Verskil tussen weergawes van "Sjanghai"

4 grepe bygevoeg ,  1 jaar gelede
k (Opdateer)
Na 1949 het die meeste buitelandse maatskappye hul kantore na [[Hongkong]] verskuif weens die kommunistiese regering wat nou aan bewind gekom het. In die 1950's en 1960's het Sjanghai 'n industriële sentrum en 'n linkse revolusionêre vesting geword. Ten spyte hiervan het Sjanghai daarin geslaag om hoë produktiwiteit en sosiale stabiliteit gedurende hierdie tyd te handhaaf. Sjanghai het in die geskiedenis van die [[Volksrepubliek van China]] byna altyd die grootste bydrae tot staatsbelasting gemaak. In die vroeë 1980's het 70-80% van die nasionale belastinginkomste uit Sjanghai gekom. Dit het egter verreikende gevolge vir die Sjanghai-ekonomie gehad omdat die hoë belastinglas ten koste van kapitaalbou- en instandhoudings- en infrastruktuurbeleggings was. Grootskaalse hervormings is gedurende die 1980's in die suidelike provinsie [[Guangdong]] uitgevoer. As gevolg van China se hoë finansiële afhanklikheid van Sjanghai, is hervormings nie in Sjanghai tot 1991 begin nie.
 
Vir 'n lang tyd is Sjanghai gesien as 'n intreepunt vir posisies binne die sentrale regering van die Volksrepubliek van China. In die 1990's is die "Sjanghai Kliek" dikwels gebruik, waaronder die president van die Volksrepubliek van China, [[Jiang Zemin]], en premier Zhu Rongji. Jiang en Zhu was beide burgemeesters en party sekretaresses van Sjanghai in die laat 1980's. Sedert 1992 het Jiang Zemin begin met die hervorming van die Sjanghai-belastingbeleid. Die skerp verminderde belastinglas het baie plaaslike en buitelandse maatskappye na die stad gelok en Sjanghai 'n sterk ekonomiese sentrum in [[Oos-Asië]] gemaak. Sedertdien het die stad 'n ekonomiese groei van 9-15% per jaar beleef.
 
Van 2 tot 11 Oktober 2007 het die Spesiale Olimpiese Spele Wêreld Somerspele in die stad plaasgevind. 7000 atlete met 'n verstandelike gestremdheid het deelgeneem. In 2008 het Sjanghai besig om die infrastruktuur op allerhande punte te verbeter, soos 'n ekstra ringpad, die bou van 'n uitgebreide metro netwerk en verbeterings aan die spoorweë en hawens. Baie aandag was ook gegee aan die voorbereidings vir die Expo 2010 wat in Sjanghai plaasgevind het.
Anonieme gebruiker