Verskil tussen weergawes van "Idi Amin"

1 greep verwyder ,  1 jaar gelede
k
[[Lêer:Idi Amin caricature2.jpg|duimnael|links|Karikatuur van Idi Amin deur Edmund S. Valtman.]]
 
Amin se presiese geboortejaar is nie bekend nie, maar dit word tussen 1923 en 1928 geskat. In 1946 sluit hy as 'n assistent kok by die Britse Koloniale Weermag aan. Van 1951 tot 1960 was hy die swaargewig-bokskampioen van [[Oeganda]]Uganda en [[Brits-Oos-Afrika]]. Hy is uiteindelik tot die rang van generaal-majoor in die postkoloniale Ugandese weermag bevorder.
 
Tydens 'n buitelandse reis van pres. Milton Obote gryp generaal Amin op 25 Januarie 1971 die mag in die hoofstad [[Kampala]], waarna hy 'n diktatoriale regime oor die land vestig. Die militêre leiers wat nie sy staatsgreep gesteun het nie is om die lewe gebring.
Namate Amin se heerskappy tot in die laat sewentigerjare aangegaan het, was daar toenemende onrus teen sy vervolging van sekere etniese groepe en politieke anderdenkendes, tesame met die baie swak internasionale posisie van Uganda weens Amin se steun vir die [[terrorisme|terroriste]]-kapers wat uitgeloop het op [[Operasie Entebbe]]. Operasie Entebbe is 'n weermagsmaneuver wat deur die Israeli-weermag in Julie 1976 uitgevoer is om 103 gekaapte vliegtuigpassasiers in Uganda van hul kapers te bevry.<ref>{{cite news |url=http://news.bbc.co.uk/onthisday/hi/dates/stories/july/4/newsid_2786000/2786967.stm|title=On this day: 4 July 1976: Israelis rescue Entebbe hostages|publisher=BBC|accessdate=8 Januarie 2017|date=4 Julie 1976}}</ref>
 
Hy het daarna probeer om die Kagera-streek van [[Tanzanië]] in 1978 te annekseer. President van Tanzanië, [[Julius Nyerere]], het sy magte opdrag gegee om Uganda binne te val en Amin is op [[11 April]] [[1979]] gedwing om uit Uganda te vlug nadat Kampale[[Kampala]] ingeneem is. Tanzanië is deur Ugandese opposisiegroepe gesteun en Amin se bewind is beëindig. Hy het eers na [[Libië]] gevlug en later in ballingskap in [[Saoedi-Arabië]] gebly. Hy is op 16 Augustus 2003 in Saoedi-Arabië aan nierversaking oorlede.
 
== Verwysings ==
20 586

wysigings