die stad feitlik heeltemal vernietig. Vanaf 1910 volg 'n periode van Japanse besetting, wat geduur het totdat die Sowjet-leër die stad bevry het, aan die einde van die [[Tweede Wêreldoorlog]] in 1945.
Pyongyang word die ''de facto'' [[hoofstad]] van die nuut-geproklameerde Noord-Korea, in 1948 hoewel [[Seoul]] volgens die grondwet tot die amptelike hoofstad sou bly. Die stad het tydens die [[Koreaanse oorlog]] ernstige Amerikaanse bombardement beleef en was van 19 Oktober tot 5 Desember 1950 vlugtig in die hande van Amerikaanse en Suid-Koreaanse troepe.
 
== Fotogalery ==
Op 24 september 2015 was fotojoernalis Eddo Hartmann die eerste westerse fotograaf wat toestemming kry om fotos te neem in Pyongyang en die ook daar uit te stal; sy openbare tentoonstelling heet ''Setting the Stage: Pyongyang, North Korea''.
 
<gallery widths=200px heights=150px>
Okryu Restaurant in Pyongyang.jpg|Restaurant in Pyongyang
Victorious Fatherland Liberation War Museum and Ryugyong Hotel (11342673725).jpg|Ryugyong Hotel
|Standbeeld Kim Il-sung
Reunification Statue edited.jpg|Monument vir die hereniging van die beide Koreas
Pyongyang-station.jpg|Stasie van Pyongyang
Mansudae Housing Complex (11603127506).jpg|Moderne woonstelle
Mansudae-Monument-Bow-2014.jpg|Standbeeld [[Kim Il-sung]] en [[Kim Jong-il]]
Mangyondae Schoolchildrens Palace in Pyongyang 01.jpg|Skoolkinderpaleis
Kumsusan Memorial Palace, Pyongyang.jpg|[[Mausoleum]] van Kim Il-sung
Pyongyang_Metro-1.jpg|Moltrein van Pyongyang
Sunan International Airport, Pyongyang, North Korea.jpg|Sunan internasionale lughawe
</gallery>
 
== Susterstede ==
* {{ID-VLAG}} [[Jakarta]] (Indonesië)
* [[Image:Flag of Nepal.svg|37px]] [[Kathmandu]] (Nepal)
* {{RU-VLAG}} [[Moskou]] (Rusland)
* {{MY-VLAG}} [[Kuala Lumpur]] (Maleisië)
* {{CN-VLAG}} [[Tianjin]] (China)
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
 
{{Korea-saadjie}}
{{Hoofstede in Asië}}
{{Normdata}}
20 130

wysigings