Verskil tussen weergawes van "Voorlaaier (geweer)"

(Artikel gelaai)
 
==Grofgeskut==
Die Voortrekkers het oor ’n aantal voorlaaier-kanonnetjies beskik. Gert Maritz het twee kanonne op sy trek uit die Kaapkolonie met hom saamgeneem, en later, in Mei 1838, ’n tienponderkanon in Port Natal gekoop.<ref>Thom, Gert Maritz, ble. 97, 243.</ref> Andries Pretorius het ’n koper-kanonnetjie besit wat skynbaar sy persoonlike eiendom was. Hierdie kanon is tydens die Slag van Bloedrivier gebruik om die walaer te verdedig. Die kanonnier was volgens oorlewering ’n Hollander, Giesing, of meer waarskynlik die Duitser Friedrich Giesen, wat inderdaad aan die geveg deelgeneem het.<ref>De Jager, Herinneringe, bl. 118; Nel, L.J., Herinneringe, bl. 76; Visagie, Voortrekkerstamouers, bl. 76.</ref>
 
Volgens oorlewering het die Voortrekkerleier Gert Rudolph ook ’n kanon van sy eie gehad. Dit was op wiele gemonteer wat as die Stelletjie bekendgestaan het. Hierdie kanon is op 17 Februarie 1838 opgestel om Maritz se laer aan die Boesmansrivier teen moontlike aanvalle deur Zoeloe-krygers te verdedig.<ref>Pretorius, Op trek, bl. 152.</ref>
[[Lêer:1838 12 16 Ou Grietjie uitgestel in museum van Voortrekkermonument, Pretoria.jpg|thumb|Ou Grietjie in die museum van die Voortrekkermonument.]]
[[Beeld:
Volgens oorlewering het die Voortrekkerleier Gert Rudolph ook ’n kanon van sy eie gehad. Dit was op wiele gemonteer wat as die Stelletjie bekendgestaan het. Hierdie kanon is op 17 Februarie 1838 opgestel om Maritz se laer aan die Boesmansrivier teen moontlike aanvalle deur Zoeloe-krygers te verdedig.<ref>Pretorius, Op trek, bl. 152.</ref>
 
Die bekendste kanon van die Voortrekkers was egter die een – of moontlik meer as een – wat as Grietjie bekendgestaan het.<ref>Preller, Andries Pretorius, bl. 34; Carstens & Grobbelaar, Voortrekkerlewe, bl. 124.</ref>